<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Getalbegrip, optelling en aftrekking

Aftrekking

Opvoeders afdeling

Memorandum

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit om te bereken deur bewerkings te kies wat geskik is om probleme op te los [lo 1.8.1]

1. Dit is belangrik dat jy nog sal onthou hoe om korrek af te rond, want dit is ook ‘n metode wat jy kan gebruik om vinnig die verskil te bereken.

1.1 Werk saam met ’n maat en bereken die verskil deur beide getalle af te rond tot die naaste 10. Maak beurte om vir mekaar die antwoorde te sê.

a) 276 – 95

b) 415 – 109

c) 647 – 142

d) 999 – 351

2. Kan jy vinniger as jou maat die verskil tussen die volgende bereken deur beide getalle af te rond tot die naaste 100?

2.1 1 325 – 876

2.2 3 764 – 1 321

2.3 6 009 – 4 245

2.4 9 999 – 7 908

Onthou jy nog?

Voltooi die volgende:

’n Priemgetal is ’n getal wat _________________________________________

____________________________________________________________________

____________________________________________________________________

’n Ewe getal is _____________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

KOPKRAPPER!

Twee priemgetalle kan van mekaar afgetrek word en ’n ewe getal as antwoord gee, bv. 19 – 5 = 14

Kan jy die volgende priemgetalle vind om die getallesin waar te maak?

1. __________________ – __________________ = 6

2. __________________ – __________________ = 28

3. __________________– __________________ = 48

4. __________________ – __________________ = 60

5. 88 = __________________ – __________________

6. 90 = __________________ – __________________

7. 52 = __________________ – __________________

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en hul verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel. Hulle kan ook met bekwaamheid en vertroue tel, skat, bereken en kontroleer tydens die oplos van probleme.

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder skat en bereken deur geskikte bewerkings vir die oplossing van probleme in verband met die volgende te kies en te gebruik:

1.8.1: afronding tot die naaste 5, 10, 100 of 1 000.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask