<< Chapter < Page Chapter >> Page >

b) Hoekom is Piet Retief en sy mense vermoor?

Bron A:

Retief was een van die grootste helde in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dit bly egter ‘n raaisel dat ‘n persoon met soveel ondervinding en intelligensie so maklik deur Dingane mislei kon word.

Bron B:

Dingane het geen rede gehad om bang te wees nie. Retief en sy geselskap het drie nagte daar geslaap sonder enige voorval. Sommige van die Voortrekkers het verveeld begin raak en het voor die hoofkraal verbygeloop.

Bron C:

Dingane het geen grondgebied aan Retief gegee nie, want individuele eienaarskap was ongehoord by die Zoeloes. In ieder geval het die grond aan die volk behoort en nie aan die koning nie. Hierdie selfde grond is tydelik aan die Britse handelaars geleen, maar het die eiendom van die Zoeloes gebly.

Bron D:

Zoeloewagte het opgemerk dat Voortrekkerspioene ronddrentel by die hoofkraal tydens hul tweede besoek. Dit was ook verbode terrein vir die Zoeloes en oortreding was strafbaar met die dood.

Bron E:

Die Britse handelaars wou nie meer wapens aan Dingane verkoop nie. Die Voortrekkers was die ideale mense van wie wapens verkry kon word. Ongelukkig het Retief nie Sekonyela se wapens aan Dingane oorhandig nie. Dit het Dingane ontstel. Dit het hom verplig om geweld te gebruik ten einde sy ideaal te bereik.

c) Wat sou gebeur het indien:

  • beide Dingane en Retief Engels kon praat?
  • Amerikaanse inboorlinge, en nie die Zoeloes nie, in Natal gewoon het?

Intussen het die nuus van Mzilikazi se nederlae Dingane bereik. Hy was geskok oor die mag van die Voortrekkers, want selfs hy kon nie die Ndebele verslaan nie. Hy wou seker maak dat die res van die Voortrekkers hul nie sou aanval nie.

Daarna het die Zoeloes die Voortrekkerlaers vroeg die oggend van 17 Februarie 1838 op die oewers van die Boesmans- en Blaaukrantzriviere aangeval. Ongeveer 500 mense, van wie die helfte handlangers en werkers was, het omgekom. Die Zoeloes moes egter terugval na ‘n tydelike teenaanval, maar hulle het 25 000 stuks vee met hulle saamgeneem. Die Voortrekkers was vasberade om aan te bly in Natal, maar hul moes eers herstel van hul verliese. ‘n Klein dorpie, Weenen, is later op die terrein gevestig.

Die aanval op die Voortrekkers by Blaaukrantz

Potgieter is gevra om die Voortrekkers in Natal te kom help. Hy en Uys het elkeen ‘n kommando gelei om die Zoeloes te straf en om die Voortrekkers se vee terug te kry.

Op pad na Mgungundlovu, op 10 April 1838, het die Zoeloes die voorste kommando van Piet Uys in ‘n digbegroeide kloof by Italeni in ‘n lokval gelei. Die Zoeloes het vooraf ‘n aanval verwag. Die voorste kommando van Uys is in ‘n lokval gelei en vasgekeer. Al wat Potgieter se kommando kon doen, was om al hul vuurkrag op een plek te rig en sodoende ‘n opening te maak waardeur Uys en sy mense kon vlug. Die meeste mense wat in die agterhoede was, kon vlug, maar Uys wat aan die voorpunt was, is ernstig gewond. Toe hy van sy perd afval, het hy sy manne beveel om te vlug. Sy seun Dirkie het egter geweier om sy vader agter te laat, en hy is langs hom doodgemaak. (Vra jul onderwyser om vir julle die storie van Dirkie Uys te vertel!) Potgieter se kommando is agterna die Vlugkommando genoem. Hy het Natal verlaat en nooit teruggekeer nie.

Diagrammatiese voorstelling van die Slag van Italeni

d) Beantwoord die volgende vrae oor die Slag van Italeni :

  • Herkonstrueer die skets oor die Slag van Italeni deur middel van ‘n model of tekening sodat mens dit beter kan verstaan.OF
  • Verduidelik met die hulp van ‘n strokiesprent hoe jy, as ‘n Zoeloe-aanvoerder, selfs ‘n beter lokval sou opstel.

Die meeste Voortrekkerlaers het na die Klein Tugelarivier verskuif waar ‘n donga en ‘n grondwal (van sooie en klei) groter beskerming gebied het. Om dié rede is daar soms verwys na hierdie kamp as die Sooilaer. Party Voortrekkers het selfs begin koring saai en tuinmaak, aangesien hul voedsel besig was om min te raak. Gevolglik is die laer ook soms Saailaer genoem. Intussen het die Zoeloes nog drie keer aangeval en meer as 10 000 stuks vee weggevoer.

Die winter van 1838 was baie koud, hout was skaars en die weiding vir die vee was nie genoeg nie. Om alles te kroon, het brande in die laers uitgebreek. Bek-en-klouseer het onder die vee gemaai en ‘n masel-epidemie het onder die Trekkers gewoed. Maritz het gesterf en Andries Pretorius, ‘n bekende militêr, is uit die Kaapkolonie ontbied. Hy het dadelik gekom met 500 manne.

Op 26 November 1838 is Pretorius verkies tot hoofkommandant. Hy het dadelik met voorbereidings begin om ‘n aanval teen die Zoeloes te loods, eerder as om weer aangeval te word. Sy plan was om gebruik te maak van ‘n versterkte wa-laer en perderuiters. Die vroue, kinders en party van die mans het agterbly in Sooilaer.

Assessering

LEERUITKOMS 3: HISTORIESE INTERPRETASIE – Die leerder is in staat om aspekte van geskiedenis te interpreteer
3.1 Wees bewus van meer as een siening van die verlede
3.2 Onderskei tussen feite en menings
3.3 Rekonstrueer verlede

Memorandum

Aktiwiteit 1

(a) geskrewe

  • Owen
  • 6 Februarie 1838
  • Dingane besluit het om die Trekkers te vermoor

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11022/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask