<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Getalbegrip, optelling en aftrekking

Aftrekking

Opvoeders afdeling

Memorandum

1.1 56 702

1.2 R226 732

1.3 771 448

1.4 5 568 286

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om probleme in konteks op te los [lu 1.6.1]

Om ‘n reeks tegnieke te gebruik om berekeninge te doen [lu 1.10.1]

1. Verdeel in groepe van drie. Vra jul opvoeder vir die nodige papier en bereken die antwoord van die volgende probleme SONDER ‘n sakrekenaar:

1.1 ‘n Sokkerwedstryd lok 89 643 mense. As daar 32 941 vrouens was, hoeveel mans het die wedstryd bygewoon?

1.2 Meneer Muruvan wil graag ‘n huis van R980 000 koop. Hy het egter net R753 268. Watter bedrag moet hy by die bank leen om die huis te kan koop?

1.3 Die som van twee getalle is 1 025 317. As die een getal 253 869 is, wat is die ander getal?

1.4 In ‘n opname wat in ‘n sekere land met ‘n bevolking van 6 564 321 gemaak is, is bevind dat 996 035 mense nie stemreg gehad het nie. Hoeveel mense kon aan ‘n verkiesing in dié land deelneem?

2. Kontroleer jul antwoorde met ‘n sakrekenaar.

3. Verduidelik aan die res van die klas hoe julle groep die antwoorde bereken het.

4. Vergelyk jul metodes. Hoe verskil hulle van mekaar?

GROEPASSESSERING

Beoordeel jul werk op ‘n skaal van 1 tot 4 deur die toepaslike syfer te omkring.

1 = benodig aandag

2 = redelik goed

3 = baie goed

4 = uitstekend

Kriteria: Kode
Alle groeplede het aan die aktiwiteite deelgeneem. 1 2 3 4
Lede van die groep het na mekaar geluister. 1 2 3 4
Groeplede het mekaar in die groep gehelp en aangemoedig. 1 2 3 4
Elkeen het ‘n kans gekry om te praat. 1 2 3 4
Die groep se werk is netjies gedoen. 1 2 3 4
Die antwoorde is korrek bereken. 1 2 3 4

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en hul verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel. Hulle kan ook met bekwaamheid en vertroue tel, skat, bereken en kontroleer tydens die oplos van probleme.

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme oplos in konteks, insluitend kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van ander leerareas, asook van menseregte-, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies, te bevorder soos:

1.6.1: finansiële kontekste (insluitend koop en verkoop, wins en verlies, eenvoudige begrotings, lees en vertolking van rekeninge, en afslag).

Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n verskeidenheid tegnieke gebruik om sowel skriftelike as hoofberekeninge met heelgetalle te doen, insluitend:

1.10.1: . optelling, aftrekking en vermenigvuldiging in kolomme.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask