<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 9

Uitdrukking en kommunikasie

Module 7

Hoe dans die verouderende waardes van die tyd weerspieël

DANS

  • INLEIDING

Dans is opwindend. Dit openbaar aspekte van die lewe en menslike emosie. Soos met enige ander kunsvorm, moet die ware doel van dans altyd die uitdrukking van menslike gevoel wees. Dans is ‘n ekspressiewe aksie – spesiaal, ritmies en geaksentueerd. ‘n Dans moet doel en mag weerspieël.

In hierdie module word gekyk na die invloed van dans en hoe dans die veranderende waardes van die tyd weerspieël a.g.v. die invloed van musiek, plek, modes en tegnologie.

Aktiwiteit 1

Om korrek vir dansoefeninge op te warm

[LU 4.1]

  • Voordat jy kan begin om jou dansroetine te skep, moet jou liggaam deeglik opgewarm word om beserings te voorkom en jou voor te berei op die aktiwiteite wat gaan volg.
  • Die opwarming kan op die maat van musiek gedoen word. Kies musiek waarmee jy gemaklik voel en wat nie te vinnig is nie.

Staan met jou voete heupwydte van mekaar af, arms langs jou sye.

Asem in deur jou neus, lig jou arms bo jou kop.

Asem uit deur jou mond, laat sak jou arms en buig jou knieë terselfdertyd.

Herhaal vier keer.

Beweeg van kant tot kant op een plek.

Lig albei arms op en uit na die kante op maat van die musiek terwyl jy nog steeds van kant tot kant op een plek beweeg (herhaal agt keer).

Hou beweging – laat sak jou arms – draai skouers om die beurt (herhaal agt keer).

Hou beweging – draai skouers in die ander rigting (herhaal agt keer).

Buig en maak knieë reguit – stoot boude uit – knieë en voete wys vorentoe (herhaal agt keer).

Buig knieë – knieë en voete wys vorentoe – boude uit – sit hande op knieë – trek rug op (soos ‘n kat) en ontspan (herhaal agt keer).

Bly in vorige posisie – lig tone om die beurt – hou hakke op die vloer (herhaal agt keer).

Lig hakke om die beurt (herhaal agt keer).

Maak bene wyer oop – sit jou hande op jou heupe – voete en knieë wys na buite – strek (“lunge”) van kant tot kant – hou voete stewig op die vloer (herhaal agt keer).

Strek ("lunge") na regs en hou strekposisie vir vier tellings.

Strek (“lunge”) na links en hou strekposisie vir vier tellings.

Kom terug in pliè posisie (knieë gebuig, knieë en voete wys na buite) – hande op heupe – buig en maak knieë reguit (herhaal agt keer).

Hou bene oop en knieë gebuig en lig jou voete om die beurt terwyl jy op een plek bly (herhaal agt keer).

Bring voete na mekaar toe en loop op die plek (agt tellings).

Loop op een plek met voete bymekaar en dan oop vir agt tellings.

Loop op een plek – lig arms op en af (herhaal agt keer).

Loop op een plek – herhaal asemhalingsoefening.

  • Die opwarmingsoefeninge moet nie korter as drie minute of langer as vyf minute duur nie.
  • Jy moet normaal gedurende hierdie oefening asemhaal.

Aktiwiteit 2

Om die HIP-HOP te kan beskryf en uitvoer

Hip-Hop is fisies, abstrak, ongedefinieer, sielvol en volg die tromslag. Geneem van die Rap-beweging, is die armsbewegings of los of gestileerd – afhangende van die stemming van die musiek – maar altyd oordryf en vergroot. Tegnies is daar geen nuwe passies nie, slegs verskillende interpretasies van passies, uitgevoer met uitbundige hoeveelhede energie. Die verhouding tussen die dans en die musiek is van kardinale belang en skep ‘n drama van die menslike liggaam, omdat alle bewegings belangrik is en ‘n plek het in die dans.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11066/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask