<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 5

Die aarde en die heelal

Module 18

Die seisoene

Aktiwiteit:

Om die verskynsel van dag en nag en die wisseling van seisoene te kan beskryf

[lu 1.3; 2.2]

Dag en nag

Die aarde wentel voortdurend om sy eie denkbeeldige as. Hierdie denkbeeldige as lê min of meer Noord-Suid (van die Noordpool na die Suidpool). Ons noem dit die aarde se aswenteling .

Een wenteling van die aarde om sy eie as duur 24 uur en dit is hoekom daar in elke 24 uur ‘n dag en ‘n nag is.

Dag : die toestand op die deel van die aarde wat na die son toe wys.

Nag : die toestand op die deel van die aarde wat weg van die son af wys.

Soos die dag vorder van vroeg die oggend tot om 12-uur middag, lyk dit asof die son teen die hemelruim opbeweeg, maar dit is natuurlik die aarde wat beweeg. In die middag lyk dit asof die son afbeweeg (sak).

Seisoene

Die wentelbaan van die aarde om die son neem die vorm van ‘n langwerpige sirkel aan, wat ons ‘n ellips noem. Dit neem die aarde een jaar (365¼ dag) om eenmaal om die son te beweeg.

Kyk mooi na die illustrasie hierbo. Jy sal oplet dat die aarde skuins lê ten opsigte van sy denkbeeldige as. Dit beteken dat vir een helfte van die omwenteling die onderste helfte (Suidelike Halfrond) gedurende dag en nag nader aan die son lê as die boonste helfte, terwyl dit tydens die ander helfte van die omwenteling andersom is. Dan lê die Noordelike Halfrond nader en die suidelike een verder. Onthou dat ons van die ewenaar praat as ‘n denkbeeldige lyn wat die aardbol in twee enerse helftes verdeel: die Noordelike en die Suidelike Halfrond.

Groepwerk

Verdeel in groepe van vyf. Elke groep kry vier tennisballe, vier breinaalde en ‘n flits. Steek die breinaalde deur die tennisballe sodat dit ‘n as vorm waar rondom die bal kan draai. Maak nou ‘n duidelike kol op die onderste helfte van die bal (Suidelike Halfrond). ‘n Bal waarvan die twee helftes verskillend gekleurd is, werk nog beter en die kol is dan onnodig. Die naald word dan op so ‘n manier deurgesteek dat die een kleur die boonste halfrond vorm en die ander die Suidelike Halfrond.

Een groeplid neem die flits en staan op sy knieë. Die ander vier neem elk ‘n naald met bal, hou dit in dieselfde skuins posisie en staan dan in ‘n ellips om die een met die flits.

Onthou:

Twee moet nader aan die flits wees en die ander twee verder (ellips).

By een van die twee wat verste staan, moet die naald se bopunt na die flits toe wys, en by die ander een die onderpunt.

Die twee wat naby die persoon met die flits staan, hou hulle naalde presies soos die ander twee. Die punte van hulle naalde wys dus nie in die rigting van die flits nie.

Draai die balle om hul asse terwyl die flits op hulle skyn (die een na die ander): eers nommer 1, dan 2, 3 en 4.

Beskryf as groep hoe die model die verskynsel van die vier seisoene illustreer.

Voltooi die volgende:

Dit is ( somer of winter ) in die Suidelike Halfrond wanneer die

noordpool ( naaste aan of verste van ) die son is.

Tydens herfs en lente is die ewe ver van die son af.

Assessering

LU 1

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1 ondersoeke beplan;

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting onthou;

2.2 inligting kategoriseer en eie reëls vir kategorisering verduidelik.

Memorandum

Doen gerus moeite met die groepwerk. Maak seker dat die leerders die inklinasie van die aarde en hoe dit die seisoene bepaal, verstaan. Hulle moet nie dag en nag (asomwenteling) en seisoene (wenteling om die son) verwar nie.

Antwoorde:

  • winter….. naaste aan.. of …somer... verste van…
  • …noordpool en suidpool…

Questions & Answers

if three forces F1.f2 .f3 act at a point on a Cartesian plane in the daigram .....so if the question says write down the x and y components ..... I really don't understand
Syamthanda Reply
hey , can you please explain oxidation reaction & redox ?
Boitumelo Reply
hey , can you please explain oxidation reaction and redox ?
Boitumelo
for grade 12 or grade 11?
Sibulele
the value of V1 and V2
Tumelo Reply
advantages of electrons in a circuit
Rethabile Reply
we're do you find electromagnetism past papers
Ntombifuthi
what a normal force
Tholulwazi Reply
it is the force or component of the force that the surface exert on an object incontact with it and which acts perpendicular to the surface
Sihle
what is physics?
Petrus Reply
what is the half reaction of Potassium and chlorine
Anna Reply
how to calculate coefficient of static friction
Lisa Reply
how to calculate static friction
Lisa
How to calculate a current
Tumelo
how to calculate the magnitude of horizontal component of the applied force
Mogano
How to calculate force
Monambi
a structure of a thermocouple used to measure inner temperature
Anna Reply
a fixed gas of a mass is held at standard pressure temperature of 15 degrees Celsius .Calculate the temperature of the gas in Celsius if the pressure is changed to 2×10 to the power 4
Amahle Reply
How is energy being used in bonding?
Raymond Reply
what is acceleration
Syamthanda Reply
a rate of change in velocity of an object whith respect to time
Khuthadzo
how can we find the moment of torque of a circular object
Kidist
Acceleration is a rate of change in velocity.
Justice
t =r×f
Khuthadzo
how to calculate tension by substitution
Precious Reply
hi
Shongi
hi
Leago
use fnet method. how many obects are being calculated ?
Khuthadzo
khuthadzo hii
Hulisani
how to calculate acceleration and tension force
Lungile Reply
you use Fnet equals ma , newtoms second law formula
Masego
please help me with vectors in two dimensions
Mulaudzi Reply
how to calculate normal force
Mulaudzi
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10980/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask