<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Graad 4

Heelgetalle en hul verwantskappe

Module 4

Finansiële probleme en die opstel van eenvoudige begrotings

Aktiwiteit 1:

Probleemoplossing in konteks, insluitend ekonomiese en omgewingsake soos finansiële probleme en die opstel van eenvoudige begrotings [LU 1.6.1]

1. GELDSAKE

Jy het gedurende die Grondslagfase ontdek hoeveel 1-sente, 2-sente, 5-sente, ens. daar in R1 is. Wys nou hoe knap jy is!

Vraag Antwoord
1.1 Hoeveel sente in R5? ________________sent
1.2 Hoeveel sente in R50? _______________sent
1.3 Hoeveel 5-sentstukke in R1? ____________vyfsentstukke
1.4 Hoeveel 5-sentstukke in 10? ______________vyfsentstukke
1.5 Hoeveel 5-sentstukke in R100? ____________vyfsentstukke
1.6 Hoeveel 10-sentstukke in R1? ____________tiensentstukke
1.7 Hoeveel 10-sentstukke in R100? ___________tiensentstukke
1.8 Hoeveel 50-sentstukke in R1? ____________vyftigsentstukke
1.9 Hoeveel 50-sentstukke in R10? ____________vyftigsentstukke
1.10 Hoeveel 50-sentstukke in R20? ____________vyftigsentstukke

Baie winkels maak nie meer gebruik van 1c-stukke nie.

2. AANKOOP VAN SKRYFBEHOEFTES

Voor die skole aan die begin van die jaar begin het, moes jy by die supermark inkopies doen. Hier volg die pryse van verskillende items:

Potloodskerpmaker R5 Filtpenne (Kleur) R10

Gomstafie R4 Meetkundestel R20

Skryfboek R3 "Flip file" R10

Potloodkryt (klein dosie) R14 2 potlode R8

Pen (rolpunt) R15 Skryfblok R6

Sakrekenaar R49 Skêr R7

Dagboek R15 Liniaal R5

Uitveër R6

2.1 Hoeveel altesaam sou elke kind die kassier moes betaal, indien hulle die volgende items gekoop het:

  1. Jani het ‘n dagboek en ‘n liniaal gekoop.
  2. Andries het ‘n sakrekenaar, ‘n skryfblok en twee potlode gekoop.
  3. Hettie het ‘n stel potloodkryt en ‘n gomstokkie gekoop.
  4. Mandi het ‘n pen, ‘n liniaal, ‘n uitveër en ‘n potloodskerpmaker gekoop.
  5. Brian het ‘n skryfboek, ‘n dagboek, ‘n skryfblok en ‘n pen gekoop.
  6. 2.2 Hoeveel het al die kinders saam op skryfbehoeftes spandeer?

3. GELD IN WINKELS

3.1 In groot winkels sluit die pryse van items ook sente in. Die kassiere vergeet nieteenstaande maar van die een- en tweesente. Die kassiere bereken altyd jou kleingeld na die volgende vyfsent. Indien jy dus 17 sent behoort te kry, gee hulle vir jou 20 sent. Kleingeld word altyd “op bereken”, dit is anders as afronding. Hoekom dink jy dat winkels hierdie reëling het? Verloor winkels baie geld hierdeur? Bespreek dit eers met jou maats en skryf daarna jou antwoord neer.

3.2 Maak asof jy as ‘n kassier in ‘n winkel werk. Die kasregister sê vir jou hoeveel geld jy vir elke klant moet gee, maar jy moet besluit watter banknote en muntstukke jy uitkeer. Jy moet die kleinste hoeveelheid moontlik in banknote en muntstukke uitkeer.

Voltooi nou die volgende tabel (die eerste een is reeds vir jou gedoen):

Banknote en muntstukke Hoeveelheid kleingeld wat uitgekeer word:R78,76 - R 30,45 - R 43,62 - R 21,94 - R120,13 - R0,55
R100
R50 1
R20 1
R10
R5 1
R2 1
R1 1
50c 1
20c 1
10c 1
5c

3.3 Onthou dat die kleingeld boontoe afgerond word; dis nie altyd die bedrag wat die klant betaal nie. Wat kry die klant werklik as die kleingeld op R78,76 te staan kom?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask