<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 8

Persoonlike ontwikkeling: selfbeeld

Module 4

Is jy ‘n wenner?

Jy word wat jy dink...

Daar is 'n baie bekende gesegde wat vegetariërs graag gebruik as hulle met die gemiddelde karnivoor praat: "Jy is wat jy eet". Dink net hoe die vleisetendes voel as hulle dan agter so 'n sappige stukkie net-gaar biefstuk sit. Of wanneer die mes so sag deur 'n stukkie kalfsvleis gly. Dis mos om enige vleisetende skuldig te laat voel. Stem jy saam?

Daar is egter groot waarheid in die gesegde: "Jy word wat jy dink jy is”. Met ander woorde, jou denke bepaal dikwels wat van jou gaan word. As jy dink jy is dom, sal jy òf ongemotiveerd wees òf te bang om te probeer - en dan sal jy nie sukses behaal nie. Jou negatiewe verwagtinge word dus waar. As iemand aanmekaar vir jou sê jy is sleg of lelik, sien jy jou later deur so 'n persoon se oë, en jy voel dat jy sleg of lelik is. Dis nog gevaarliker as die stem wat vir jou sê dat jy nie die moeite werd is nie, jou eie is! Want vir wie kan jy glo as jy nie jouself kan glo nie? Daarom is dit noodsaaklik dat jy negatiewe gedagtes gou-gou moet hokslaan, sodat daar nie 'n negatiewe gedagtepatroon ontstaan nie. Jy moet jou dus daarop instel om positiewe selfspraak en positiewe gedagtes in die plek te stel van negatiewe denke.

Hier het ek nou 'n hele klomp woorde gebruik om 'n eenvoudige idee tuis te bring. So 'n “bek moet jêm kry” - of dalk 'n deksel? Al hierdie dinge beteken dat jy soos 'n wenner moet dink om 'n wenner te wees.

  • Baie belangrik: wenners is nie altyd uitblinkers nie en uitblinkers is nie altyd wenners nie.
  • As jy 'n realistiese standaard stel en bereik en gelukkig daaroor voel, dan is jy mos 'n wenner!

Kom ons kyk na die kenmerke van ’n wenner…

1 'n Wenner ontwikkel sy volle potensiaal

Dit beteken dat 'n wenner teen hom- of haarself kompeteer om die beste waartoe hy of sy in staat is, te lewer. Het jy jou beste gelewer as jy 100% kan kry in 'n vak, maar jy kry net 70% (en dit was nie 'n glips nie)? As jy 50% kan behaal en jy kry dit, dan is daar nie 'n probleem nie. Solank jy jou beste doen, is jy 'n wenner. Moet nooit 'n "minimum"-mens word nie.

  • 'n Belangrike vraag: Presteer en leef jy volgens jou volle potensiaal?Wat sê die stemmetjie in jou binneste?
  • Die volgende vraag sou wees: Wat keer jou om jou beste te lewer? Skryf gou voordat jy te diep dink!

Kom ons sit koppe bymekaar en kyk watter redes daar mag wees wat mense verhoed om hul beste te lewer.

Onthou

  • Luister na mekaar.
  • Stip die redes aan op 'n los vel papier voordat julle finaal besluit en dit oorskryf.
  • Hou by die tyd wat die leerkrag of groepleier aandui.

Redes waarom mense nie hulle volle potensiaal ontwikkel nie:

  • 'n Verskoning 'n dag word 'n sware vrag! Dink julle dis moeilik om te onderskei tussen geldige redes en verskonings?
  • Kyk weer: watter van die redes is sommer verskonings en watter is geldige redes? Jy kan kleurpotlode gebuik om die verskille te merk.
  • Wat is 'n verskoning? Wat van: Ek het die toets gedruip, want my ma wou my nie help nie. Of: Die onderwyser hou nie van my nie.
  • Wat is 'n geldige rede? Ek het nie goed gevaar nie, want ek het baie siek gevoel op daardie oomblik.
  • En wat dan? Dan kom jy met 'n teenvoorstel, soos: "Ek sal vra of ek weer kan probeer wanneer ek beter voel."[LU 3.1]

Questions & Answers

what is mutation
Janga Reply
what is a cell
Sifune Reply
how is urine form
Sifune
what is antagonism?
mahase Reply
classification of plants, gymnosperm features.
Linsy Reply
what is the features of gymnosperm
Linsy
how many types of solid did we have
Samuel Reply
what is an ionic bond
Samuel
What is Atoms
Daprince Reply
what is fallopian tube
Merolyn
what is bladder
Merolyn
what's bulbourethral gland
Eduek Reply
urine is formed in the nephron of the renal medulla in the kidney. It starts from filtration, then selective reabsorption and finally secretion
onuoha Reply
State the evolution relation and relevance between endoplasmic reticulum and cytoskeleton as it relates to cell.
Jeremiah
what is heart
Konadu Reply
how is urine formed in human
Konadu
how is urine formed in human
Rahma
what is the diference between a cavity and a canal
Pelagie Reply
what is the causative agent of malaria
Diamond
malaria is caused by an insect called mosquito.
Naomi
Malaria is cause by female anopheles mosquito
Isaac
Malaria is caused by plasmodium Female anopheles mosquitoe is d carrier
Olalekan
a canal is more needed in a root but a cavity is a bad effect
Commander
what are pathogens
Don Reply
In biology, a pathogen (Greek: πάθος pathos "suffering", "passion" and -γενής -genēs "producer of") in the oldest and broadest sense, is anything that can produce disease. A pathogen may also be referred to as an infectious agent, or simply a germ. The term pathogen came into use in the 1880s.[1][2
Zainab
A virus
Commander
Definition of respiration
Muhsin Reply
respiration is the process in which we breath in oxygen and breath out carbon dioxide
Achor
how are lungs work
Commander
where does digestion begins
Achiri Reply
in the mouth
EZEKIEL
what are the functions of follicle stimulating harmones?
Rashima Reply
stimulates the follicle to release the mature ovum into the oviduct
Davonte
what are the functions of Endocrine and pituitary gland
Chinaza
endocrine secrete hormone and regulate body process
Achor
while pituitary gland is an example of endocrine system and it's found in the Brain
Achor
what's biology?
Egbodo Reply
Biology is the study of living organisms, divided into many specialized field that cover their morphology, physiology,anatomy, behaviour,origin and distribution.
Lisah
biology is the study of life.
Alfreda
Biology is the study of how living organisms live and survive in a specific environment
Sifune
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask