<< Chapter < Page Chapter >> Page >

BRONH Gauch: New Foundations of Racial Science (1934)

Die Nordiër praat nie baie nie... Die mense van ander rasse praat baie en wat hulle sê is oppervlakkig, sonder goeie oordeel en onwaar...

’n Nordiër kou sy kos met ’n toe mond, deur ’n maalbeweging van sy kake, terwyl ander rasse gewoonlik kou met ’n klapgeluid van diere as gevolg van hul manier om hul kake te beweeg en die herhaaldelike oop en toe maak van hulle monde.

Die fisiese vorme van die Nordiese vrou is spesiaal mooi, terwyl dit by ander rasse nie die geval is nie. Hulle mans is mooier, net soos in die dierewêreld.

Die Nordiër het ’n aanvoeling om intern en ekstern skoon te wees, terwyl die nie-Nordiese mense altyd in ’n vuil omgewing bly wanneer hulle by hul eie mense is. Baie diere is beter as nie-Nordiërs as dit by skoonwees kom.

Rasvermenging... veroorsaak en gee aanleiding tot siektes. Dit is ’n oortreding van die wet van die uitspansel, ’n misdaad teen die toekomstige geslag, manslag en moord.

Nie-Norde is ongeveer gelyk aan diere of vorm ’n nou verbintenis met hulle.

Die Nordiese mens is daarom die skepper van alle kultuur en beskawing. Die redding en behoud van die Nordiese mens alleen sal die kultuur en beskawing red en beveilig.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n onderwerp ondersoek deur kernvrae te stel en ‘n verskeidenheid relevante bronne te identifiseer om die onderwerp te ondersoek [vind bronne];
1.2 belangrike en sinvolle vrae stel om bronne te evalueer (bv. om partydigheid en stereotipes, weglatings en gapings te identifiseer) [werk met bronne];
1.3 die inligting in die bronne ontleed [werk met bronne];
1.4 ‘n onafhanklike redenasie as antwoord op ‘n gestelde vraag aanbied en motiveer gevolgtrekkings (met bewyse) [beantwoord die vraag];
1.5 kennis en begrip oordra deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied [kommunikeer die antwoord].
LU 2
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 gebeurtenisse, mense en veranderinge in bestudeerde geskiedkundige tydperke binne ‘n chronologiese raamwerk plaas [kronologie];
2.2 kategorieë oorsake en gevolge identifiseer (bv. onmiddellike en langtermyn-, regstreekse en onregstreekse oorsake en gevolge) [oorsaak en gevolg];
2.3 die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis verduidelik en ontleed [oorsaak en gevolg];
2.4 verstaan dat verandering en ontwikkeling nie altyd vooruitgang beteken nie [verandering en kontinuïteit].
LU 3
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 die omstrede aard van inhoud, en dat historici geskiedenis opstel wanneer hulle oor gebeurtenisse in die verlede skryf verstaan ]bronne interpretasie];
3.2 ‘n interpretasie gegrond op bronne opstel en gee redes vir eie interpretasie [bronne interpretasie];
3.3 vraagstukke wat die manier waarop geskiedenis geskryf is, beïnvloed ontleed [invloede op interpretasie];
3.4 die maniere waarop simbole gebruik word verduidelik om gebeurtenisse en mense uit die verlede te onthou, en hoe mondelinge geskiedenis tot ons begrip van die simbole kan bydra [voorstelling van die verlede].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11062/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask