<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Energie en verandering

Module 35

Gevaarlike gebruike van elektrisiteit

Aktiwiteit:

Om gevaarlike gebruike van elektrisiteit te identifiseer

[lu 1.3, 2.2, 3.2]

Wanneer is elektrisiteit gevaarlik?

Wat is verkeerd?

Mario wil gaan bad, maar die badkamer se vloerteëls is baie koud. Hy besluit om dit te verwarm. Hy prop die kragprop van ‘n verwarmer in die gang in en neem die verwarmer in die badkamer in.

Waarsku asb. vir Mario:

Ilze het net een kragprop in haar kamer. Sy wil haar verwarmer aanhê, want dis bitter koud, maar sy wil ook haar hare droogblaas met die haardroër, terwyl sy na haar gunsteling televisieprogram kyk.

Waarsku asb. vir Ilze:

Haal onder toesig van jou onderwyser ‘n kragprop uitmekaar in julle groepe en kyk hoe dit inmekaar steek. Kyk waar dinge verkeerd kan wees as dit nie werk nie.

Voltooi die volgende vrae deur die volgende woorde te gebruik:

( elektrisiteit * nat * vingers * kragproppe )

  1. Moet nooit met _____________ speel nie.
  2. Kyk dat kleuters nie hulle _____________ in ‘n muurprop druk nie.
  3. Onthou, ______________kan baie gevaarlik wees as dit nie reg gebruik word nie.
  4. Moet nooit aan kragproppe raak wanneer jou hande __________is nie.

Volg hierdie reëls om veilig met elektrisiteit te werk.

Kies vir jou ‘n maat en bespreek watter reël julle prakties aan die klas wil wys. Doen ‘n rolspel om te bewys dat ‘n mens baie versigtig met elektrisiteit moet werk. Julle moenie werklik elektrisiteit gebruik om die rolspel te doen nie – doen dit speel-speel.

  1. Skakel die krag af voordat jy ‘n gloeilampie insit.
  2. Moenie stukkende koorde gebruik nie.
  3. Moenie aan ‘n koord trek om ‘n kragprop uit te trek nie.
  4. Wanneer jy nie ‘n toestel gebruik nie, trek die prop uit.
  5. Moenie self aan elektriese toestelle werk nie; ontbied ‘n elektrisiën.
  6. Moenie ‘n koord onderdeur ‘n mat laat loop nie, dit kan ‘n brand veroorsaak.
  7. Moenie te veel kragproppe op een kontaksok laai nie.
  8. Jou hande moet droog wees as jy met enige elektriese toestelle of krag werk.
  9. Moet nooit elektriese ware saamneem badkamer toe nie. Jy kan skok!
  10. Moenie aan elektriese toestelle vat terwyl jy skottelgoed was nie.
  11. Moenie dat klein kindertjies met elektriese ware speel nie.
  12. Moenie dat koorde van ‘n kas afhang waar klein kindertjies die toestel kan aftrek nie.
  13. Bly weg van elektriese kabels wat op die grond lê.
  14. Moenie teen elektriese pale opklim nie.
  15. Moenie met jou vlieër naby kragdrade speel nie.
  16. Bly weg van elektriese substasies af; dis nie ‘n speelplek nie.
  17. Wanneer jy ‘n kragprop uittrek, skakel eers die krag af.
  18. Moenie met enige voorwerp in die broodrooster krap om die brood uit te haal nie.
  19. As jy vonke by ‘n elektriese toestel sien, skakel onmiddellik die krag af. Laat weet jou ouers.
  20. Moet nooit onder bome staan of loop wanneer die weerlig slaan nie.

Een bufferplakker is vir jou hieronder ontwerp. Besluit watter een van die boonste reëls jy wil gebruik om een of meer te ontwerp. Probeer dit so reël dat elkeen in die klas ‘n ander een ontwerp; sodoende kry julle ‘n verskeidenheid. Skryf ‘n goeie slagspreuk daarby.

Assessering

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard

Dit is duidelik wanneer die leerder

  • data evalueer en bevindings kommunikeer.

LEERUITKOMS 2: KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPLIKE KENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard

Dit is duidelik wanneer die leerder

2.2 inligting kategoriseer.

LEERUITKOMS 3: WETENSKAP, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWING Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Assesseringstandaard

Dit is duidelik wanneer die leerder

  • die impak van wetenskap en tegnologie verstaan.

Memorandum

Wanneer is elektrisiteit gevaarlik?

  • Mario wil gaan bad, maar die badkamer se vloerteëls is baie koud. Hy besluit om dit op te warm. Hy prop die kragprop van ‘n verwarmer in die gang en neem die verwarmer in die badkamer.

Waarsku asb. vir Mario: Krag en water werk nie saam nie! As jy met water werk en dit kom met elektrisiteit in aanraking, kan jy jouself doodskok.

  • Lize het net een kragprop in haar kamer. Sy wil haar verwarmer aanhê, want dis bitter koud, maar sy wil ook haar hare droogblaas met die haardroër terwyl sy haar gunsteling televisieprogram kyk.

Waarsku asb. vir Lize: Te veel krag uit een kragprop kan die kragprop oorlaai en veroorsaak dat ‘n kortsluiting plaasvind. Jy kan jouself so doodskok.

Voltooi die volgende vrae deur die volgende woorde te gebruik:

(elektrisiteit * nat * vingers * kragproppe)

1. Moet nooit met kragproppe speel nie.

2. Kyk dat kleuters nie hulle vingers in ‘n muurprop druk nie.

3. Onthou, elektrisiteit kan baie gevaarlik wees as dit nie reg gebruik word nie.

4. Moet nooit aan kragproppe raak wanneer jou hande nat is nie.

Questions & Answers

if three forces F1.f2 .f3 act at a point on a Cartesian plane in the daigram .....so if the question says write down the x and y components ..... I really don't understand
Syamthanda Reply
hey , can you please explain oxidation reaction & redox ?
Boitumelo Reply
hey , can you please explain oxidation reaction and redox ?
Boitumelo
for grade 12 or grade 11?
Sibulele
the value of V1 and V2
Tumelo Reply
advantages of electrons in a circuit
Rethabile Reply
we're do you find electromagnetism past papers
Ntombifuthi
what a normal force
Tholulwazi Reply
it is the force or component of the force that the surface exert on an object incontact with it and which acts perpendicular to the surface
Sihle
what is physics?
Petrus Reply
what is the half reaction of Potassium and chlorine
Anna Reply
how to calculate coefficient of static friction
Lisa Reply
how to calculate static friction
Lisa
How to calculate a current
Tumelo
how to calculate the magnitude of horizontal component of the applied force
Mogano
How to calculate force
Monambi
a structure of a thermocouple used to measure inner temperature
Anna Reply
a fixed gas of a mass is held at standard pressure temperature of 15 degrees Celsius .Calculate the temperature of the gas in Celsius if the pressure is changed to 2×10 to the power 4
Amahle Reply
How is energy being used in bonding?
Raymond Reply
what is acceleration
Syamthanda Reply
a rate of change in velocity of an object whith respect to time
Khuthadzo
how can we find the moment of torque of a circular object
Kidist
Acceleration is a rate of change in velocity.
Justice
t =r×f
Khuthadzo
how to calculate tension by substitution
Precious Reply
hi
Shongi
hi
Leago
use fnet method. how many obects are being calculated ?
Khuthadzo
khuthadzo hii
Hulisani
how to calculate acceleration and tension force
Lungile Reply
you use Fnet equals ma , newtoms second law formula
Masego
please help me with vectors in two dimensions
Mulaudzi Reply
how to calculate normal force
Mulaudzi
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask