<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Watter plan sou jy gemaak het?

Wat is die regte manier om iets te kry wat jy graag wil hê?

(As jy nou jou antwoord by (ii) wil verander, mag jy dit maar doen).

(iv) Watter woord gebruik mens as jy iets vra?

Watter woord(e) gebruik mens as iemand iets vir jou gee of iets vir jou doen,

of iets moois vir jou sê?

(vi) “‘n Mens sê net “dankie “ en “asseblief” en “ekskuus” vir iemand wat ouer of belangriker as jy is, wat dieselfde velkleur het, of wat ryk is.” Waar of onwaar?

Indien jy sê dis onwaar, verander die sin om dit waar te maak:

AKTIWITEIT 2

OM GEPASTE GRAMMATIKA, SPELLING EN PUNKTUASIE TE GEBRUIK [LU 4.4.3]

OM SELF DIE SLOT VAN DIE STORIE TE SKRYF [LU 5.4.1]

a) Ons weet nie wat van Dommie se gans en die sewe mense geword het nie. Wat dink jy? Skryf dit neer ( nie meer as vyf sinne nie). Let op jou spelling en gebruik die leestekens reg.

Assessering

LU 3

LEES EN KYK

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

3.1 ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksietekste vir verskillende doeleindes lees:

3.1.1 lees onafhanklik deur ‘n verskeidenheid lees- en begripstrategieë gepas vir verskillende doeleindes te gebruik;

gebruik vroeëre kennis of tekstuele leidrade om betekenis vas te stel en afleidings te maak;

voer luidlees duidelik uit en pas leesspoed volgens doel en gehoor aan;

3.5 begrip van fiksie-tekste toon:

3.5.1 bespreek die hoofidee, intrige, ruimte, atmosfeer en karakters;

3.5.2 maak afleidings oor intrige en karakters;

3.8 omgewings-, kulturele en sosiale waardes in tekste identifiseer en bespreek:

3.8.2 stereotipes herken en bespreek en hoe dit geskep word;

3.11 relevante tekste kies en navorsingsvaardighede toepas om inligting in woordeboeke te verkry.

LU 4

SKRYF

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

4.4 kennis van taal op verskeie vlakke toepas:

4.4.3 paragraafvlak:

√ skryf ‘n kernsin en sluit relevante inligting in om ‘n samehangende paragraaf te ontwikkel.

LU 5

DINK EN REDENEER

Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

5.1 taal gebruik om te dink en te redeneer:

5.1.3 onderskei tussen die voor- en nadele van iets en verduidelik dit;

5.3 inligting verwerk:

5.3.6 evalueer en maak gevolgtrekkings en verduidelik redes daarvoor;

5.4 taal gebruik om skeppend te dink:

5.4.1 vorm hipoteses oor die moontlike resultate of slot van ‘n reeks stappe of gebeurtenisse;

5.4.5 ondersoek woordassosiasies en konsepte om uit ‘n ander hoek na onderwerpe te kyk.

Memorandum

Aktiwiteit 1

a) Stillees.

b) (i) Hulle wou in die nag, terwyl Dommie slaap, van sy gans se vere gesteel het.

Leerders se antwoorde sal verskil.

Jy vra daarvoor of jy koop dit.

Asseblief.

(Baie) dankie.

Mens sê dankie, ekskuus en asseblief vir alle mense wanneer dit nodig is.

Aktiwiteit 2

a) Leerders se eie pogings.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10989/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask