<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 8

Uitdrukking en kommunikasie

Module 7

Dans en gestremdheid

DANS

In hierdie leereenheid sal elkeen gelei word om gestremdheid te verstaan en, wat die dans betref, te bespreek. Julle sal ook kan debatteer oor die verskillende tradisionele geslagsrolle in dans deur verskillende standpunte daaroor te identifiseer.

Aktiwiteit 1

Om korrek vir dansoefeninge op te warm

  • Voordat jy kan begin om jou dansroetine te skep, moet jou liggaam goed opgewarm word om beserings te voorkom en ook om jou voor te berei op die aktiwiteit wat gaan volg.
  • Hierdie opwarmingsoefeninge kan op die maat van musiek gedoen word. Kies musiek wat nie te vinnig is nie en waarop jy gemaklik kan beweeg.

Asemhalingsoefening

  • Staan met jou voete heupwydte van mekaar af, arms langs jou sye.
  • Asem in deur jou neus – lig jou arms op.
  • Asem uit deur jou mond – laat sak jou arms en buig jou knieë terselfdertyd.
  • Herhaal vier keer.

Nekopwarming

  • Staan met jou voete heupwydte van mekaar af – arms langs jou sye.
  • Laat sak jou kop vorentoe en afwaarts en lig (herhaal agt keer).
  • Draai jou kop van kant tot kant (regs na links) (herhaal agt keer).
  • Draai jou kop van regs na links in ‘n semi-sirkel (herhaal agt keer).

Skoueropwarming

  • Lig jou regterskouer op en af.
  • Lig jou linkerskouer op en af.
  • Lig en laat sak jou skouers om die beurt (herhaal agt keer).
  • Draai jou regterskouer na agter.
  • Draai jou linkerskouer na agter.
  • Draai albei skouers na agter (herhaal agt keer).
  • Draai jou regterskouer vorentoe.
  • Draai jou linkerskouer vorentoe.
  • Draai albei skouers vorentoe (herhaal agt keer).

Armopwarming

  • Lig albei arms horisontaal reguit op na die kante en laat sak (herhaal agt keer).
  • Lig albei arms horisontaal reguit skouerhoogte op, dan reguit op bo jou kop, terug na skouerhoogte en laat sak jou arms langs jou sye (herhaal agt keer).

Bolyfopwarming

  • Staan met jou voete heupwydte van mekaar af – knieë effens gebuig – hande op heupe – hou heupe vorentoe – draai bolyf na regs – terug na middel – draai bolyf na links – terug na middel (herhaal agt keer).

Beenopwarming

  • Kyk vorentoe en tree na regs – voete en liggaam wys nog steeds na voor – tree na links (herhaal agt keer).
  • Tree na regs – tel linkerbeen op – buig knie terug – lig voet na boud.
  • Tree na links – tel regterbeen op – buig knie terug – lig voet op na boud.
  • Herhaal agt keer.
  • Tree regs – kyk vorentoe – lig linkerknie vorentoe op en sak.
  • Tree links – lig regterknie vorentoe op en laat sak.
  • Herhaal agt keer.
  • Plaas voete van mekaar af – strek van kant tot kant – hou voete stewig op die vloer – hande op heupe (herhaal agt keer).
  • Strek ("lunge") na regs en hou strekposisie vir agt tellings.
  • Strek na links en hou strekposisie vir agt tellings.
  • Staan met voete heupwydte van mekaar af – knieë gebuig – hande op heupe.
  • Lig tone om die beurt – hou hakke op die vloer (herhaal agt keer).
  • Lig hakke om die beurt (herhaal agt keer).
  • Loop op die plek vir sestien tellings.

Aktiwiteit 2

Om dans aan te wend sodat gestremdes dit kan waardeer

Ons ondersoek die beweging en kreatiwiteit van gestremde persone.

 Blinde persone

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11045/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask