<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 7

Module 8

Dulle griet

  1. Pieter Breugel

In dieselfde eeu wat Tyl Uilspieël geleef het, het Pieter Breugel, ‘n Vlaamse (Belgiese) skilder gelewe (1525 – 1569). Hierdie tydperk het ook bekend gestaan as die Donker Middeleeue.

Omdat baie dinge soos verskynsels in die hemelruim, misvormde mense, siektes en epidemies gedurende hierdie donker eeue nie deur mense verklaar kon word nie, het hulle gesê dat dit die werk van duiwels, bose geeste, hekse en towenaars was.

Hekse en towenaars, veral, is gevang en gemartel. Duisende gewone mense wat daarvan verdink is dat hulle kop in een mus was met hierdie magte van die boosheid – in besonder vroue – is gemartel, skuldig bevind, en op die brandstapel verbrand.

Hierdie verskynsels was deel van die alledaagse lewe, en Pieter Breugel het veral hierdie tonele in sy skilderye uitgebeeld.

  1. Dulle Griet

In een van Breugel se skilderye word ‘n vrou met die naam Dulle Griet uitgebeeld. Soos Uilspieël ‘n legende in Duitsland was, was Griet ‘n legende in België. Sy het ook bekend gestaan as Swart Griet en Griet Suurpruim. Sy het gedurig met haar man baklei. Sy was ook veglustig en baie suinig. “Dulle” is afgelei van dol, rasend en woedend. ‘n “Dulle Griet” is dus ‘n kwaai of bose vrou, driftig en wreed. Sy kan ook gesien word as kranksinnig, gek, boosaardig, of as ‘n wilde, ruwe vrou. Daar is ook ‘n kanon na haar vernoem.

Later het dit ‘n geliefkoosde benaming vir kanonne geword (vgl “Ou Grietjie”). Ook ‘n warrelwind is na haar vernoem.

In die Vlaamse volkstradisie is sy die bose vrou wat kinders, en selfs ook die duiwel, bangmaak. Dulle Griet was gewis nie ‘n aangename vrou nie.

Opdrag 1:

Om karakters, karikature en karaktereienskappe te beskryf

[lu 4.1, 2.1, 5.1.1]

Karakters, karikature en karaktereienskappe.

Karakters

  • Beskryf jou ouma, ma en suster.
  • Ouma
  • Ma
  • Suster

Om karakters, karikature en karaktereienskappe te beskryf

of

  • Beskryf jou oupa, pa en broer.
  • Oupa
  • Pa
  • Broer
  1. Karikature

Elkeen kry ‘n beurt om aan die klas te vertel van ‘n snaakse, eienaardige, rare vrou wat hulle ken. Hulle mag egter nie aanstoot gee nie en name moet liefs nie genoem word nie.

  1. Karaktereienskappe
  2. Wat is nederigheid?
  • Wat is vriendelikheid?
  • Wat is hulpvaardigheid?
  • Wat is arrogansie?
  • Wat is regverdigheid?
  • Wat is agterbaksheid?
  • Wat is beterweterigheid?
  • Wat is opgewektheid?
  • Wat is humorsin?
  • Wat is hardwerkendheid?

Opdrag 2:

Om ‘n karakterskets te skryf

[lu 4.1]

  1. Met behulp van al die kennis wat jy opgedoen het in die voorafgaande bladsye, skryf ‘n karakterskets van iemand in jou familie, of ‘n vriend, of bloot ‘n denkbeeldige persoon.

Assessering

LU 2

PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 idees en gevoelens op ‘n ekspressiewe manier, met selfvertroue oordra:

  • rolspeel in ‘n storie;

2.5 mondelinge aanbiedings op ‘n kreatiewe wyse doen:

  • 2.5.1 let op duidelike spraak;
  • 2.5.2 korrekte pousering;
  • 2.5.3 tempo en volumewisseling;
  • dramatiseer voorbeelde van ontronding en oorronding deur na streekstaal te verwys,

LU 3

LEES EN BESIGTIG Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

3.1 ‘n strokiesverhaal lees en die kenmerke herken;

3.2 stillees korrek en met begrip toepas;

3.5 verskillende tekssoorte en die hoofkenmerke daarvan identifiseer en die struktuur van die teks verduidelik.

LU 4

SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

4.1 verskeie verbeeldingstekste skryf:

4.1.2 skryf ‘n storie (verhalende opstel);

4.1.2 skryf ‘n samespraak (dialoë).

LU 5

DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

5.1 taal vir dink en redeneer gebruik:

5.1.3 twee moontlikhede oorweeg en besluit watter een die beste keuse is;

5.1.1 betekenis aflei en die skrywer se bedoeling verduidelik deur geskrewe, visuele en mondelinge tekste te interpreteer;

Memorandum

Opdrag 1

  1. ‘n Karakter is ‘n persoon met goeie karaktereienskappe (iemand met inbors,).
  2. Karikatuur is ‘n spotfiguur (iemand wat snaaks is).
  3. Karaktereienskappe is kenmerke van ‘n persoon, sy eienaardighede, hoe ‘n soort mens hy is.

Byvoorbeeld:

eerlik, opreg, geduldig, streng, opvlieënd, ens.

  1. Iemand wat nie arrogant of windmakerig is nie.
  2. Iemand wat altyd opgewek en meelewend teenoor ander is.
  3. Iemand wat graag ander mense help.
  4. Iemand wat baie dink van homself.
  5. Iemand wat sorg dat reg geskied.
  6. Iemand wat dinge agter mense se rûe sê en doen.
  7. Iemand wat altyd van beter weet.
  8. Iemand wat altyd vrolik en vriendelik is.
  9. ‘n Persoon met ‘n humorsin is altyd bereid om te lag en die snaaksighede van ‘n situasie raak te sien en te geniet.
  10. Hardwerkendheid beteken om nie lui te wees nie.

Opdrag 2

eie werk

Questions & Answers

prostaglandin and fever
Maha Reply
Discuss the differences between taste and flavor, including how other sensory inputs contribute to our  perception of flavor.
John Reply
taste refers to your understanding of the flavor . while flavor one The other hand is refers to sort of just a blend things.
Faith
While taste primarily relies on our taste buds, flavor involves a complex interplay between taste and aroma
Kamara
which drugs can we use for ulcers
Ummi Reply
omeprazole
Kamara
what
Renee
what is this
Renee
is a drug
Kamara
of anti-ulcer
Kamara
Omeprazole Cimetidine / Tagament For the complicated once ulcer - kit
Patrick
what is the function of lymphatic system
Nency Reply
Not really sure
Eli
to drain extracellular fluid all over the body.
asegid
The lymphatic system plays several crucial roles in the human body, functioning as a key component of the immune system and contributing to the maintenance of fluid balance. Its main functions include: 1. Immune Response: The lymphatic system produces and transports lymphocytes, which are a type of
asegid
to transport fluids fats proteins and lymphocytes to the blood stream as lymph
Adama
what is anatomy
Oyindarmola Reply
Anatomy is the identification and description of the structures of living things
Kamara
what's the difference between anatomy and physiology
Oyerinde Reply
Anatomy is the study of the structure of the body, while physiology is the study of the function of the body. Anatomy looks at the body's organs and systems, while physiology looks at how those organs and systems work together to keep the body functioning.
AI-Robot
what is enzymes all about?
Mohammed Reply
Enzymes are proteins that help speed up chemical reactions in our bodies. Enzymes are essential for digestion, liver function and much more. Too much or too little of a certain enzyme can cause health problems
Kamara
yes
Prince
how does the stomach protect itself from the damaging effects of HCl
Wulku Reply
little girl okay how does the stomach protect itself from the damaging effect of HCL
Wulku
it is because of the enzyme that the stomach produce that help the stomach from the damaging effect of HCL
Kamara
function of digestive system
Ali Reply
function of digestive
Ali
the diagram of the lungs
Adaeze Reply
what is the normal body temperature
Diya Reply
37 degrees selcius
Xolo
37°c
Stephanie
please why 37 degree selcius normal temperature
Mark
36.5
Simon
37°c
Iyogho
the normal temperature is 37°c or 98.6 °Fahrenheit is important for maintaining the homeostasis in the body the body regular this temperature through the process called thermoregulation which involves brain skin muscle and other organ working together to maintain stable internal temperature
Stephanie
37A c
Wulku
what is anaemia
Diya Reply
anaemia is the decrease in RBC count hemoglobin count and PVC count
Eniola
what is the pH of the vagina
Diya Reply
how does Lysin attack pathogens
Diya
acid
Mary
I information on anatomy position and digestive system and there enzyme
Elisha Reply
anatomy of the female external genitalia
Muhammad Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask