<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 4

Wie is ek?

Module 5

Wie is dit?

Aktiwiteit 1

Om vrae te beantwoord waaroor goed gedink moet word [lu 5.2.1]

Wie kan dit wees?

Lees die volgende versie op jou eie deur en beantwoord die vragies wat volg in julle groepe.

WIE KAN DIT WEES

Ek loer oor die brug se rand

en skrik so groot, want

vanuit die water daar onder

staar ‘n klein outjie na my.

Wie is hy wat hom so sonder

om te blik of te bloos aan my verwonder?

Hy’s ‘n regte na-aper;

knipoog, steek tong uit,

draai sy kop en maak sy mond tuit.

Sy hare, oë, mond en kennebak

lyk so bekend en tog,

wonder ek nog,

wie die mens in die water is,

want ‘n bekende is hy beslis.

Skryf die antwoorde groot en duidelik op ongedrukte koerantpapier om vir die ander groepe te wys. Skryf dan jou eie antwoord onder elke vraag neer.

a) Waar het die kind gestaan?

................................................................................................................

............................................................................................................(1)

b) Was dit ‘n seuntjie of ‘n dogtertjie? Hoekom sê jy so?

................................................................................................................

................................................................................................................

..............................................................................................................(2)

c) Wat het die kind gesien? (Vertel in jou eie woorde)

.................................................................................................................

.................................................................................................................

.............................................................................................................(2)

d) Beskryf baie kortliks wat ‘n na-aper is?

.................................................................................................................

.................................................................................................................

..............................................................................................................(2)

e) Noem twee dinge wat die na-aper gedoen het.

.................................................................................................................

.................................................................................................................

..............................................................................................................(2)

f) Wie dink jy was die na-aper?

...................................................................................................................

...............................................................................................................(1)

Aktiwiteit 2

Om rolspel te doen [lu 2.2.1]

Wat sê die spieël?

Draai na jou maat en doen ‘n rolspel waardeur jou maat die rol van ‘n pratende spieël speel en vir jou vertel wat hy/sy sien. Jy moet weer vir jou maat vertel wat jy sien.

Maak gebruik van die kontrolelys om seker te maak dat jy alle moontlike kenmerke van jou maat beskryf.

Ek is baie jammer, maar mooier sal jy nie word nie.

Beskryf jou maat volgens:

kleur van oë .................................................................

kleur en lengte van hare ...............................................

vorm van die gesig en neus ...............................................

enige iets interessants van die ken, wange, ore en sproete. ………………….

Aktiwiteit 3

Om ‘n eenvoudige plakkaat te maak [lu 4.4.1]

Ons kan geluide maak

Soek saam met ‘n maat prente in ou tydskrifte wat voorstellings kan wees van mense wat besig is om enige geluid te maak, bv. huil, lag, gesels, fluister, skree, juig, sing, fluit.

Knip die prente uit en plak dit in die ruimte hieronder. Skryf by die prente watter geluid jy dink elkeen maak.

Assessering

Leeruitkoms 2: praat

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.2 op kultureel gepaste maniere optree:

2.2.1 bekende situasies rolspeel (soos gee aanwysings).

Leeruitkoms 4: skryf

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.4 mediatekste ontwerp:

4.4.1 ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing ontwerp.

Leeruitkoms 5: dink en redeneer

Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

5.2 taal gebruik om te dink:

5.2.1 begin om meer komplekse vrae te stel en beantwoord (soos: Hoekom ...? Wat dink jy ...?).

Memorandum

Aktiwiteit 1

(a) op die brug

(b) seuntjie

Die outjie het uit die water na hom gestaar. Hy was ‘n na-aper.

(c) Hy het iemand in die water gesien wat hom aangestaar het en nage-aap het.

(d) Dit is iemand wat ander mense se bewegings nadoen of namaak.

(e) Hy het sy tong uitgesteek.

Hy het geknipoog.

Hy het sy kop gedraai en sy lippe getuit.

(f) Dit was die seun op die brug se weerkaatsing in die water.

Questions & Answers

if three forces F1.f2 .f3 act at a point on a Cartesian plane in the daigram .....so if the question says write down the x and y components ..... I really don't understand
Syamthanda Reply
hey , can you please explain oxidation reaction & redox ?
Boitumelo Reply
hey , can you please explain oxidation reaction and redox ?
Boitumelo
for grade 12 or grade 11?
Sibulele
the value of V1 and V2
Tumelo Reply
advantages of electrons in a circuit
Rethabile Reply
we're do you find electromagnetism past papers
Ntombifuthi
what a normal force
Tholulwazi Reply
it is the force or component of the force that the surface exert on an object incontact with it and which acts perpendicular to the surface
Sihle
what is physics?
Petrus Reply
what is the half reaction of Potassium and chlorine
Anna Reply
how to calculate coefficient of static friction
Lisa Reply
how to calculate static friction
Lisa
How to calculate a current
Tumelo
how to calculate the magnitude of horizontal component of the applied force
Mogano
How to calculate force
Monambi
a structure of a thermocouple used to measure inner temperature
Anna Reply
a fixed gas of a mass is held at standard pressure temperature of 15 degrees Celsius .Calculate the temperature of the gas in Celsius if the pressure is changed to 2×10 to the power 4
Amahle Reply
How is energy being used in bonding?
Raymond Reply
what is acceleration
Syamthanda Reply
a rate of change in velocity of an object whith respect to time
Khuthadzo
how can we find the moment of torque of a circular object
Kidist
Acceleration is a rate of change in velocity.
Justice
t =r×f
Khuthadzo
how to calculate tension by substitution
Precious Reply
hi
Shongi
hi
Leago
use fnet method. how many obects are being calculated ?
Khuthadzo
khuthadzo hii
Hulisani
how to calculate acceleration and tension force
Lungile Reply
you use Fnet equals ma , newtoms second law formula
Masego
please help me with vectors in two dimensions
Mulaudzi Reply
how to calculate normal force
Mulaudzi
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask