<< Chapter < Page Chapter >> Page >

HET JY GEWEET?

Ons lees 43 685 as: Drie en veertigduisend seshonderd vyf en tagtig

5. In ons alledaagse lewe is dit belangrik om getalle ook korrek in woorde te kan uitspreek, want dit sal ons help om getalle met mekaar te vergelyk. Skryf nou die volgende getalle in woorde:

5.1 23 918 _________________________________________________________

5.2 47 007 _________________________________________________________

6. ‘n Getallelyn kan jou help om getalle makliker voor te stel. Jy kan “sien” waar hulle op die getallelyn lê en hulle so beter met mekaar vergelyk. Kyk goed na die getallelyn hieronder.

6.1 ‘n Getallelyn kan jou help om getalle makliker voor te stel. Jy kan “sien” waar hulle op die getallelyn lê en hulle so beter met mekaar vergelyk. Kyk goed na die getallelyn hieronder.

A: __________________________________________________________________

B: __________________________________________________________________

C: __________________________________________________________________

D: __________________________________________________________________

E: __________________________________________________________________

6.2 Maak nou beurte met ’n maat en wys waar die volgende getalle op die getallelyn sal lê. Gebruik ’n pyltjie:

a) 8 979

b) 11 003

c) 12 250

d) 14 997

e) 16 016

7. Dit is belangrik dat ons antwoorde korrek moet kan bereken. Om dit te kan doen, moet ons eers besluit watter bewerking uitgevoer moet word. Besluit watter bewerking julle by elke vraag gaan gebruik om die antwoord te bereken. Vul dan die ontbrekende getalle in. Vergelyk dan jou werk met ‘n maat s’n.

7.1 10 000 = ___________________________________________ duisende

7.2 10 000 = ___________________________________________ honderde

7.3 10 000 = ___________________________________________ tiene

7.4 6 × 10 × 10 × 10 × 10 = ______________________________________

7.5 500 × ________________________________________________ = 50 000

7.6 3 000 × _______________________________________________ = 30 000

7.7 26 567 is 10 000 minder as ________________________________________

7.8 ________________________________________ is 10 000 meer as 6 824

7.9 _________________________________________is 50 000 minder as 53 612

7.10 15 000 lê presies halfpad tussen _______________________ en 20 000

KOM ONS HERSIEN!

ONTHOU JY NOG?

As jy gevra word om bv. 627 tot die naaste 10 af te rond, is dit net ’n ander manier om te vra:

Is 627 nader aan 630 of 620?

Kom ons kyk na die getallelyn

627 is nader aan 630. As ons dus 627 afrond tot die naaste 10, is die antwoord 630.

LET WEL:

As die getalle presies halfpad tussen twee getalle lê, bv. 625, rond ons na bo af. Die antwoord is dus 630.

Kom ons hersien nou verder

Uitdaging

Kan jy nou die volgende voltooi?

1. Afronding kan jou baie help om antwoorde vinnig te skat . So kan jy gou bepaal wat ‘n antwoord min of meer moet wees. Gebruik nou jou bestaande kennis oor afronding en beantwoord die volgende vrae:

Rond af tot die naaste 100:

1.1

a) 624 ___________________

b) 896 ___________________

c) 450 ___________________

d) 1 239 ___________________

Rond af tot die naaste 1 000:

1.2

a) 3 429 ___________________

b) 8 140 ___________________

c) 25 712 ___________________

d) 56 500 ___________________

1.3 Waar of Onwaar?

a) 249 afgerond tot die naaste 100, is 200____________________________

b) 587 afgerond tot die naaste 100, is 600____________________________

c) 111 450 afgerond tot die naaste 1 000, is 11 000_______________________

d) 23 811 afgerond tot die naaste 1 000, is 24 000_______________________

AANTAL KORREK KODE
1 – 4 1
5 – 8 2
9 – 12 3
13 – 15 4

Speel ‘n speletjie

Werk saam met ’n maat. Gebruik ’n pak speelkaarte waarvan die 10, Boer, Koningin, Koning, A en Swart Piet ( Joker ) verwyder is.

  • Speler A kies enige vyf kaarte en draai hul met gesigte na bo. Bv. 5 ; 7 ; 1 ; 2 ; 1
  • Speler B moet die kaarte nou so rangskik dat die grootste moontlike getal verkry word, bv. 75 321. Skryf dit neer.
  • Speler B rangskik dan die kaarte sodat die kleinste moontlike getal gevorm word, bv. 12 357. Skryf dit neer.
  • Speler B bereken nou die verskil tussen die 2 getalle met behulp van ’n sakrekenaar.
  • Maak beurte om die opdragte uit te voer en vergelyk jul antwoorde.
  • Is daar enige patroon?

TYD VIR SELFASSESSERING

In hierdie stadium wil ons graag weet hoe JY voel oor die werk wat ons tot dusver gedoen het. Wees eerlik en kleur die regte gesiggie in:

  • Ek ken die 8×, 9× tot 12× tafels en het die patrone in elk gesien
______ ______ ______
  • Ek verstaan wat tienduisende beteken
______ ______ ______
Ek kan getalle van ’n getallelyn aflees ______ ______ ______
Ek kan korrek afrond tot die naaste 100 ______ ______ ______
Ek kan korrek afrond tot die naaste 1 000 ______ ______ ______

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder getalle herken en voorstel sodat dit beskryf en vergelyk kan word:

1.3.1 heelgetalle tot minstens 6-syfergetalle;

1.3.6 veelvoude van enkelsyfergetalle tot minstens 100;

1.3.7 faktore van minstens enige 2-syferheelgetal;

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder skat en bereken deur geskikte bewerkings vir die oplossing van probleme te gebruik:

1.8.1 afronding tot die naaste 5, 10, 100 of 1 000;

1.8.2 optel en aftrek van heelgetalle met minstens 5 syfers.

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer wat die volgende behels:

1.9.1 optelling en aftrekking;

1.9.2 vermenigvuldiging van heelgetalle tot minstens 10 × 10.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask