<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 8

Strukture

Module 3

Versterking van strukture

Aktiwiteit 3

Hoe versterk ons strukture?

  • Reghoekige voorwerpe is nie altyd van die stewigste nie. ‘n Reghoek verander maklik in die vorm van ‘n ruit, indien ‘n krag daarop uitgeoefen word. ’n Driehoek is beslis die figuur wat die grootste stewigheid gee. Dink gou aan die raam van jou fiets. Is daar enige driehoeke?

Opdrag 3

  • Neem vier kartonstrokies elk ongeveer 150 mm lank en maak ‘n vierkant deur die strokies met gesplete papierspelde by die hoeke te bevestig. Toets die sterkte van jou struktuur deur daarteen te druk. Versterk dit nou deur stutte in te voeg!

LU 2.2
  • Dié soort versterking staan bekend as driehoeksversterking en word in alle raamstrukture gebruik. Dit is veral sigbaar in brûe, hyskrane en dakkappe.

Opdrag 4

  1. Die boekrak hieronder moet versterk word. Voeg ‘n stut(te) in om die rak te versterk.
  1. ‘n Bokkie waarop ‘n tafelblad rus se pote is met ‘n tou verbind. Sal die struktuur spanningkragte of samedrukkingkragte kan weerstaan? Verduidelik jou antwoord en gee ‘n oplossing vir die probleem.
LU 2.2

Assessering

LU 2
tegnologiese kennis en begrip Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
strukture:2.1 kennis en begrip van raamstrukture toon:
  • die gebruik en toepassing van basiese strukturele komponente (kolomme, balke, boë);
  • tegnieke vir die versterking van raamstrukture (driehoekvorming, webbe en oriëntering en dwarsdeursnitoppervlak en lede); hoe raamstrukture sterk gemaak kan word (bv. verband tussen die grootte en vorm van die basis, die swaartekragpunt en punt van stabiliteit;
verwerking:2.2 kennis en begrip toon van hoe stowwe/materiaal verwerk kan word om die eienskappe daarvan te verander of te verbeter deur dit te wysig ten einde dit geskik vir spesifieke doeleindes te maak:
  • om kragte te kan weerstaan (spanning, kompressie, buiging);
  • om sterkte of lewensduur te laat toeneem;
  • hoe spesifieke kenmerke wat vir verpakking geskik is, bewerkstellig kan word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 8. OpenStax CNX. Sep 13, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11051/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask