<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 5

Lewe en lewenswyse

Module 8

Interafhanklikheid van grond, plante en diere

Aktiwiteit:

On die interafhanklikheid van grond, plante en diere te beskryf

[lu 1.1, 1.3]

Plante en diere is afhanklik van mekaar en van die omgewing waarin hulle leef.

Kyk na die volgende voorbeeld van ‘n tipiese voedselketting (begin onder):

  1. Skryf in jou eie woorde hoekom grond belangrik is vir plante.
  1. Diere is baie afhanklik van plante. Hoekom?

Daar is egter ook plante wat giftig is vir die mens of ander diere.

Gevaarlike of giftige plantsoorte

Diere en mense kan geaffekteer word deur giftige plantsoorte wat dalk in weivelde voorkom. Giftige plante kan selfs die dood veroorsaak.

Navorsing

Soek en gee mondelinge terugvoering in groepies van ± vier oor die volgende. Inligting kan in ‘n biblioteek, op die internet of van jou opvoeder verkry word.

  1. Die naam van een plantsoort wat giftig is vir die mens.
  1. Beskryf moontlike simptome van vergiftiging.
  1. Hoe moet so ‘n pasiënt teen die vergiftiging behandel word?

Assessering

LU 1

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

 

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1   ondersoeke beplan;

1.2   ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3       data evalueer en bevindinge kommunikeer;

 

Memorandum

  • Grond is belangrik omdat plante daarin groei.
  • Plante dien as voedsel vir die diere
  • Giftige paddastoele
  • Gewoonlik naarheid, opgooi en maagwerkings.
  • Die maag moet uitgepomp word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10980/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask