<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Middelpunt van 'n lynstuk

Soms is dit nuttig om die koördinate van 'n lyn se middel of middelpunt te hê. Byvoorbeeld: wat is die middelpunt van die lynstuk tussen punt P met koördinate ( 2 ; 1 ) en punt Q met koördinate ( - 2 ; - 2 ) ?

Die koördinate van die middelpunt van 'n lyn tussen enige twee punte A en B met koördinate ( x 1 ; y 1 ) en ( x 2 ; y 2 ) , word as volg bereken. Gestel die middelpunt van A B is die punt S met koördinate ( X ; Y ) . Die doel is om te bereken X en Y in terme van ( x 1 ; y 1 ) en ( x 2 ; y 2 ) .

X = x 1 + x 2 2 Y = y 1 + y 2 2 S x 1 + x 2 2 ; y 1 + y 2 2

Dus die koördinate van ( S ), die middelpunt van die lyn tussen punt P met koördinate ( 2 ; 1 ) en punt Q met koördinate ( - 2 ; - 2 ) , is:

X = x 1 + x 2 2 = - 2 + 2 2 = 0 Y = y 1 + y 2 2 = - 2 + 1 2 = - 1 2 S is by ( 0 ; - 1 2 )

Dit kan bewys word dat die afstande vanaf die eindpunte na die middelpunt gelyk is. Die koördinate van die middelpunt S is ( 0 ; - 0 , 5 ) .

P S = ( x 1 - x 2 ) 2 + ( y 1 - y 2 ) 2 = ( 0 - 2 ) 2 + ( - 0 . 5 - 1 ) 2 = ( - 2 ) 2 + ( - 1 . 5 ) 2 = 4 + 2 . 25 = 6 . 25

en

Q S = ( x 1 - x 2 ) 2 + ( y 1 - y 2 ) 2 = ( 0 - ( - 2 ) ) 2 + ( - 0 . 5 - ( - 2 ) ) 2 = ( 0 + 2 ) ) 2 + ( - 0 . 5 + 2 ) ) 2 = ( 2 ) ) 2 + ( + 1 . 5 ) ) 2 = 4 + 2 . 25 = 6 . 25

Daar kan gesien word dat P S = Q S soos verwag is.

Die volgende video verskaf 'n opsomming oor die berekening van die middelpunt van 'n lyn.

Khan akademie video oor die middelpunt van 'n lyn

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask