<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 4

Module 4

SPELLING, WOORDORDE EN HOOFLETTERS

OPPAS VIR SPELFOUTE

Aktiwiteit 1

Om korrek te spel [LU 6.1.3]

Om spelling in ‘n woordeboek na te gaan [LU 6.1.6]

Kan julle nog onthou wat ‘n klinker is?

  • Skryf die klinkers neer.
  • Die volgende twee klinkers word saam gebruik om ‘n klank voor te stel.

ui - huil

ei - klei

uu - muur

eu - neus

  • Onderstreep die klinkers in die volgende woorde:

vleis

verduidelik

vuurhoutjie

humeur

musiek

  • Maak woorde van die volgende deur die ontbrekende klinkers in te vul.

sn..............ter

fig.............r

v................lig

sl...............tel

kred..........t

  • Dink aan nog voorbeelde van sulke woorde en skryf dit op die lyntjies neer.
  • Skryf nou ook vyf medeklinkers neer.
  1. Toets jou kennis. (Onthou: Jy mag ‘n woordeboek raadpleeg as jy nie seker is nie.)

Onderstreep die korrekte woord.

  • Ek voel (feilig ; vylig ; veilig) by my pa en ma.
  • Stefaans is ‘n (snuitir ; snuiter ; sneiter) van ‘n jaar of tien.
  • Mamma is baie gesteld op haar (figuur ; viguur ; feguur).
  • Kinders moet nie met (fuurhoudjies ; vuurhoutjies ; vuurhoudjies) speel nie.
  • Tallie het sy (hemeur ; humeur ; himeer) verloor en die glas op die vloer stukkend gegooi.
  • Meneer Williams het die som op die bord (verduidelik ; virdeidelik ; verduidelek).
  • Katie dra haar kas se (sletel ; sleutel ; sleetel) aan ‘n toutjie om haar nek.
  • Sondae braai Pappa vir ons ‘n stukkie (vleis ; fleis ; vlies).
  • Mamma het (kridiet ; krediet ; kredeit) by Shoprite, want sy het te veel vir ons kruideniersware betaal.
  • Ek luister graag na (musiek ; misiek ; mesiek) wanneer ek studeer.

Aktiwiteit 2

Om hoofletters korrek te gebruik [LU 6.2.10]

  1. Skryf die volgende sinne oor en bring die hoofletters aan waar nodig.
  1. my naam is isak radyn.

......................................................................................................

......................................................................................................

  1. ek woon in galjoenstraat 18.

.......................................................................................................

.......................................................................................................

  1. my ouers se name is elizabeth en george.

......................................................................................................

.......................................................................................................

  1. net soos fatima, hou ons ook vakansie by die see.

......................................................................................................

......................................................................................................

......................................................................................................

  1. ons gaan gereeld hermanus toe.

......................................................................................................

......................................................................................................

  1. desember-vakansies bly ons in mnr. blou se huis.

......................................................................................................

......................................................................................................

Assessering

LEERUITKOMS 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

6.1 met woorde werk:

6.1.3 dikwels gebruikte woorde korrek spel;

6.1.6 spelling en betekenis in ‘n woordeboek nagaan;

6.2 met sinne werk:

  • hoofletters en punktuasie korrek gebruik: punt, komma, vraagteken, uitroep, aanhalingstekens.

Memorandum

Aktiwiteit 1 (a) (i) a; e; i; o; u.

  1. vl ei s (iv) snuiter

v e rd ui d e l i k figuur

v uu rh ou tj ie veilig

h u m eu r sleutel

m u s ie k krediet

(v) Eie pogings, bv. : luis reier suur seun familie

(vi) Eie voorbeelde

(b) (i) veilig

(ii) snuiter

(iii) figuur

(iv) vuurhoutjies

(v) humeur

(vi) verduidelik

(vii) sleutel

(viii) vleis

(ix) krediet

(x) musiek

Aktiwiteit 2

  1. M y naam is I sak R adyn.

(ii) E k woon in G aljoenstraat 18.

( iii) M y ouers se name is E lizabeth en G eorge.

(iv) N et soos F atima hou ons ook vakansie by die see.

(v) O ns gaan gereeld H ermanus toe.

(vi) D esember-vakansie bly ons in mnr. B lou se huis.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask