<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 5

Uitdrukking en kommunikasie

Module 6

Om sosiale-, kulturele en omgewingskwessies te dramatiseer

Drama

Drama is opwindend. Dit is soos om jou gunsteling speletjie te speel. Jou opvoeder sal jou lei deur hierdie drama-aktiwiteit sodat jy nie net kan speel nie, maar ook leer oor die wonderlike kreatiewe kuns van Drama.

AKTIWITEIT 1

OM M SOSIALE-, KULTURELE EN OMGEWINGSKWESSIES TE DRAMATISEER

[LU 4.2]

NA DIE INTERSKOLE

Ek is seker daarvan dat julle sportbyeenkomste by julle skool het. Dink terug aan die laaste sportbyeenkoms wat jou skool gehad het. Hoe het die sportveld gelyk na die byeenkoms? Goed, laat ons begin speel!

Oefening 1: Ondersoek

Gaan na die sportveld en stel situasies in die omgewing voor.

Stel die rommel en skade voor.

Die sportveld is die verhoog waarop julle die opvoering gaan doen.

Bespreek die situasie en die omgewing soos julle dit ervaar.

Stel idees voor oor hoe die ‘verhoog’ sal lyk tydens die opvoering.

Oefening 2: Karakterisering

Kies vir jou ‘n karakter.

Bespreek die verskillende karaktereienskappe van julle karakters.

Gaan op die verhoog in karakter en ondersoek die toneel.

Bespreek die kostuums en rekwisiete vir elke karakter.

Oefening 3: Improvisasie

Bespreek die kwessie en hoe elke karakter die probleem sal oplos.

Vind idees en oplossings.

Ontwikkel aksies en dialoog vir jou karakter sodat die probleem opgelos kan word.

Improviseer ‘n kort toneel in die omgewing.

Kies aspekte van die improvisasie en sit dit bymekaar om tonele vir die toneelstuk te kies.

Repeteer die tonele.

Voer die toneelstuk op.

Die toneelstuk moet nie langer as 10 minute duur nie.

Assessering

LU 4

UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE Die leerder is in staat om veelvuldige vorme van kommunikasie en uitdrukking in kuns en kultuur te ontleed en te gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

DRAMA (4.2)

  • sosiale, kulturele of omgewingsvraagstukke deur middel van verskillende dramategnieke, soos tablo’s, verbale dinamikareekse of rolspel dramatiseer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10976/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask