<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die ontbinding van die tien word ook nou aangeleer. Dit is noodsaaklik dat die leerders eers konkreet op die mat moet werk om self te ervaar dat daar nie genoeg ene is nie en ‘n tien ontbind moet word om genoeg ene te kry. Hulle moet die ontbinding (hergroepering) van die tien baie goed verstaan voordat hulle dit skriftelik doen.

Dit hang weer van die opvoeder en die vermoëns van die leerders af of hulle hulpsyfers by vertikale bewerkings gaan gebruik, bv.

2 x 0 = 02 x 1 = 22 x 2 = 42 x 3 = 62 x 4 = 82 x 5 = 102 x 6 = 122 x 7 = 142 x 8 = 162 x 9 = 182 x 10 = 20 4 x 0 = 04 x 1 = 44 x 2 = 84 x 3 = 124 x 4 = 164 x 5 = 204 x 6 = 244 x 7 = 284 x 8 = 324 x 9 = 364 x 10 = 40 0 ÷ 2 = 02 ÷ 2 = 14 ÷ 2 = 26 ÷ 2 = 38 ÷ 2 = 410 ÷ 2 = 512 ÷ 2 = 614 ÷ 2 = 716 ÷ 2 = 818 ÷ 2 = 920 ÷ 2 = 10 0 ÷ 4 = 04 ÷ 4 = 18 ÷ 4 = 212 ÷ 4 = 316 ÷ 4 = 420 ÷ 4 = 524 ÷ 4 = 628 ÷ 4 = 732 ÷ 4 = 836 ÷ 4 = 940 ÷ 4 = 10
5 x 0 = 05 x 1 = 55 x 2 = 105 x 3 = 155 x 4 = 205 x 5 = 255 x 6 = 305 x 7 = 355 x 8 = 405 x 9 = 455 x 10 = 50 10 x 0 = 010 x 1 = 1010 x 2 = 2010 x 3 = 3010 x 4 = 4010 x 5 = 5010 x 6 = 6010 x 7 = 7010 x 8 = 8010 x 9 = 9010 x 10 = 100 0 ÷ 5 = 05 ÷ 5 = 110 ÷ 5 = 215 ÷ 5 = 320 ÷ 5 = 425 ÷ 5 = 530 ÷ 5 = 635 ÷ 5 = 740 ÷ 5 = 845 ÷ 5 = 950 ÷ 5 = 10 0 ÷ 10 = 010 ÷ 10 = 120 ÷ 10 = 230 ÷ 10 = 340 ÷ 10 = 450 ÷ 10 = 560 ÷ 10 = 670 ÷ 10 = 780 ÷ 10 = 890 ÷ 10 = 9100 ÷ 10 = 10
3 x 0 = 03 x 1 = 33 x 2 = 63 x 3 = 93 x 4 = 123 x 5 = 153 x 6 = 183 x 7 = 213 x 8 = 243 x 9 = 273 x 10 = 30 6 x 0 = 06 x 1 = 66 x 2 = 126 x 3 = 186 x 4 = 246 x 5 = 306 x 6 = 366 x 7 = 426 x 8 = 486 x 9 = 546 x 10 = 60 0 ÷ 3 = 03 ÷ 3 = 16 ÷ 3 = 29 ÷ 3 = 312 ÷ 3 = 415 ÷ 3 = 518 ÷ 3 = 621 ÷ 3 = 724 ÷ 3 = 827 ÷ 3 = 930 ÷ 3 = 10 0 ÷ 6 = 06 ÷ 6 = 112 ÷ 6 = 218 ÷ 6 = 324 ÷ 6 = 430 ÷ 6 = 536 ÷ 6 = 642 ÷ 6 = 748 ÷ 6 = 854 ÷ 6 = 960 ÷ 6 = 10

Hier gaan dit hoofsaaklik oor die gelykwaardigheid van verskillende munte. Soms is daar leerders wat 7c as 4c 3c in munte sal aandui en nie eens besef daar is nie sulke munte in ons muntstelsel nie.

Dit is ook 'n ideale geleentheid om 5 x en ÷ nou aan te leer as hulle dit nie reeds gedoen het nie.

Wys die leerders daarop dat R en c in die bewerkings weggelaat word, maar weer by die voltooide getalsin ingeskryf moet word.

Moedig die leerders aan om steeds te teken wat hulle lees en dan die getalsin te skryf om die probleem op te los.

Maak baie seker dat al die leerders besef daar gaan 10 kinders by die partytjie wees. (8 + Bonnie + Tommie) As hierdie inligting foutief is, sal al die daarop volgende berekeninge baie moeilik wees.

Die ontwerp en maak van die verjaardaghoedjie kan as deel van Tegnologie gedoen word.

Wys en bespreek die 3 maniere om die sirkels te trek met die leerders.

Doen baie praktiese werk.

Maak seker dat hulle verstaan en weet wat die middelpunt , middellyn en straal van die sirkel is en dat 2x straal = middellyn . Verduidelik ook aan die leerders wat die omtrek van die sirkel is.

Laat die leerders van die begin af alle punte met letters aandui. Wys vir hulle dat dit die verduideliking en bespreking vergemaklik. Hulle moet besef dat hulle enige letter kan gebruik, solank dieselfde letter net nie 2 keer in dieselfde konstruksie gebruik word nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask