<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Opsomming

  • Figure kan voorgestel word op die Cartesiese vlak
  • Die formule om die afstand tussen twee punte te vind:
    Afstand = ( x 1 - x 2 ) 2 + ( y 1 - y 2 ) 2
  • Die formule om die gradiënt van 'n lyn te vind:
    Gradiënt = y 2 - y 1 x 2 - x 1
  • Die formule om die middelpunt van die lyn tussen twee punte te vind:
    S x 1 + x 2 2 ; y 1 + y 2 2
  • As twee lyne parallel is, sal hulle dieselfde gradiënt hê: m AB = m CD . As twee lyne loodreg is op mekaar, dan het ons: - 1 m AB = m CD

Koördinaatmeetkunde

  1. In die gegewe diagram is die hoekpunte van 'n veelhoek F(2;0), G(1;5), H(3;7) en I(7;2).
    1. Wat is die lengtes van die sye van FGHI?
    2. Is die teenoorstaande sye van FGHI parallel?
    3. Halveer die hoeklyne van FGHI mekaar?
    4. Watter tipe veelhoek is FGHI? Gee redes vir jou antwoord.
  2. 'n Veelhoek ABCD met hoekpunte A(3;2), B(1;7), C(4;5) en D(1;3) word gegee.
    1. Teken die veelhoek.
    2. Bepaal die sylengtes van die veelhoek.
  3. ABCD is 'n veelhoek met hoekpunte A(0;3), B(4;3), C(5;-1) en D(-1;-1).
    1. Wys dat:
      1. AD = BC
      2. AB DC
    2. Benoem ABCD.
    3. Wys dat die hoeklyne AC en BD mekaar nie halveer nie.
  4. P, Q, R en S is die punte (-2;0), (2;3), (5;3) en (-3;-3) onderskeidelik.
    1. Wys dat:
      1. SR = 2PQ
      2. SR PQ
    2. Bereken:
      1. PS
      2. QR
    3. Watter tipe veelhoek is PQRS? Gee redes vir jou antwoord.
  5. EFGH is 'n parallelogram met hoekpunte E(-1;2), F(-2;-1) en G(2;0). Vind die koördinate van H deur gebruik te maak van die feit dat die hoeklyne van 'n parallelogram mekaar halveer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask