<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 8

Module 4

Sosiale geregtigheid

AKTIWITEIT 1

Sosiale geregtigheid

Hierdie verhaal is meer as 75 jaar gelede geskryf, toe omstandighede baie anders as vandag was. Waarna ons nou gaan kyk, is die twee karakters: ’n wit seun, Patrys, en ’n bruin volwasse man, Moos. Die tema van hierdie oefening is SOSIALE GEREGTIGHEID, en ons gaan kyk na die verhouding tussen hulle en hoe die letterkunde van daardie tyd wit en bruin uitgebeeld het. Sjoe, klink darem hoog en moeilik, nè? Maar ons gaan dit op só ’n manier doen dat jy uiteindelik by ’n antwoord sal kan uitkom.

  • JULLE GAAN IN GROEPE WERK, EN JULLE GAAN MET DIE TEKS WERK.
  • Die bedoeling is dat julle in julle groep na sekere aspekte gaan kyk en daaroor gesels en argumenteer en op die ou end by ’n siening (ons noem dit ’n gemotiveerde siening) uitkom.

Lekker werk!

  • GEBRUIK DIE TEKS – VERWYS DUS NA DIE INHOUD EN WOORDE/SINSNEDE AS BEWYSE – EN KYK NA DIE VOLGENDE:
  • Hoe word Patrys voorgestel? Bv.: Wat weet hy alles? Wat kan hy alles doen? en so meer.
  • Hoe word Moos voorgestel? Wat weet hy alles? Wat kan hy alles doen? ens.
  • Hoe is die verhouding tussen die twee? Hoe praat hulle met mekaar? Wat dink hulle van mekaar? Wie is die meerdere en hoekom, en wie is die mindere, en hoekom?
  • Hoe behandel Patrys vir Moos, en omgekeerd?

(Onthou dat die skrywer - ons moet eintlik mos sê die VERTELLER - die twee karakters só teken.)

  • NOU MOET JULLE ‘N BELANGRIKE STANDPUNT INNEEM:
  • Het die letterkunde (en dan nou spesifiek hierdie verhaaltjie) teen bruin mense gediskrimineer/bruin mense as minder menswaardig voorgestel? Motiveer jou antwoord.
  • Dink jy dit was doelbewus so?
LU 2.4

AKTIWITEIT 2

  • Lees die volgenge gedig: Lied van die fietsers deur Antjie Krog. Dit verskyn in Senior Keur , Tafelberg 1992.
  • BEANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE OOR DIE GEDIG:

1 Wat noem ons ’n gedig wat geen vaste struktuur of rymskema het nie? (1)

2 As ons sê dat die gewone dinge wat ’n gedig bymekaar hou, soos ’n vaste struktuur en rym, in hierdie gedig ontbreek, moet die digter tog iets anders gebruik om die gedig sy eenheid te laat behou. Noem minstens TWEE (verstegniese) middele wat die digter in hierdie gedig gebruik om dit te doen. (2)

3 Beskryf kortliks hoe die fietsers lyk. (3)

4 Noem minstens drie verskille tussen die vyfde fietser en die ander. (3)

5 Haal enige twee vergelykings uit die gedig aan. (2)

6 Sê nou wat by elk van hierdie twee vergelykings met mekaar vergelyk word. (4)

7 Skryf enige twee metafore uit strofes 2 en 3 neer. (2)

8 Verduidelik wat die volgende twee sinsnedes beteken: (4)

  • “konakwaberge al langs sy rug af”
  • “’n roeispaan in sy lag”

9 Is hierdie metafore geslaag (pas hulle m.a.w. binne die konteks van die gedig)? Motiveer waarom jy so sê.

10 Wat sê str. 2 en 3, waar ons lees van berge, baaie, pampano’s en riviere, vir ons van die vyfde fietser se omswerwinge? (2)

11 Haal ’n bewys uit die gedig aan dat die fietsers ’n ruk lank vertoef het waar die verteller was. (1)

12 Verduidelik die volgende sinsnedes: (4)

  • “sy skadu ontbind in die verte”
  • “ek verloor hom”

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask