<< Chapter < Page Chapter >> Page >

2. Vergelyk jul antwoorde met dié van ‘n ander groep.

3. Wys nou een van jul berekenings vir die res van die klas op die bord.

4. Hou ‘n klasbespreking oor die wyse waarop bogenoemde probleme suksesvol opgelos kan word.

Aktiwiteit 7:

Om die gelykwaardigheid en geldigheid van verskillende voorstellings van dieselfde probleem deur vergelyking en bespreking te bepaal [LU 2.6.3]

1. In die vorige aktiwiteit het jy die kans gehad om probleme op te los op ‘n manier wat vir jou die meeste sin gemaak het. Werk nou saam met ’n maat deur die volgende en kyk na die verskillende metodes wat gebruik is.

Die graad 5’s beplan ’n uitstappie na ’n krokodilplaas. Die busse sal 08:45 arriveer en weer om 13:10 vertrek. Hoe lank kan die gr. 5’s op die plaas vertoef?

1.1 Van 08:45 tot 09:00 : 15 minVan 09:00 tot 13:00 : 4 uurVan 13:00 tot 13:10 : 10 min

Dus: Tydsduur: 4 uur + 15 min + 10 min= 4 uur 25 min

1.2 Van 08:45 tot 13:45 is dit 5 uurDit is egter 35 minute te veel.5 uur – 35 min = 4 uur 25 min

1.3 Ek bereken dit so: 13 uur 10 min = 12 uur 70 min − 08 uur 45 min − 08 uur 45 min 4 uur 35 min

2. Wie se metode verkies jy?

Hoekom?

Aktiwiteit 8:

Om probleme op te los wat die kies van berekening met en herlei van standaard-eenhede insluit [LU 4.6]

  1. Kyk of jy die volgende op jou eie kan oplos.
Getye in Tafelbaai
Hoogwater
Vandag : 06:52 en 19:24
Môre : 07:38 en 20:15
Laagwater
Vandag : 00:54 en 12:40
Môre : 01:41 en 13:40

Kyk na die getye in Tafelbaai.

1.1 Hoeveel uur en minute verloop tussen “vandag” se twee hoogwater-tye?

1.2 Hoeveel ure en minute verloop tussen “more” se twee laagwatertye?

2. Die taxi’s vertrek elke 25 minute vanaf Kaapstad stasie. As die eerste een 06:15 vertrek, skryf die vertrektye van die volgende 9 taxi’s neer.

3. Skryf die volgende tye neer (internasionale / digitale tyd).

3.1 10 minute vroeër as 08:35 ..................................................

3.2 27 minute vroeër as 17:15 ..................................................

3.3 38 minute vroeër as 22:00 ..................................................

3.4 45 minute vroeër as 04:55 ..................................................

Aktiwiteit 9:

Om die gelykwaardigheid en geldigheid van verskillende voorstellings van dieselfde probleem deur vergelyking en bespreking te bepaal [LU 2.6.1]

  1. In hierdie aktiwiteit het jy weer die geleentheid om saam met maats na verskillende oplossings vir dieselfde probleem te kyk. Verdeel in groepe van drie. Bespreek die volgende probleem en oplossings (metodes) en verduidelik dit vir ‘n maat wat dit nie so goed soos jy verstaan nie.

Loretta oefen gimnastiek soos volg:

Maandag: 2 uur 40 min

Woensdag: 1 uur 55 min

Donderdag: 3 uur 18 min

Hoeveel tyd het sy altesaam aan haar oefeninge bestee?

1.1 2 uur 40 min + 1 uur 55 min + 3 uur 18 min

2 uur + 1 uur + 3 uur = 6 uur 40 min + 55 min + 18 min = 113 min = 1 uur 53 min Dus: 6 uur + 1 uur + 53 min = 7 uur 53 min

1.2 Ek verkies om dit onder mekaar te skryf:

2 uur 40 min

1 uur 55 min

3 uur 18 min

6 uur 113 min

= 6 uur + 1 uur + 53 min (113 min = 1 uur 53 min)

= 7 uur 53 min

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask