<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Die toebels

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die avonture van die Wapse is nou verbonde aan die ondervindings van elke leerder in Graad 1, seuns sowel as dogters. Hulle word blootgestel aan ander omgewings - stedelik, platteland, en word bewus van hoe anders mense lewe, bv. in die bos, sonder krane en elektrisiteit.

Opvoeders moet onthou dat daar leerders in hul klas mag wees wat nie Graad R bygewoon het nie en dus sekere vaardighede, strategieë en konsepte van Graad R nie ontwikkel of aangeleer het nie. Die opvoeder het dus nodig om te verseker dat hierdie in Graad 1 aangeleer en ontwikkel word. (Sien Graad R-modules)

Luister en spraak is die belangrike fondamente waarop geletterdheid gebou word. Die mate waarvolgens leerders die praat van hul huistaal bemeester het, sal verskil en die opvoeder moet hiervan bewus wees.

Taalontwikkeling is ‘n proses wat geleidelik ontwikkel en elke leerder het die simpatieke ondersteuning van die opvoeder ter alle tye nodig.

In Graad 1 luister en lees die leerders stories en word hulle betrek by die leer van klanke en die skryf van die taal. Die klasomgewing moet ‘n plek wees wat die leerders sal aanmoedig om alle aspekte van die taal te leer.

TYDSKEDULE

Alle leerders behoort al agt modules te voltooi, plus-minus twee per kwartaal. Hulle moet toegelaat word om teen hulle eie spoed te werk.

Hier identifiseer Willie met die leerders. Hy vier sy verjaardag. Daar is wesenlike verskille en leerders bespreek hulle. So ook verskil mense van mekaar.

Die Toebels is Willie se maats. Hulle bly in tonnels in die grasland. Die reën veroorsaak ‘n vloed. Die uil weet wat om te doen. Daar is stories om te lees, verjaardagkaartjies om te maak en probleme om op te los.

Skrif
en , , , ,
klanke ,

INTEGRASIE VAN TEMAS

Sosiale geregtighede

  • Leerders kan betrokke raak deur mense wat rampe oorleef het, te help.

n Gesonde omgewing

  • Reën is belangrik vir mens en dier.

Menseregte

  • Elkeen het ‘n reg tot skoon drinkwater.

Leerders afdeling

Inhoud

Grootoog kry ‘n plan!

Die Wapse grawe nou al vir twee dae aan die tonnel, maar sonder enige sukses. Pappa het vir al die molle in die bos gevra om te kom help grawe, maar daar is heeltemal te min molle om so ‘n lang tonnel in so ‘n kort rukkie klaar te maak. Willie en al die ander Wapse help soveel as wat hulle kan, maar omdat Wapse nie gewoond is aan tonnels grawe nie, word hulle baie gou moeg. Hoe op aarde gaan hulle weer ‘n tonnel kry? Wie gaan die arme Wapse help?

En toe, skielik, kry Grootoog ‘n plan! ‘n Baie goeie plan! Hulle moet die Toebels vir hulp gaan vra! Die Toebels woon net buite die bos, en hulle is gewoond aan tonnels grawe. Die Toebels woon mos almal in tonnels, en buite die bos woon ook baie molle wat kan help. So gebeur dit toe dat Willie op Vollie daar wegry om te gaan hulp soek by die Toebels.

Almal is bekommerd. Sal Willie betyds by die Toebels kom? Sal hy veilig wees? Hoe lank moet hulle nog wag? Ons sal maar moet wag vir die volgende storie om te hoor wat gebeur het.

LU 4.1
LU 4.1
d D donkie dans
draai dankie dop
drie dier diep
e E ertjie en
elektrisiteit enkel ekskuus
eksamen elf elmboog
LU 3.4
f F feetjie foto
fout film flits
fees fyn fluks
g G grond graaf
gans glas gooi
golf goud grys
LU 3.4

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel.

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask