<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Roosstraat 81 Parow 7500

6 Mei 2005

DeafsaPosbus 226Nuweland7700

Geagte

__________________________

Die uwe

LU 4..2.2
Paula Edwards

6. Julle klas kan dalk iets beteken vir hierdie mense wat nie so gelukkig is soos julle nie. Daar is verskeie maniere waarop julle dit kan doen. Julle kan geld insamel om vir een van hierdie instansies of organisasies te skenk. Daar is ‘n hele klompie maniere waarop julle kan geld insamel, bv. deur ‘n verkoping te hou, ‘n konsert te hou vir die res van die skool (of ‘n paar klasse), die personeel by die skool se motors te was, ens.

(a) Verdeel nou in julle groepe. Elke groep moet ‘n plan van aksie saamstel. Die groep beplan:

  • die aktiwiteit;
  • wanneer julle dit kan doen;
  • waar julle dit gaan doen.

(b) Die volgende stap is die ontwerp van ‘n plakkaat. Die plakkaat moet natuurlik al die besonderhede adverteer. Die aktiwiteit gaan natuurlik bepaal hoe die plakkaat gaan lyk.

Julle opvoeder of skoolhoof kan die wengroep aanwys.

LU 4.4.1

7. Verdeel die volgende woorde in lettergrepe , bv. ambulans: am/bu/lans om jou te help met die spelling van die woorde.

  1. dokter
  2. hospitaal
  3. pasiënte
  4. medisyne
  5. operasie
  6. narkose
  7. organe
  8. hartoorplanting
  9. verpleegster
  10. inspuiting

Leer nou die spelling van hierdie woorde. Bespreek die betekenis van elk.

k) Voltooi nou die onderstaande sinne deur al hierdie woorde korrek in te vul:

(i) Wanneer ons siek is, besoek ons ‘n ________

(ii) Ons drink _______ sodat ons gesond kan word.

(iii) Mense wat ernstig siek is, of ‘n __________ ondergaan, word in ‘n ______opgeneem.

(iv) Ons noem hierdie mense wat in die hospitaal lê, ________ .

(v) Die ______ versorg die pasiënte.

(vi) Die hart, longe, niere en lewer is almal ______ .

(vii) Jy kry ______om jou tydens ’n operasie te laat slaap.

(vii) ‘n Mens wie se hart nie meer funksioneer nie, ondergaan ‘n ______ .

(ix) Mense is dikwels bang vir ‘n_____omdat hulle bang is die naald gaan hulle seermaak.

Assesseer spelling en woordeskat : Totaal uit 10

8. Gesels ‘n bietjie in die klas oor julle ervaring van hospitale. Was jy al in die hospitaal? Hoekom? Het jy iemand in die hospitaal besoek?

(a) Jy en jou maat gaan nou saam ‘n dialoog skryf. Een van julle is die dokter, en die ander een die pasiënt. Dit moet ‘n baie komiese (snaakse) dialoog wees. Die pasiënt vra vrae aan die dokter oor ‘n operasie wat sy/hy moet ondergaan. Die pasiënt is baie bang vir die operasie en die dokter probeer hom / haar gerusstel. Daar moet ‘n paar misverstande wees om dit nog snaakser te maak, m.a.w. die dokter verstaan die pasiënt verkeerd en verskaf antwoorde wat hom/haar nog banger maak.

LU 4.3.1

9. Lees nou die onderstaande noukeurig deur.

Suid – Afrika het ook ‘n baie beroemde baanbreker of pionier opgelewer.

Op Saterdagmiddag 2 Desember 1967 het ‘n tragedie op die ou einde verander in ‘n gebeurtenis wat die hele wêreld laat regop sit het.

‘n Jong dame van 25 jaar is op hierdie Saterdagmiddag deur ‘n motor raakgery. Sy is in die Groote Schuur Hospitaal opgeneem waar sy breindood verklaar is. Haar naam was Denise Darvall.

In dieselfde hospitaal het daar ‘n 53-jarige pasiënt gelê. Hy het al ‘n hele paar hartaanvalle gehad wat sy hart onherstelbaar beskadig het. Sy naam was Louis Washkansky.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask