<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 8

Grond en mag

Module 3

Vryheid van spraak

‘n Brief aan die pers

Aktiwiteit 1 : Eerste poging:

Die RedakteurLesersforum TygerBurger Posbus 747Bellville7535

Geagte Heer

Geen ontspanningsgeriewe vir jeugdiges in ons dorp nie .

________________________________________________________________

________________________________________________________________

Die uweVrek Verveel

Jan PotgieterKerkstraat 12Kleinbegin744314 Maart 2003

LU 1 AS 1.5

KENNISGEWING 1 :

Gebruik gerus die resep in AKTIWITEIT 1 indien jy onseker is oor hoe jy jou inligting vir jou projek moet organiseer.

Opskrif /titel :Stel jou saak kort en sinvol op ‘n versierde buiteblad/voorblad.

Inhoudsopgawe : Die indeling van jou projek met die ooreenstemmende bladsynommers kom op hierdie bladsy.

Inleiding : Hier moet jy jou leser se aandag vang, jy behoort so entoesiasties te verduidelik waarom jy in die onderwerp belangstel en hoe jy dit gaan aanpak, dat die leser nuuskierig sal wees om verder te lees.

Inhoud :Deel jou verskillende argumente in aparte paragrawe in en voorsien waar jy paragrawe wil groepeer, ‘n gepaste opskrif.

Slot : Kom tot ‘n gemotiveerde gevolgtrekking deur bv. jou hoofpunte kortliks op te som en die antwoord op jou vraag te herhaal. Gee jou eie opinie!Kyk na Vryheid van uitdrukking in Bron A en Bron B wat volg.

Bronnelys :Kyk weer na Kennisgewing 1.

LU 1 AS 1.5 LU 3 AS 3.3

Die volgende is ‘n aanhaling uit: Die Grondwet, Wet 108 van 1996 . Uit: Hoofstuk 2: Wet van Menseregte

BRON A

Vryheid van uitdrukking

16 (1) Elkeen het die reg tot vryheid van uitdrukking, wat insluit –

(a) vryheid van die pers en ander media;

(b) vryheid om inligting of idees te ontvang of oor te dra;

(c) vryheid van artistieke kreatiwiteit, en

(d) akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing.

(2) Die reg in subseksie (1) sluit nie in –

(a) propaganda vir oorlog nie

(b) aanhitsing van dreigende geweld, of

(c) propagering van haat wat gebaseer is op rassisme, etnisiteit, geslag of godsdiens nie, en dit omvat aanhitsing om skade te veroorsaak.

17 Elkeen het die reg om vreedsaam en onbewapen te vergader, aan optogte deel te neem, te betoog en om ‘n petisie voor te lê.

Oefening in die motivering van antwoorde:

  • Hier volg drie (3) stellings oor vryhede soos beskryf word in Bron C. Jy moet die stellings op die korrekte manier bewys of weerlê. Volg die instruksies noukeurig!

Stel jou argument so :Neem standpunt in = 1. (Oppas, “nee” is nie ‘n standpunt of stelling nie!}Gee ‘n rede(s) waarom jy saamstem met die stelling of nie = 1Haal ‘n bewys uit die wet aan om jou rede/saak te bewys = 2 Totaal = 4

Jou Moffie!

1. In Afdeling 16 (1) (c) in Bron C gee die vryheid van “artistieke kreatiwiteit” jou die reg om in ‘n seunstoilet van die skool, enigiets op die muur te skryf, bv.

Wenk : Toets hierdie stellings aan die voorwaardes wat in 16 (2) a, b en c gestel word!

2. In Afdeling 16 (1) (d) in Bron A gee die woorde “akademiese vryheid” jou die reg om jou klasmaat se werk af te skryf en as jou eie in te lewer - indien jy sy toestemming het om dit te doen.

3. In Afdeling 16 (1) (d) in Bron A gee die woorde “wetenskaplike navorsing” jou die reg om in die skool se laboratorium ‘n onuithoudbare stank te veroorsaak.

Meneer, die sokkerkapteins het kom onderhandel vir beter voorregte.

  • Onderstreep die korrekte antwoord en motiveer dan jou keuse:

1. Hierdie spotprent is ‘n primêre / sekondêre bron, omdat

/3/

2. Die skoolhoof verteenwoordig die regerende / werkersklas, omdat

/2/

3. Die sokkerspelers verteenwoordig die regerende / werkersklas, omdat

/2/

4. Hierdie spotprent verteenwoordig ‘n feit / opinie van die spotprenttekenaar, omdat

/3/

LU 1 AS 1.1 AS 1.2 AS 1.3 LU 3 AS 3.3
LU 3 AS 3.1 AS 3.2 AS 3.3

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n verskeidenheid van relevante historiese en argeologiese bronne kan identifiseer en selekteer in sy navorsingsproses [vind bronne];
1.2 bronne suksesvol evalueer t.o.v. die betroubaarheid, nuttigheid en die gesindheid van die skrywer [werk met bronne];
1.3 grafiese en statistiese bronne interpreteer [werk met bronne];
1.4 ‘n oorspronklike idee insluit in sy antwoorde [beantwoord die vraag];
1.5 kennis en begrip kommunikeer deur [dra die antwoord oor]:
  • die opbou van sy eie argumente en interpretasie gebaseer op die historiese bronne (wat uitgebreide skryfwerk, kunswerke, grafieke en dramas insluit);
  • informasie tegnologie waar beskikbaar en toepaslik te gebruik om sinvol te kommunikeer.
LU 2
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 verbande tussen geskiedkundige gebeurtenisse en prosesse in verskillende kontekste in dieselfde tydperk begin trek [chronologie en tyd];
2.2 verstaan dat daar ‘n verskil in die belangrikheid van gebeurtenisse se oorsake en gevolge is [oorsaak en gevolg];
2.3 veranderinge in ‘n groter historiese en omgewingskonteks verduidelik [kontinuïteit en verandering];
LU 3
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 geskiedkundige interpretasie ondersoek deur relevante vrae oor ‘n geskiedkundige bron se skrywer te stel [interpretasie van bronne];
3.2 die verskillende maniere waarop die gebeure in die verlede aangebied en geïnterpreteer is, kan identifiseer en beredeneer [interpretasie van bronne];
3.3 verduidelik waarom geskiedenis nie objektief of neutraal is nie [interpretasie van bronne];
3.4 verstaan dat identiteitsgevoel die manier waarop gebeurtenisse in die verlede geïnterpreteer word, kan beïnvloed [interpretasie van bronne];
3.5 belangrike kenmerke en gebruike van materiële oorblyfsels van die verlede in ‘n gegewe konteks beskryf [voorstelling van die verlede];
3.6 verduidelik waarom dit belangrik is om ons natuurlike en kulturele erfenis te bewaar (bv. voorwerpe, geboue en ander erfenisgebiede) [voorstelling van die verlede];
3.7 verduidelik hoe en waarom mense se herinneringe van die verlede mag verskil [voorstelling van die verlede].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask