<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 9

Denkvaardighede

Module 3

Om te dink

COGITO ERGO SUM (EK DINK DAAROM IS EK)

Indien jy aan iemand moes verduidelik wat dit beteken om "te dink", wat sou jy sê?

Baie mense redeneer dat denke natuurlik kom, soos asemhaal of loop. Ja, dit is deels so. Maar alle mense loop of hardloop nie ewe vinnig nie. 'n Kleuter kruip, leer loop, hardloop en spring. 'n Geoefende en fikse atleet sal vinniger hardloop en hoër spring as iemand wat nooit probeer of nie oefen nie. Dis ook so met jou denke. 'n Mens kan jou natuurlike aanleg verbeter deur oefening - en deur denkoefeninge in te oefen.

Hoe goed of effektief jy kan dink, hang van verskeie faktore af. Een ding is seker, die kennis van en bemeestering van denkvaardighede sal jou denke verskerp en verbeter. Vergelyk die gebruik van denkvaardighede met die gebruik van 'n bril, 'n verkyker, 'n teleskoop en 'n mikroskoop. Hulle het verskillende funksies, maar almal help jou om beter te kan sien.

'n Baie eenvoudige manier om "te dink" te beskryf, kan wees om te weet en te verstaan. Maar om te kan dink, behels veel meer. Wat van die vermoë om jou kennis te gebruik, verbande tussen goed in te sien, die vermoë om te skep...?Ek kan my nie eintlik 'n wêreld sonder denke voorstel nie. Kan jy?

Om te doen:

Ons gaan 'n "wat sou gebeur as"-oefening doen. Julle kan dit ook 'n "hoe sou dit wees as" oefening kan noem. Hierdie tipe oefening vereis dat elkeen sy verbeelding vrye teuels gee sonder om bekommerd te wees oor te veel logika. Hierdie oefening stimuleer jou regterbreinfunksies en help jou om jou kreatiewe vermoëns te ontwikkel.

Onderwerp: Wat sou gebeur as almal van dieselfde goed gehou het.

  • Wenke
  • Stel 'n tydsduur vas (5 tot 7 minute).
  • Iemand skryf die idees vinnig neer (besluit voor julle begin).
  • Niemand kritiseer enige idees nie, al is dit hoe laf.
  • Laat die idees vloei sonder om dit eers te bespreek.Jy mag iemand se idee oorneem en daarop uitbrei.

[LU 3.6]

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy of haar wêreld te reageer
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.3 gepas op emosies in uitdagende situasies reageer.
3.4 verduidelik wat uit ‘n uitdagende persoonlike interaksie geleer is deur krities oor eie optrede te besin;
3.6 eie toepassing van probleemoplossings-vaardighede in ‘n uitdagende situasie krities evalueer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11064/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask