<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 6

Persoonlike en sosiale vaardighede

Module 3

Om dialoog met ‘n maat te ontwikkel

DRAMA

Aktiwiteit 1:

Om dialoog met ‘n maat te ontwikkel

[lu 3.4]

DIALOOG

Dialoog : tweespraak, samespraak tussen twee of meer persone

Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal

Oefening 1

Laat die leerders die volgende woorde voorstel en dan verbaal daarop reageer:

lente oggend son berge bries
  • Neem kennis dat die stem spontaan sal opgaan.
  • Wat ook al verbind is met die opwaartse vloei van die lewe, van energie en verwondering, geesdrif of vervoering sal die stem laat opgaan.
  • Laat die leerders ander woorde en frases ondersoek wat die stem sal laat opgaan.
  • Laat die leerders die volgende woorde voorstel en dan verbaal daarop reageer:
begraafplaas grafte gemors stilte dood
  • Wat ook al gebonde is aan die afname van energie, met ongevoeligheid en ontnugtering, sal laer gaan op die klankskaal.
  • Laat die leerders ander woorde en frases wat hulle stemme donker sal kleur, ondersoek.
  • Omstandighede in die lewe verander die voorkoms van dieselfde frase wat die klem na enige woord verskuif en dus ‘n nuwe kleur aan die frase gee.

Oefening 2

  • Bied aan die leerders ‘n paar frases en laat hulle die frases op verskillende maniere interpreteer.

Voorbeeld

“vanaand gaan ons wonderlike sang hoor”

  • Wanneer ons gelei word deur die betekenis van hierdie frase, sal ons die klem op sang plaas.
  • Stel jou voor dat hierdie frase gesê word deur ‘n entoesiastiese persoon wie se kamer vol prente van die sanger hang.
  • Stel jou voor dat hierdie persoon oorloop van bewondering vir sy sangheld.
  • Stel jou voor hoe hierdie entoesias bogenoemde frase sal sê – die klem sal dan op wonderlik val.
  • Stel jou voor dat hierdie frase deur ‘n bejaarde professor gesê word – vir hom is sang ‘n ernstige en fyn kuns wat die kultuur en kennis van die kunste versinnebeeld.
  • Die professor praat met minagting oor baie bekende sangers.
  • Die professor sal die frase op ‘n ander manier sê as die entoesias – die klem sal val op sang .
  • Stel jou voor dat die frase gesê word deur ‘n persoon wat al jare probeer om konserte van hierdie sanger by te woon – die klem sal val op vanaand.

Dialoog

    • Die dramaturg moet sy materiaal dramatiseer.
  • Dit moet tot aksie en gesprek getransformeer word.

Oefening 3

  • Laat die leerders ‘n kort toneel skryf – een folio – oor ‘n gesprek tussen twee mense.
  • Hulle kan self die karakters kies.
  • Groepeer die leerders in pare.
  • Laat die leerders die dialoog lees en dan daarop reageer.
  • Laat die leerders besluit watter dialoog die beste is.
  • Neem die ‘wen-dialoog’ en laat die leerders dit op verkillende maniere interpreteer – verskillende emosies, stemmings, ens.

Aktiwiteit 2:

Om ‘n lei- en volgmimieksituasie aan te neem

[lu 3.4]

MIMIEK

  • Mimiek is die tegniek om ‘n idee of stemming of karakter uit te beeld deur slegs gebare en liggaamsbeweging te gebuik sonder enige dialoog .
  • Dit hang af van die akteur se vaardigheid hoe hy sy karakter en die omgewing skep deur die fisiese bewegings van sy hele liggaam.

Oefening 4

  • Groepeer die klas op in pare.
  • Laat die leerders na mekaar kyk.
  • Een leerder moet volg, die ander een moet lei.
  • Gee verbale opdragte en laat die leerders die instruksies volg terwyl hulle na mekaar kyk, bv. “lig jou regterbeen”, “vang ‘n bal”, “water val op jou kop”, “maak jou gesig skoon”, ens.
  • Beplan die instruksies voor die tyd.

Oefening 5

  • Gee die leerders vyf minute om ‘n kort lei- en volg- mimieksituasie voor te berei.
  • Maak seker dat hulle begrip toon vir die bewegings wat hulle moet uitvoer.
  • Maak seker dat hulle gebruik maak van die volle omvang van die bewegings wat hulle kan uitvoer.
  • Maak seker dat die storie wat hulle uitbeeld, duidelik is.
  • Laat hulle die mimiek voor die res van die klas doen.
  • Laat die leerders hulle gunsteling mimiekpoging uit die klas kies.
  • Laat al die leerders die ‘wen-mimiek’ doen met die ‘wen-paar’ as die leiers en die res van die klas wat volg.

Wenke:

  • Dit is belangrik om ‘n klasstruktuur en -beheer tot stand te bring, veral as die klas groot is.
  • Probeer om ‘n balans te handhaaf tussen gee en neem, konsentrasie en ontspanning, vryheid en beperking.
  • Stel duidelike doelwitte en reëls voor.
  • Wees entoesiasties, besorgd en aanmoedigend.
  • Moet nie te veel praat nie.
  • Lei die leerders om te ontdek en wag vir die oomblik wanneer dit gebeur.
  • Reageer op die idees en gevoelens van die klas.
  • Moedig kreatiwiteit aan.
  • Jou opdragte moet kort en duidelik wees.
  • Wees goed voorbereid en aanpasbaar.
  • Beweeg heeltyd tussen die leerders en kyk of hulle die opdragte verstaan en of hulle aanmoediging nodig het.
  • Laat die klas altyd op ‘n positiewe noot eindig.
  • Ondersteun die goeie en probeer foute ignoreer – terugvoering moet konstruktief wees – nie destruktief nie.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
DEELNAME EN SAMEWERKING Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ALGEMEENt.o.v. 3.1 – 3.6 hieronder, die volgende toon:
  • samewerking met ander lede van ‘n groep gedurende kunsaktiwiteite;
  • die vermoë om eie bydraes binne groepverband te lewer;
  • aanvaarding van medeleerders;
DRAMA (3.3, 3.4)
  • gegewe stukkies dialoog saam met ‘n maat uitbrei en ontwikkel en die vermoë toon om op ‘n maat se idees te “voed” en daarop te reageer;

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11006/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask