<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 5

Gesondheid en siektes

Module 6

Kinderregte en -verantwoordelikhede

Hersien die twaalf regte en verantwoordelikhede van leerders op bladsy 11. Dit is reeds in graad 4 met julle behandel. ‘n Baie belangrike aspek van hierdie reëls is dat dit ook van jou sekere verantwoordelikhede vereis en dat jy ook die regte van ander leerders, jou opvoeders en jou ouers moet eerbiedig.

AKTIWITEIT: OM OOR DIE REGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE VAN LEERDERS TE BESIN

[LU 1.4]

Die klas verdeel in vier groepe. Twee groepe bespreek elkeen ses van die twaalf regte van leerders en twee groepe bespreek elk ses van die twaalf pligte van leerders. Dit is belangrik dat julle besef dat daar vir elke reg ook ‘n plig is. Na die bespreking vertel die eerste groep hoe hulle oor die ses regte voel wat hulle bespreek het. Daarna gee die groep wat die ses ooreenstemmende pligte bespreek het, hulle mening. Die ander twee groepe volg op dieselfde wyse.

( a ) Regte van leerders:

1. Om opgevoed te word en om geestelik en fisiek te ontwikkel

2. Om deur grootmense versorg en gelei te word

3. Om regverdig en met respek behandel te word

4. Om toegang te hê tot inligting

5. Om die kans te hê om ‘n bydrae te lewer in die gemeenskap

6. Om binne ‘n veilige omgewing te wees wat leer verseker

7. Om teen jou eie pas te ontwikkel

8. Om na die hoogste standaarde te mik

9. Om soos ‘n individu behandel te word

10. Om deur opgeleide opvoeders onderrig te word

11. Om onderrig te ontvang en te mag praat in die taal van jou keuse

12. Om toegelaat te word om jou kultuur en geloofsoortuigings uit te leef.

( b ) Verantwoordelikhede van leerders:

1. Om te luister, te leer en bereid te wees om opgevoed te word

2. Om grootmense te respekteer en te ondersteun

3. Om ander met waardigheid en respek te behandel en daarop ingestel te wees om hulle regte te beskerm

4. Om ander toe te laat en te help om te kommunikeer

5. Om saam met ander onderrig te word en hulle ook te help leer

6. Om met ander saam te werk en ‘n veilige omgewing te verseker

7. Om verskille in ander mense waar te neem, te aanvaar en te respekteer

8. Om toegang tot inligting te soek en fluks te werk

9. Om ander as individue te respekteer

10. Om bereid te wees om opgevoed te word, saam te werk en met konsentrasie te luister

11. Om te leer om ander se taalverskille te aanvaar

12. Om bereid te wees om ander se kultuur- en geloofsoortuigings te aanvaar, te respekteer en te help beskerm.

Assessering

LU 1

G ESONDHEIDSBEVORDERING

Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike,gemeenskaps-en omgewingsgesondheid te neem.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1 ondersoek en verslag doen oor maniere om die gehalte van kos en water in verskeie kontekste te bewaar;

1.2 ’n plaaslike omgewingsgesondheidsprobleem ondersoek deur verskillende databronne te gebruik en beplan ’n strategie om die probleem die hoof te bied;

1.3 die simptome herken en oorsake van siektes wat plaaslik voorkom bespreek en strategieë om dit te voorkom;

1.4 die uitwerking van dwelmmisbruik verduidelik op ’n individu se gesondheid en sosiale verhoudings.

Memorandum

Die leerder word voorberei om ‘n verantwoordelike verbruiker te wees en gesonde keuses tov sy eie dieet te maak. Hy word ook toenemend op gesondheidsrisiko’s in sy omgewing en sy verantwoordelikheid met betrekking tot die behoud van gebalanseerde ekosisteme gewys. Waar daar in Graad 4 slegs vlugtig na sekere regte van die kind verwys is, kry die Graad 5-leerders die geleentheid om op hul regte en pligte as landburgers te fokus. Die sensitiewe saak van kindermishandeling word hier aangeroer. Opvoeders moet hulle verantwoordelikheid as konsultant , vertroueling en raadgewer in hierdie verband besef. Dit is hier waar ernstige probleme geïdentifiseer en voorkom kan word. Dit is noodsaaklik dat opvoeders weet wat die korrekte prosedure is as hulle met gevalle van kindermishandeling te doen sou kry. Tydens besprekings oor aansteeklike siektes kan opvoeders ook ‘n groot rol speel in die voorkoming van lewensbedreigende siektes soos TB, cholera en vigs deur hierdie onderwerpe met die nodige erns te benader.

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10982/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask