<< Chapter < Page Chapter >> Page >

1 week:

1 1 4 size 12{ { { size 8{1} } over { size 8{4} } } } {} dag:

360 min:

1.4 Hoeveel dae is daar in

8 weke:

264 uur:

1 2 size 12{ { { size 8{1} } over { size 8{2} } } } {} jaar :

2 skrikkeljare:

KOPKRAPPER!

Hoeveel jaar is daar in 2 eeue, 9 dekades, 72 maande en 156 weke?

KOM ONS KYK NA HORLOSIES EN LEES TYD

Het jy geweet?

Galileo, ’n beroemde wetenskaplike van Italië, het pendulums (of slingers) bestudeer. Die eerste horlosies is gemaak deur pendulums te gebruik.

UITDAGING!

Maak jou eie pendulum! Maak ’n klip aan ’n stuk tou vas. Knoop dan die punt van die tou aan ’n boomtak vas en laat die klip heen en weer swaai.

Neem ’n stophorlosie en kyk hoe lank dit duur vir die klip om 10 keer heen en weer te swaai. ..............................

Maak die tou korter en neem weer die tyd vir 10 soortgelyke swaaie. Wat merk jy op? ..............................

Bind nou ’n ligter klippie vas en neem die tyd vir 10 soortgelyke swaaie. Wat merk jy nou op? ..............................

Aktiwiteit 5:

Om analoog-, digitale en 24-uur-tyd tot minstens die naaste minuut en sekonde te lees, te sê en te skryf [LU 4.1]

Dit is van kardinale belang dat ons sal verstaan hoe om die verskillende horlosies se tyd te lees, want ons hele lewe draai om tyd en dit sal bepaal of ons betyds of laat vir ons afsprake gaan wees.

1. KOM ONS HOU ’n KLASBESPREKING

1.1 Wat is die verskil tussen ’n “analoog-” horlosie en ’n “digitale” horlosie?

1.2 Wat is die funksie van die lang en die kort wyser van die “analoog-” horlosie?

1.3 Wanneer gebruik ons “oor” en wanneer “voor” by die “analoog-” horlosie?

1.4 Wat dui die eerste twee syfers op ’n digitale horlosie aan?

1.5 Wat dui die laaste twee syfers op ’n digitale horlosie aan?

1.6 Waarvoor staan die afkortings “vm.” en “nm.”?

Onthou jy nog?

Die internasionale skryfwyse (notasie) vir tyd maak van die 24 uur-horlosie gebruik. Ons skryf dit dus soos jy die tyd op ’n digitale horlosie sien. Onthou dat daar altyd twee syfers voor en na die dubbelpunt moet wees!

2. Gee die internasionale skryfwyse vir die volgende:

2.1 20 minute oor 6 in die oggend

2.2 half 7 in die aand

2.3 kwart voor 4 in die middag

2.4 middernag

2.5 18 minute voor 3 in die oggend

2.6 24 minute voor 9 in die aand

2.7 kwart oor 5 in die middag

TYDSDUUR

Onthou!

Daar is ’n verskil tussen tydstip en tydsduur !

Tydstip : hoe laat dit is , bv. aguur

Tydsduur : hoe lank dit neem , bv. ’n rit van die Kaap tot in Worcester neem ’n uur en ’n half

Aktiwiteit 6:

Om probleme op te los wat die kies van berekening met en herlei van standaardeenhede insluit [LU 4.6]

1. Verdeel in groepe van drie. Vra jul opvoeder vir die nodige papier en kyk of jul die antwoorde vir die volgende kan vind:

  • Mvesi vertrek per taxi na sy familie in Middelburg, Kaap. As hy 09:15 uit Kaapstad vertrek en 17:05 in Middelburg aankom, hoe lank het die rit geduur?
  • ‘n Atleet hardloop die Twee Oseane-marathon en spring om 06:15 weg. Dit neem hom 8 uur en 20 minute om die wedloop te voltooi. Tot hoe laat het hy gehardloop?
  • Dudu is 11 jaar en 3 maande oud. Sy pa, mnr. Sooliman, is 39 jaar en 11 maande oud. Wat is die gesamentlike ouderdom van die twee?
  • Mnr. Katlego het vir 9 maande en 2 weke oorsee gewerk, terwyl mev. Solomons vir 4 maande en 3 weke oorsee getoer het. Wat is die verskil in tyd wat die twee nie in Suid-Afrika was nie?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask