<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 9

Denkvaardighede

Module 4

Kreatiewe denke

Die belangrikste ding wat jy moet onthou is dat denke nie altyd "reg of verkeerd" is nie. Dit is so dat feite korrek moet wees, maar dit wat jy met feite kan maak, dit is 'n ander storie. Ons is tog almal so bang om "verkeerd" te wees en anders te dink as ons maats of onderwysers. Dis belangrik dat ons die vermoë ontwikkel om lateraal te dink. Laterale denke is wyer denke as "reg of verkeerd" denke. Hierdie tipe denke help ons om planne te maak, aan alternatiewe te dink, ens.

Kom ons doen dit weer:

Kies een van die volgende "wat sou gebeur as..."- onderwerpe:

  • Hoe sou dit wees indien alle vensters van plastiek was en nie glas nie?
  • Wat sou gebeur indien almal sewe vingers aan elke hand gehad het?
  • Ek daag jou uit om wyd te dink!
  • Skryf van die beste idees neer. Kikker die idees op met sketse, kleur, woordspeling, ens.

[LU 3.6]

LAAT DIE IDEES ROL!

Hierdie afdeling gaan oor die ontwikkeling van jou kreatiewe denkvermoëns.Baie mense dink aan 'n kreatiewe persoon as iemand wat mooi kan teken, skilder of skryf. Dis veel meer as dit.

Kreatiwiteit beteken om te kan skep, om iets nuut en oorspronklik uit te dink en om ou goed en inligting op nuwe en anderse maniere te kan gebruik en uit te druk.

Die "hoe sou dit wees as..."-oefeninge is voorbeelde van hoe ons ons kreatiewe "spiere" kan oefen.

  • Hierdie volgende faktore moet in ag geneem word indien jy jou kreatiewe vermoëns wil verskerp:
  • kyk na iets op 'n ander manier
  • ongewoon
  • oorspronklik
  • dit laat my dink aan... (assosiasie)
  • moenie te gou 'n oordeel vel nie (rigiede denke)
  • kyk na vorm en funksie
  • gebruik sin vir humor

Kom ons skud ou spinnerakke uit ons koppe uit!

Binne agt sekondes (sonder om dit vooraf te bespreek):

a) Verdeel 'n vierkant in vier

b) Deel 'n agt in twee

  • Het almal dit op dieselfde manier gedoen? Ja / Nee
  • Hoeveel verskillende maniere was daar om a) te doen?
  • Wat sê die eintlike instruksie vir b)?
  • Sou jy dit anders aanpak as jy weer 'n kans sou kry? Ja / Nee

Het ou gewoontes 'n rol gespeel in die antwoorde wat jy gegee het? Ek wed jou daar is baie leerders wat "gegooi" was deur hierdie eenvoudige opdragte.

[LU 3.6]

LEES VERDER...

As jy wil leer om 'n kreatiewe denker te wees, moet jy onthou dat dit belangrik is om nie te gou 'n oordeel oor iets te vel nie. Moenie vooraf klaar besluit nie, bv. die vierkant moet op hierdie wyse verdeel word nie, of agt gedeel deur 2 = 4. Deel 'n agt in 2 is dalk iets heel anders: 8 of 8. Dink aan alternatiewe vir die ooglopende.

Om jou verbeelding te prikkel

Kyk na die gegewe vorms. Dink aan 'n voorwerp of prent wat jy kan teken met hierdie vorm as deel van jou eie skepping. Gee elkeen 'n titel en skryf 'n kort verduideliking of storie van nie meer as 100 woorde nie van elk.

KOPKRAPPERS

  • Kyk verby die ooglopende.
  • Hierdie oefening vra vir laterale denke (blaai terug om seker te maak jy onthou wat dit beteken).

Antwoord hierdie kopkrappers

1. Hoeveel albasters kan jy in 'n leë sak inkry?

2. Wat begin met 'n T, eindig met 'n T en is vol T ?

3. Neem 'n woord met 6 letters, verwyder, 3 en kry 1.

4. Wat is daar wat iemand moet neem voordat jy dit kan kry?

5. Kruis 'n baba kat met iets wat by 'n koppie hoort en iets ruik tog te lekker?

6. Nikswerd persoon.

7. Hoeveel keer kan jy 20 van 100 aftrek?

8. Hoekom eet die Sjinese mans meer rys as die Japannese mans?

9. Wat is die twee goed wat jy nooit vir ontbyt kan hê nie?

10. Wat eet Italiaanse spoke vir ete?

[LU 3.6]

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy of haar wêreld te reageer
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.3 gepas op emosies in uitdagende situasies reageer.
3.4 verduidelik wat uit ‘n uitdagende persoonlike interaksie geleer is deur krities oor eie optrede te besin;
3.6 eie toepassing van probleemoplossings-vaardighede in ‘n uitdagende situasie krities evalueer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11064/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask