<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 9

Module 6

Om ’n spesifieke tekssoort vir inligting deur te lees

Aktiwiteit 1:

Om ’n spesifieke tekssoort vir inligting deur te lees, om die geldigheid van argumente te beoordeel en om gevolgtrekkings te maak

  • Probeer hierdie keer ’n ander aanslag: lees/bestudeer eers die vrae en gaan dan na die teks.
  • Onthou, as die vraag drie punte tel, beteken dit nie drie feite nie. Jy kry volpunte as jou feit korrek is en daar is geen taalfoute nie. Twee punte verdien jy met ’n korrekte feit, maar daar is taalfoute, jou antwoord is lomp of jy het met ‘maar’, ‘want’, ens. begin. Vir gedeeltelike begrip verdien jy een punt.

Krokodil Dundee duik toe op in woestynwêreld by Keetmans

Frieda le Roux

Was dit nie vir sy skurwe vel en effense gryns nie, was Dundee, die avontuurlustige krokodil wat verlede week in die suide van Nami­bië weggeraak het, vandag een van Windhoek se mees hubare vry­geselle.

Ja, die Indiana Jones van krokodille, wat ses dae lank in die sand-en-woestynwêreld in Keetmanshoop se omgewing rondgedwaal het nadat hy verlede Dinsdag van ’n bakkie geval het, is gevind.

En te oordeel aan die reaksie van veral besoekers aan die Windhoek-skou, waar Dundee saam met 92 ander reptiele van die Kaapstadse Slangpark kuier, is dit ’n gewilde kêrel hierdie.

Op die vraag of die krok deel in die vreugde van sy oppasser om weer “tuis” te wees, het mnr. Bryan Vorster gesê dis moeilik om te weet. “Krokodille het nou maar een maal nie ’n vriendelike geaardheid nie.”

Dundee was Saterdagmiddag besig om die pad sowat 110 km suid van Keetmanshoop oor te steek toe ’n baie verbaasde mnr. Pieter Mostert hom sien. “My vrou probeer my nog wysmaak dis net ’n groot likke­waan, maar ek kon mos sien dis ’n krokodil daardie,” het mnr. Mostert giser vanuit Omaruru, in die noorde van die land vertel.

Nadat hy met die hulp van mnr. André Lotter van die plaas Goibeb die krokodil gevang en toe sy bek toegebind het, het hulle Vorster gebel om te hoor wat hulle te doen staan. “Ons het hom natgegooi en toe, soos Vorster voorgestel het, die tuinslang by die krokodil se bek gesit. Jy kon letterlik sien hoe swel sy pens.”

Die vermoede was dat Dundee sou vrek weens ontwatering as hy nie gevind – of geslag – sou word nie.

Mostert, wat byna 30 jaar ’n natuurbewaarder was voordat hy onlangs as toergids begin werk het, sê dis die snaaksste ding wat hom al oor­gekom het. Hy het spesiaal gekyk of daar enige seerplekke aan Dun­dee se lyf is weens die vallery uit die bakkie, maar kon niks vind nie.

Vorster, wat Sondag iemand gestuur het om Dundee te gaan haal, sê dis moeilik om te sê hoe ver die krok in werklikheid gestap het omdat hulle nie weet presies waar sy omswerwinge begin het nie.

“By ons aankoms op Keetmanshoop verlede Dinsdag was hy weg. Op ons vorige stilhouplek, Grünau, was hy nog daar. Iewers in hierdie 300 km het hy geval uit die bakkie, wat gesluit was.”

Hy het gesê daar was ’n “swak plek” in die slot en ’n stampie het vermoedelik die bak laat oopgaan.

Intussen is die opgestopte krokodil verwyder uit Dundee se hok op die Windhoek-skou om plek te maak vir die ware Jakob, wat tot Saterdag die stad se inwoners sal vermaak.

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask