<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Diere moet ook leer

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.

Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Soos in die gedig weerspieël word, gaan hierdie module oor die noodsaaklikheid oor onderwys, of dit nou apies is wat dinge moet leer om bewus te word van gevare of Wikus die Welpie wat moet leer om gehoorsaam te wees.

Leerders maak gebruik van ‘n diagram met vrae om hulle te lei om hulle eie storie te skryf.

Nuwe woordeskat met vasleggingsaktiwiteite word bygebring.

Leerders kry geleentheid om self die leesstuk te illustreer, vrae te beantwoord en die stories te dramatiseer.

  • KLANKE EN WOORDBOU

Die dubbelklinkers, oe, ie, ui, ou, eu, ei en die drieletterklinkers, aai, ooi, oei, eeu word in konteks hersien/aangeleer/vasgelê.

  • SKRIF

Aandag word gegee aan die korrekte hantering van skryfgereedskap. Die volgende hoofletters word aangeleer en die klein letters hersien; M, N, L, H, T, I, K, F, E.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Lees en vertel die storie oor .........

Wikus die welpie – deel 1

Wikus was leeu se oogappel.

Sy ma was net so trots op hom.

“Hy gaan eendag ‘n pragtige, sterk leeu wees”, brul Pappa Leeu en stoot sy bors uit.

“Kyk net watter sterk bene het hy.”

“Ja”, brul Mamma Leeu.

“Hy sit al die ander welpies onder. Maar o, toggie! As hy net meer gehoorsaam wil wees.

Daar is nie ‘n bang haar op sy kop nie en soms sien hy nie die gevaar raak nie. Gister moes ek hom vinnig van ‘n ystervark wegsleep, omdat hy hom oor en oor met sy voorpoot geklap het. Hy was net reg om hom vol penne te skiet.” “Ja”, brul die groot leeu.

“Soms is hy baie ongehoorsaam en wil nie luister na al die gevare in die bos nie. Ek sal hom weer onder hande moet neem”.

Leeu gaan lê in die skaduwee van die groot boom en rek hom luilekker uit terwyl hy een oog op Wikus hou.

Sy ma, die leeuwyfie, lê agter sy rug en gaap met so ‘n wye bek dat al haar skerp tande sigbaar word.

(word vervolg......)

LU 1.3.3 LU 2.3 LU 3.2.1
  • Teken die prentjie.
  • Vertel in jou eie woorde wat beteken ..............

1. Hy sit al die ander welpies onder.

Dit beteken ……………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

2. Daar is nie ‘n bang haar op sy kop nie.

Dit beteken ……………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

3. Ek sal hom weer onder hande neem.

Dit beteken ……………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

4. Dat al haar sterk tande sigbaar word.

Dit beteken ……………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

LU 3.3.3 LU 4.6.1 LU 4.8
LU 4.1
  • Leer hierdie klanke
r kr sl m dr fr b m vl g h l n str
  • Waar pas hulle in?

1. Die wind ………………………………………………………….. sterk buite.

2. Ma maak heerlike ………………………………………………………………

3. Jou rok is ……………………………………………………………………….

4. Hy ……………………………………………………….. die bal oor die muur.

5. Die swart ………………………………………………………. sit op die paal.

6. Die ………………………………………………………………. byt die hond.

7. Ek ………………………………………………………… jou na my partytjie.

8. Gaan stadig om die ……………………………………………………………..

LU 3.4.4
  • Nuwe woorde ................
  • Teken die volgende.
‘n Leeu met maanhare.
‘n Padda met agterpote.
‘n Weerligstraal.
‘n Krokodil.
‘n Wollerige Wikus.
‘n Lekker aandete.
LU 3.3.5 LU 4.8

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na kort stories, rympies, gedigte en liedjies uit verskeie kulture luister en begrip toon;

1.3.3 voorspel wat gaan gebeur;

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige stories met ‘n begin, middel en einde skep en vertel deur beskrywende taal te gebruik en herhaling te vermy;

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:

3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees:

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:

3.3.5 lettergrepe gebruik om woorde te lees;

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

3.4.4 meer komplekse woordfamilies herken;

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leersbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde, sinne en stories illustreer om begrip te toon.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask