<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 5

Maak masjiene maklik

Module 3

Maak ‘n marionet

KOM ONS MAAK 'N MARIONET

  1. TOEPASSING
  2. Probeer om die deksel van 'n verfblik oop te maak. Is dit makliker om 'n lang of kort skroewedraaier te gebruik? Verduidelik.
  3. Waar op 'n wipplank is die beste plek vir 'n swaar persoon om 'n ligte persoon te balanseer wat op die ander punt sit? Hoekom?
  4. 'n Mens se arms en bene is ook hefbome. Stem jy saam? Motiveer.

[LU 3.2]

B.navorsing.

Opdrag

  1. Maak ‘n plakkaat op ‘n A4-bladsy met prente en/of sketse van verskillende hefbome. Verskaf ook die nodige byskrifte (las, vrag, steunpunt).
  2. Watter bronne het jy geraadpleeg?

Kopieer die onderstaande tabel en maak 'n kruisie in die toepaslike blokkie.

Koerante ο Pamflette ο
Tydskrifte ο Deskundiges ο
Vaklektuur ο Foto’s ο
Rekenaar ο Sportprentboeke ο

[LU 1.3]

C.vervaardiging – beplan

Probleem: Jou opvoeder het hierdie patroondele van 'n dansende nar (Bylae 1 op bladsy 18) in 'n tydskrif gekry, maar weet nie waar die instruksies is nie. Sy/hy wil graag hê dat jy jou eie moet maak. Kan jy haar/hom dalk help?

  1. Watter materiaal gaan jy gebruik vir die maak van die patroon? Kies die toepaslike antwoorde en skryf dit neer.
Karton ο Klei ο
Kledingstof ο Glas ο
Plastiek ο Hout ο
Metaal ο Dik papier ο

Motiveer jou keuse(s). Voltooi en kopieer op 'n werkvel of in jou werkboek:

Ek gebruik _

omdat _

  1. Watter gereedskap of materiale gaan jy gebruik vir die maak van die marionet? (Kies uit die onderstaande en skryf neer.)
Kleurpotlode ο Skêr ο Ponsmasjien ο
Verf ο Gom (Pritt) ο Dun tou ο
Pastelle ο Bostik ο Vislyn ο
Khoki-penne ο Potlood ο Wol ο
Houtskool ο Natrekpapier ο Krale ο
Gaatjiepons ο Krammasjien ο Krammetjies ο
Skuifspelde ο Spleetspelde ο Ander

Verduidelik die gebruik van elke keuse. Skryf neer en voltooi as volg:

Ek gebruik _

om _

[LU 1.8]

Jy het twee ure tot jou beskikking om hierdie taak te voltooi. Gee ‘n uiteensetting van jou werkstappe met die nodige tydindeling. Gebruik 'n kopie van die volgende raamwerk:

STAPPE TYD
1.
2.
3.
4.
5.
6.
Inhandigingsdatum: 120 min

Maak nou jou dansende nar.

[LU 1.7]

D. EVALUERING (Selfassessering)

Evalueer jouself eerlik op 'n kopie van die onderstaande raamwerk.

Maak ‘n regmerkie in die toepaslike blokkie na die voltooiing van jou dansende nar.

Ja Onseker Nee
  1. Het ek geweet wat om te doen?
  1. Het ek sonder enige hulp die taak voltooi?
  1. Het ek deeglik gewerk?
  1. Het ek in 'n logiese volgorde gewerk?
  1. Het ek netjies gewerk?
  1. Het ek materiale spaarsaam gebruik?
  1. Is ek trots op my model?
  1. Het ek dit geniet om die model te maak?
  1. Het ek by elke geleentheid al my materiaal en gereedskap gebring?
  1. Het ek deeglik opgeruim na die tyd?
  1. Het ek my model voltooi?
  1. Is my nar aantreklik, kleurvol en werk hy reg?
  1. Het ek iets nuuts geleer?

VOLTOOI DIE VOLGENDE VRAE

  1. Hierdie taak het gehandel oor (hefbome / ratte / wiele en asse). Onderstreep.
  2. Het daar enige probleme opgeduik tydens die maakproses en, indien wel, hoe het jy dit opgelos? Skryf drie neer.
  3. Sal jy volgende keer op dieselfde manier te werk gaan, indien jy weer so 'n projek moet aanpak? Indien jy nee antwoord, verduidelik.

[LU 1.11]

  1. Vra ten minste vyf maats om hul kommentaar van jou model onder die volgende hofies neer te skryf:

NAAM: KOMMENTAAR:

[LU 1.10]

  1. UITSTALLING

Opdrag

Besluit as klas watter vyf leerders se narre die mooiste is en gaan wys dit vir die ander klasse en die skoolhoof. (Dalk wil iemand dit koop.)

Bylae 1

Assessering

LU 1

TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDE

Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

Ondersoek:

1.2 uitvind oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en sommige ontwerpaspekte identifiseer (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk, waarvan dit gemaak is);

1.3 waar gepas, ‘n wetenskaplike ondersoek uitvoer oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik:1.3.1 beplan die ondersoek;

  • voer die ondersoek uit;

1.3.3 verwerk en interpreteer data;

1.3.4 evalueer en kommunikeer bevindinge;

Maak:

1.7 die stappe in ‘n plan beskryf om iets te maak, insluitend tekeninge of sketse van hoofdele;

1.8 gepaste gereedskap en materiaal gebruik om produkte te maak deur die gekose materiaal af te meet, uit te merk, te sny of te skei, te vorm of te vervorm, aan mekaar te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;

Evalueer:

1.10 met bystand die produk evalueer volgens die ontwerpopdrag en gegewe spesifikasies en beperkings (bv. mense, doel, omgewing), en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;

1.11 die aksieplan wat gevolg is evalueer en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;

Kommunikeer:

1.12 tweedimensionele sketse maak met byskrifte en, indien gepas, kleur gebruik om dit doeltreffender te maak.

LU 3

TEGNOLOGIE, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWING

Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap, tegnologie, die samelewing en die omgewing oor tyd heen te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

Impak van Tegnologie:

3.2 die moontlike positiewe en negatiewe uitwerking van wetenskaplike ontwikkelings of tegnologiese produkte op mense se lewensgehalte en/of die omgewingsgesondheid identifiseer.

Memorandum

(a)

1. Die kunstenaars wat balanseerwerk doen.

2. ‘n Langer skroewedraaier bied ‘n beter hefboom. Hoe langer die hefboom, hoe groter die krag wat op die vrag uitgeoefen word.

3. Die swaarder persoon moet so na as moontlik aan die steunpunt sit om die hefboom korter te maak, anders is die vrag te veel.

4. Ja. Klein ry graag “perdjie” op ‘n volwassene se voet. Die persoon se been (hefboom) draai om ‘n steunpunt (knie, heup) en dit bied krag om die vrag te beheer.

A.1 Dit is ‘n groep verwante dinge wat saamwerk vir ‘n spesifieke doel.

LET WEL: Kyk in voorbeeldmodule en bring ook die nodige veranderings in die module aan soos in swart in die module aangedui.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10978/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask