<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 5

Die vorming van 'n nuwe samelewing in sa

Module 7

Die swart mense

Hulle is ook afkomstig vanuit die noorde van Afrika. Hulle het in Suidelike Afrika aangekom min of meer gedurende dieselfde tyd as wat die Khoina hier met vee begin boer het. Die swart mense het verder ontwikkel as die Khoina en die San. Die grond rondom hulle huise en krale is bewerk – vandaar die naam landbouers. Die vrouens het die landerye geskoffel en geplant, terwyl die mans gehelp het om te oes. Veral mielies en sorghum is verbou. Mieliemeel is gemaal vir pap.

Hoekom is hulle die Ystertydperkmense genoem?

Die San en Khoina was Steentydperkmense, veral weens hul klipgereedskap. Die swart mense kon egter doeltreffende ystergereedskap maak. Ystererts is gesmelt en vir jagwapens en gereedskap soos skoffels gebruik. Die swart mense was sterker as die San en Khoina en kon dus veg vir die beste dele van die land. Swart boere het veral die oostelike dele van die land verkies, weens die goeie reënval en die vrugbare grond. Hulle het met skape en bokke geboer, maar veral die grond bewerk. Beesboerdery het later die belangrikste veeboerdery geword, want dit het meer produkte verskaf en was ‘n teken van rykdom en status.

Die swart mense het al hoe minder rondgetrek en op vaste plekke begin bly. Beboste dele is dikwels skoongemaak vir akkerbou. Hulle het al meer permanente wonings gebou, want daar was genoeg voedsel vir almal. Al hoe meer “dorpies” (statte) het ontwikkel. Die eerste “dorpies” in Suid-Afrika is reeds teen 300 n.C. gebou.

AKTIWITEIT:

OM DIE VERLEDE VAN DIE SWART MENSE TE REKONSTRUEER

[LU 3.3]

  1. Jy kry nou ook geleentheid om swart mense se verlede te verstaan. Voltooi die volgende opsomming oor die swart mense en kyk dan hoe lyk ‘n tipiese kraal.

Voedsel

Hulle het veral melk, vleis, sorghum en

m ________ (1) geëet.

Gewoontes

Hulle was baie lief vir m ____________ (2).

Met feesvieringe is ‘n _____________ (3) geslag.

____________ (4) het met die voorvadergeeste gepraat.

Kleredrag

Hulle het gebreide ___________ (5) van wilde diere gedra.

Volstruisvere is op die ___________ (6) geplaas.

Wonings

Sommige het ___________ (7) gras en riete vir hulle hutte versamel.

Die ___________ (8) van die hut was van dekgras gemaak.

Die mure is met ____________ (9) gesmeer.

(10) bou hutte.

Hulle het soms pragtige p_____________ (11) daarop getrek.

Venda

Xhosa

Zoeloe

Sotho

  1. Luister eers aandagtig na die onderhoud met Xayimpi. Behou ‘n paar van die woorde. Vra julle onderwyser om dit vir julle te lees sodat jy die ontbrekende antwoorde kan verskaf. Julle onderwyser mag help!

Vraag 1: Hoe word só ‘n stam regeer?

Waar ‘n groot groep ___________ (1) saamgebly het, moes hul maniere _____________ (2) om in vrede saam ______________ (3) te leef. Die hoofmanne van _____________ (4) groepie het saam ‘n _________ (5) gekies om oor almal __________ (6) regeer. Hy het dus ______________ (7) mag gehad, en kon ______________ (8) andere besluit waar om _____________ (9) te bou, wat om _________ (10) te plant en wie _________ (11) of gestraf moet word.

________ (12) is geneem ná samesprekings ________ (13) die ouer manne. Die __________ (14) se hulp is ook _____________ (15)

vir moeilike besluite.

Vraag 2: Watter rol speel die voorvaders?

Daar is geglo dat die voorgeslagte van ‘n stam as beskermers optree. As sake skeefgeloop het, is dit toegeskryf daaraan dat die voorvadergeeste vir hulle kwaad was. Sekere plegtighede is dan gehou om die geeste tevrede te stel. Voorvaders is dus hoog geag en daar is geglo dat die dooies steeds deel is van die familie.

Vraag 3: Wie het almal aan die stam behoort?

Almal! Daar was nie probleme _____________ (16) die versorging van weeskinders __________ (17) oumense nie. As ‘n m________(18) gesterf het, het sy b________ (19) dikwels met sy vrou ___________ (20) om só die aantal ___________ (21) te verminder. Enige ____________ wat (22) stelsel en reëls vir _____________ (23) oortree het, is verban _______ (24) doodgemaak.

Bestudeer die sketse van ‘n swart stat van ongeveer 500 jaar gelede op die vorige bladsy. Verdeel nou in groepe sodat elke groep ‘n ander skets kan gebruik.

Help nou die groepleier om vyf vrae oor jul groep se skets netjies op ‘n vel papier neer te skryf. Laat genoeg ruimte sodat die ander groep antwoorde kan invul. Skryf ook die nommer van julle skets bo-aan.

Maak seker dit is nie vrae waarop hulle net ja of nee kan antwoord nie!

Na voltooiing ruil julle vrae uit met ‘n ander groep. Beantwoord nou hulle vrae terwyl die groepleier die antwoorde invul.

Elke groepleier moet nou namens sy groep aan die klas mondelings terugvoering gee oor hulle vrae en antwoorde.

Julle onderwyser kan selfs al ses groepe se take laat tik (of netjies neerskryf) en dit weer vir julle uitdeel.

[LU 3.3]

Die vroeëre bewoners van Afrika wat jy sover ontmoet het, het almal bygedra tot die ontwikkeling van ons land. Vervolgens gaan ons die mense uit Europa en Asië ontmoet.

Assessering

LEERUITKOMS 3: HISTORIESE INTERPRETASIE – DIE LEERDER IS IN STAAT OM ASPEKTE VAN GESKIEDENIS TE INTERPRETEER

3.1 Wees bewus van meer as een siening van die verlede.

Verstaan dat verskillende sienings oor dieselfde saak reg of verkeerd kan wees

3.2 Onderskei tussen feite en menings.

Kan inligting vanaf kaarte, diagramme en grafieke bekom.

3.3 Rekonstrueer verlede. Kan ‘n eenvoudige rekonstruksie van gebeurtenisse maak en verstaan hoe die mense daaroor voel.

Memorandum

Aktiwiteit

(a) Voedsel: (1) mielies

Gewoontes: (2) musiek

(3) bees

(4) waarsêers, priesters

Kleredrag: (5) velle

(6) hooftooisels

Wonings: (7) pale, klei, klippe, sooie

(8) dak

(9) kleistene (mengsel van klei, beesmis)

(10) veral vroue

(11) patrone

(b) Vraag 1:

Die onderwyser vul die ontbrekende woorde in op sy / haar kopie en lees dit dan aan die leerders voor. Die leerders luister eers aandagtig en voer dan die opdrag uit.

  • (1) mense
  • (2) vind
  • (3) te
  • (4) die
  • (5) leier
  • (6) te
  • (7) baie
  • (8) onder
  • (9) hutte
  • (10) wanneer
  • (11) beloon
  • (12) besluite
  • (13) met
  • (14) waarsêer
  • (15) ingeroep

Vraag 3

  • (16) met
  • (17) en
  • (18) man
  • (19) broer
  • (20) getrou
  • (21) weeskinders
  • (22) persoon
  • (23) die stam / groep
  • (24) of

Questions & Answers

differentiate between demand and supply giving examples
Lambiv Reply
differentiated between demand and supply using examples
Lambiv
what is labour ?
Lambiv
how will I do?
Venny Reply
how is the graph works?I don't fully understand
Rezat Reply
information
Eliyee
devaluation
Eliyee
t
WARKISA
hi guys good evening to all
Lambiv
multiple choice question
Aster Reply
appreciation
Eliyee
explain perfect market
Lindiwe Reply
In economics, a perfect market refers to a theoretical construct where all participants have perfect information, goods are homogenous, there are no barriers to entry or exit, and prices are determined solely by supply and demand. It's an idealized model used for analysis,
Ezea
What is ceteris paribus?
Shukri Reply
other things being equal
AI-Robot
When MP₁ becomes negative, TP start to decline. Extuples Suppose that the short-run production function of certain cut-flower firm is given by: Q=4KL-0.6K2 - 0.112 • Where is quantity of cut flower produced, I is labour input and K is fixed capital input (K-5). Determine the average product of lab
Kelo
Extuples Suppose that the short-run production function of certain cut-flower firm is given by: Q=4KL-0.6K2 - 0.112 • Where is quantity of cut flower produced, I is labour input and K is fixed capital input (K-5). Determine the average product of labour (APL) and marginal product of labour (MPL)
Kelo
yes,thank you
Shukri
Can I ask you other question?
Shukri
what is monopoly mean?
Habtamu Reply
What is different between quantity demand and demand?
Shukri Reply
Quantity demanded refers to the specific amount of a good or service that consumers are willing and able to purchase at a give price and within a specific time period. Demand, on the other hand, is a broader concept that encompasses the entire relationship between price and quantity demanded
Ezea
ok
Shukri
how do you save a country economic situation when it's falling apart
Lilia Reply
what is the difference between economic growth and development
Fiker Reply
Economic growth as an increase in the production and consumption of goods and services within an economy.but Economic development as a broader concept that encompasses not only economic growth but also social & human well being.
Shukri
production function means
Jabir
What do you think is more important to focus on when considering inequality ?
Abdisa Reply
any question about economics?
Awais Reply
sir...I just want to ask one question... Define the term contract curve? if you are free please help me to find this answer 🙏
Asui
it is a curve that we get after connecting the pareto optimal combinations of two consumers after their mutually beneficial trade offs
Awais
thank you so much 👍 sir
Asui
In economics, the contract curve refers to the set of points in an Edgeworth box diagram where both parties involved in a trade cannot be made better off without making one of them worse off. It represents the Pareto efficient allocations of goods between two individuals or entities, where neither p
Cornelius
In economics, the contract curve refers to the set of points in an Edgeworth box diagram where both parties involved in a trade cannot be made better off without making one of them worse off. It represents the Pareto efficient allocations of goods between two individuals or entities,
Cornelius
Suppose a consumer consuming two commodities X and Y has The following utility function u=X0.4 Y0.6. If the price of the X and Y are 2 and 3 respectively and income Constraint is birr 50. A,Calculate quantities of x and y which maximize utility. B,Calculate value of Lagrange multiplier. C,Calculate quantities of X and Y consumed with a given price. D,alculate optimum level of output .
Feyisa Reply
Answer
Feyisa
c
Jabir
the market for lemon has 10 potential consumers, each having an individual demand curve p=101-10Qi, where p is price in dollar's per cup and Qi is the number of cups demanded per week by the i th consumer.Find the market demand curve using algebra. Draw an individual demand curve and the market dema
Gsbwnw Reply
suppose the production function is given by ( L, K)=L¼K¾.assuming capital is fixed find APL and MPL. consider the following short run production function:Q=6L²-0.4L³ a) find the value of L that maximizes output b)find the value of L that maximizes marginal product
Abdureman
types of unemployment
Yomi Reply
What is the difference between perfect competition and monopolistic competition?
Mohammed
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10987/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask