<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 6

‘n gesonde leefwyse

Module 7

Geslagsdiskriminasie in skole

Soos julle in graad 5 geleer het toe julle die Manifes van Menseregte bespreek het, asook die regte van kinders in Suid-Afrika, is dit onwettig en onregverdig om te diskrimineer teen mense op grond van hulle kleur, geslag, taal of geloofsoortuigings. Dit is belangrik dat leerders en opvoeders in skole daarop bedag is dat hulle nie een geslag bevoordeel of benadeel ten koste van die ander geslag nie. Verskille kan gerespekteer word, maar mag nie die rede word om teen seuns of meisies te diskrimineer nie.

Geleenthede waar diskriminasie kan plaasvind:

  • Leiersposisies in skole
  • Deelname aan sportsoorte
  • Stereotipering van seuns of meisies
  • Vakkeuses

Aktiwiteit 1:

Om onderwerpe oor geslagsdiskriminasie te bespreek

[lu 2.3]

  • Elke groep kry een van die vier bogenoemde onderwerpe en bespreek of geslagsdiskriminasie op enige van die volgende gebiede in julle skool plaasvind. Maak ook voorstelle oor hoe sulke diskriminasie in skole hokgeslaan kan word.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
S OSIALE O NTWIKKELING Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede,asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 nadink oor eie toepassing van kinderregte soos uiteengesit in die Suid-Afrikaanse grondwet;
2.2 die belangrikheid van ’n nasiebouprogram wat met ’n nasionale dag gepaardgaan, bespreek en evalueer;
2.3 die uitwerking van geslagstereotipering, seksisme en mishandeling op persoonlike en sosiale verhoudings bespreek;
2.4 die betekenis en persoonlike en sosiale belangrikheid van belangrike stadiums in die individu se lewe in ’n verskeidenheid kulture vertolk;
2.5 menswaardigheid in ’n verskeidenheid gelowe in Suid-Afrika bespreek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11001/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask