<< Chapter < Page Chapter >> Page >

4. BY DIE SKOOL: OMGEWING: GROEPBESPREKING EN PROBLEEMOPLOSSING

Die “Verlore Eiendom”-houer was vol toerusting! Die opvoeder was moeg van goed orals op lessenaars en op die vloer optel en bêre. Toe sê sy vir die klas dat sy die leerder met die beste maniere die geleentheid sou gee om twee verskillende goed te kies, indien alles nie voor die einde van die week opgeëis word nie. 'n Kombinasie van twee goed kon byvoorbeeld 'n potlood en 'n potloodskerpmaker of 'n gomstokkie en 'n potlood wees. Daar het groot opgewondenheid geheers terwyl die leerders besig was om te besluit watter twee items hulle sou kies.

4.1 Hoeveel verskillende kombinasies van twee verskillende items kon hulle bymekaar sit as daar potlode, liniale, uitveërs, skerpmakers, gomstafies en skêre in die doos was? Probeer om 'n sistematiese manier te vind om die antwoord uit te werk. Vergelyk dan jou manier met dié van 'n maat.

5. BEGROTINGS:

Behoort Graad 4-leerders hulle oor ‘n eenvoudige begroting te bekommer? Ja, hulle behoort bewus gemaak te word dat dit nodig is om geldsake te beplan.

Wat is ‘n begroting? Dit is ‘n manier om aan te dui hoeveel geld ons ontvang en hoeveel ons spandeer.

5.1 GROEPWERK: ‘N ONDERSOEK

Hoe stel ek ‘n begroting op? Kyk na die uiteensetting van 'n begroting hieronder. Bespreek dit eers en vul daarna die moontlike bedrae in.

‘N BEGROTING VIR EEN MAAND VIR ‘N GESIN WAT UIT VIER MENSE BESTAAN

BEGROOT (Beplan) Werklike uitgawe
INKOMSTE (geld wat inkom)
SalarisseAnder inkomste (verkoop van groente; motors was; koerante aflewer; kunsmarkverkope)Totaal
UITGAWES (Gespandeer)
Elke maand se uitgawes:HuishuurElektrisiteit en waterTelefoonVersekeringMediese hulpskemaSkoolgeldVervoerKos / huishoudingMediese uitgawesKlerasieTotaal

Trek die totale uitgawes van die totale inkomste af. Wat bly vir vermaaklikheid of ‘n vakansie oor? (Nou kan jy sien dat daar niks

oorbly vir die video of vir die duur “tekkies” nie.)

  • Ons gaan nou ‘n bietjie praktiese navorsing doen om die projek af te handel.

PROJEK: BEGROTINGS: GEBRUIK JOU KENNIS

Ons moet al die items waarvan ons praat tot die naaste heel rand afrond. (Indien ‘n bottel Coca Cola R15,99 kos, sal ons van R16 praat.)

Jy en ‘n paar vriende gaan die aandete vir Moedersdag maak. Altesame gaan daar 12 mense by hierdie ete wees. Jou ouer sussie sal jou met die stoof help en jou pa is bereid om vir die vuur te sorg, indien daar ‘n braai gaan wees. Jy werk en verdien geld om die kos te koop. Jy het nou altesame R150. Dit is nou tyd om ‘n begroting op te stel om jou beplande uitgawes uiteen te sit.

a. Eerstens moet jy besluit of jy binne gaan kos maak of buite gaan braai. Kom ons kyk na die geld wat ons het. Toe hierdie projek beplan is, kon twaalf lamtjops en ‘n bietjie wors maklik R100 kos. Indien jy egter gekruide maalvleis, herderspastei, spaghetti bolognaise of bobotie sou maak, sou een-en-‘n-half kilogram maalvleis slegs R25 kos. ‘n Lys van alles wat jy moet koop, sal nou baie nuttig wees.

  1. Jy moet besluit hoeveel van elke item jy nodig het. Skryf die hoeveelheid in die kolom langs die item neer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask