<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Diere moet ook leer

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.

Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Soos in die gedig weerspieël word, gaan hierdie module oor die noodsaaklikheid oor onderwys, of dit nou apies is wat dinge moet leer om bewus te word van gevare of Wikus die Welpie wat moet leer om gehoorsaam te wees.

Leerders maak gebruik van ‘n diagram met vrae om hulle te lei om hulle eie storie te skryf.

Nuwe woordeskat met vasleggingsaktiwiteite word bygebring.

Leerders kry geleentheid om self die leesstuk te illustreer, vrae te beantwoord en die stories te dramatiseer.

  • KLANKE EN WOORDBOU

Die dubbelklinkers, oe, ie, ui, ou, eu, ei en die drieletterklinkers, aai, ooi, oei, eeu word in konteks hersien/aangeleer/vasgelê.

  • SKRIF

Aandag word gegee aan die korrekte hantering van skryfgereedskap. Die volgende hoofletters word aangeleer en die klein letters hersien; M, N, L, H, T, I, K, F, E.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Lees wat gebeur het met Wikus by die watergat.

Wikus, pasop! – deel 2

Pappa Leeu maak sy een oog oop en loer onder sy maanhare deur.

“Wikus! Moenie so naby die water speel nie”, brul die leeu.

“Ag, Pappa, ek speel nou so lekker.

Ek stamp die paddas terug in die water.

Pappa moet sien hoe strek hul agterpote as hulle so in die water duik”, sê Wikus.

Leeu laat sy kop sak, tevrede dat dit net ‘n onskuldige speletjie is.

Wikus sien nie die boomstomp wat stadig nader kom nie.

Dit dryf op die water.

Hy skaterlag vir die paddas wat so in die water duik.

Op daardie oomblik lig Leeu weer sy kop.

Soos ‘n weerligstraal skiet hy vorentoe, gryp vir Wikus aan die los vel agter sy nek en jaag met hom die veld in.

Mamma Leeu skrik wakker.

Sy besef onmiddellik wat gebeur het en hardloop agterna.

Daar op die wal lê die grootste krokodil wat sy nog ooit gesien het.

Hy lê met sy bek wawyd oop, net reg om vir Wikus te hap.

Sjoe, dit was ‘n noue ontkoming!

Pappa Leeu vryf saggies oor Wikus se wollerige kop.

Hy is te verlig om met hom te raas, maar sê darem:

“Wikus, jy moet wakker wees vir al die vyande in die bos.

Amper was jy daardie krokodil se aandete!”

LU 3.3.3 LU 3.3.4
  • Teken vir Wikus by die watergat.
LU 4.8
  • Beantwoord die volgende vrae.
Ja Nee
  1. Het ‘n leeu maanhare?
  1. Slaap Wikus onder die boom?
  1. Speel Wikus in die speelpark?
  1. Terg hy die paddas?
  1. Duik die paddas in die water?
  1. Het die leeuwyfie gaan swem?
  1. Het daar ‘n boomstomp op die water gedryf?
  1. Het Pappa Leeu die krokodil gewaar?
  1. Het Pappa Leeu vir Wikus gered?
  1. Het die krokodil vir Wikus gevang?
LU 3.2.1
LU 4.1
  • Klanke om te leer.
r st b bl m sn
  • Waar pas hulle in?

1. Hy …………………………………………………………………. die bootjie.

2. Die …………………………………………………….. het groot, skerp tande.

3. Die ………………………………………………………... lê wit op die berge.

4. Die konstabel ……………………………………………………….. die rower.

5. ‘n Honderd jaar is ‘n ……………………………………………………………

6. Die …………………………………………………………... gee vir ons melk.

7. Die ……………………………………………………………... sit op die rots.

8. Die seuns ………………………………………………………….. op die gras.

LU 3.4.4
  • Sê die woorde en kleur die prentjies volgens die kodes in. Skryf die woord.

aai = blou ooi = geel

oei = rooi eeu = groen

LU 1.1 LU 3.4.4
LU 4.1

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder vir ‘n langer tydperk aandagtig luister en op ‘n stel ingewikkelder instruksies reageer;

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:

3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees:

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:

3.3.3 klank- en ander woordherkennings- en begripsvaardighede gebruik, soos kontekstuele leidrade en die maak van voorspellings ten einde ‘n teks te verstaan;

3.3.4 selfkorrigeringstrategieë gebruik soos herlees, pousering, die oefen van woorde voor hy/sy dit hardop sê;

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

3.4.4 meer komplekse woordfamilies herken;

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leersbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde, sinne en stories illustreer om begrip te toon.

Questions & Answers

how does Neisseria cause meningitis
Nyibol Reply
what is microbiologist
Muhammad Reply
what is errata
Muhammad
is the branch of biology that deals with the study of microorganisms.
Ntefuni Reply
What is microbiology
Mercy Reply
studies of microbes
Louisiaste
when we takee the specimen which lumbar,spin,
Ziyad Reply
How bacteria create energy to survive?
Muhamad Reply
Bacteria doesn't produce energy they are dependent upon their substrate in case of lack of nutrients they are able to make spores which helps them to sustain in harsh environments
_Adnan
But not all bacteria make spores, l mean Eukaryotic cells have Mitochondria which acts as powerhouse for them, since bacteria don't have it, what is the substitution for it?
Muhamad
they make spores
Louisiaste
what is sporadic nd endemic, epidemic
Aminu Reply
the significance of food webs for disease transmission
Abreham
food webs brings about an infection as an individual depends on number of diseased foods or carriers dully.
Mark
explain assimilatory nitrate reduction
Esinniobiwa Reply
Assimilatory nitrate reduction is a process that occurs in some microorganisms, such as bacteria and archaea, in which nitrate (NO3-) is reduced to nitrite (NO2-), and then further reduced to ammonia (NH3).
Elkana
This process is called assimilatory nitrate reduction because the nitrogen that is produced is incorporated in the cells of microorganisms where it can be used in the synthesis of amino acids and other nitrogen products
Elkana
Examples of thermophilic organisms
Shu Reply
Give Examples of thermophilic organisms
Shu
advantages of normal Flora to the host
Micheal Reply
Prevent foreign microbes to the host
Abubakar
they provide healthier benefits to their hosts
ayesha
They are friends to host only when Host immune system is strong and become enemies when the host immune system is weakened . very bad relationship!
Mark
what is cell
faisal Reply
cell is the smallest unit of life
Fauziya
cell is the smallest unit of life
Akanni
ok
Innocent
cell is the structural and functional unit of life
Hasan
is the fundamental units of Life
Musa
what are emergency diseases
Micheal Reply
There are nothing like emergency disease but there are some common medical emergency which can occur simultaneously like Bleeding,heart attack,Breathing difficulties,severe pain heart stock.Hope you will get my point .Have a nice day ❣️
_Adnan
define infection ,prevention and control
Innocent
I think infection prevention and control is the avoidance of all things we do that gives out break of infections and promotion of health practices that promote life
Lubega
Heyy Lubega hussein where are u from?
_Adnan
en français
Adama
which site have a normal flora
ESTHER Reply
Many sites of the body have it Skin Nasal cavity Oral cavity Gastro intestinal tract
Safaa
skin
Asiina
skin,Oral,Nasal,GIt
Sadik
How can Commensal can Bacteria change into pathogen?
Sadik
How can Commensal Bacteria change into pathogen?
Sadik
all
Tesfaye
by fussion
Asiina
what are the advantages of normal Flora to the host
Micheal
what are the ways of control and prevention of nosocomial infection in the hospital
Micheal
what is inflammation
Shelly Reply
part of a tissue or an organ being wounded or bruised.
Wilfred
what term is used to name and classify microorganisms?
Micheal Reply
Binomial nomenclature
adeolu
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask