<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 9

Die ekonomiese siklus

Module 3

Die ekonomiese siklus en markte

Aktiwiteit 1:

Ekonomiese siklus

[lu 1.1]

SELF:

Teken jou eie weergawe van die ekonomiese siklus sodat die deelnemers en die vloei duidelik blyk. Voeg die diagram op ‘n aparte vel in.

Aktiwiteit 2:

Mark vir produksiefaktore

[lu 1.1]

GROEP:

Verskaf ‘n indeling van die produksiefaktore wat op die mark vir produksiefaktore aangebied word en dui aan watter vergoeding aan elkeen van die produksiefaktore betaal sal word.

Aktiwiteit 3:

Mark vir verbruikersgoedere

[lu 1.1]

GROEP:

Verskaf ‘n indeling van die produkte wat op die mark vir verbruikersgoedere verhandel word. Gee ook toepaslike voorbeelde (2) in elke geval.

In die “geslote” ekonomie speel die STAAT ook ‘n belangrike rol, aangesien die staat ook ‘n verbruiker is (bv. staatshospitale wat kos en ander mediese middels op die mark vir verbruikersgoedere aankoop), en die staat is ook ‘n produsent (die hospitale verskaf byvoorbeeld mediese dienste aan verbruikers).

Voorts betaal die verbruikers belasting aan die staat en word uit hierdie “fondse” sekere dienste van nasionale belang gelewer, nl. onderwys en polisiedienste. So vloei die “belastinggeld” weer terug na die verbruikers, wanneer die staat betaal vir die gebruik van die dienste van die produksiefaktore, byvoorbeeld salarisse en so meer.

Aktiwiteit 4:

Ekonomiese siklus wat die staat insluit

[lu 1.1]

SELF:

Teken jou eie weergawe van die ekonomiese siklus (wat die staat insluit) sodat die deelnemers en die vloei duidelik blyk. Voeg die diagram op ‘n aparte vel in.

Aktiwiteit 5:

Dienste wat deur die staat gelewer word

[lu 1.1]

GROEP:

Verskaf ‘n indeling van die dienste wat deur die staat gelewer word en gee toepaslike voorbeelde van elk.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
die ekonomiese siklusDie leerder is in staat wees om kennis en begrip van die ekonomiese siklus binne die konteks van ‘die ekonomiese’ probleem te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • verskillende wyses van geld die vloei van produksiefaktore en goedere en dienste in die ekonomiese siklus binne die Suid-Afrikaanse ekonomie kan verduidelik;
  • die rol van die buitelandse sektor in die ekonomiese siklus kan bespreek;
  • met behulp van ‘n grafiek kan illustreer hoe vraag en aanbod pryse beïnvloed, en hierdie verband kan bespreek;
  • die invloed en aksies (stakings en wegblyaksies) van vakbonde oor die algemeen en in die apartheidsera op die volgende terreine krities kan evalueer:
  • die Suid-Afrikaanse ekonomie;
  • politieke, ekonomiese en sosiale transformasie;
  • arbeidsaangeleenthede;
  • die uitwerking van die nasionale begroting op die ekonomie (bv. belasting en besteding op onderwys, sosiale welsyn, gesondheid en veiligheid) kan bespreek.

Memorandum

AKTIWITEIT 1: Ekonomiese siklus

SELF:

Diagram van ekonomiese siklus.

AKTIWITEIT 2: Mark vir produksiefaktore

GROEP:

Indeling van produksiefaktore

  • Natuurlike hulpbronne
Besitter van grond Huurgeld
2. Kapitaal Lening van bank Rente
3. Arbeid Werk as skrynwerker Loon/salaries
4.Ondernemerstalent Eienaar/Bestuurder Wins

AKTIWITEIT 3: Mark vir verbruikersgoedere

GROEP:

Indeling van produkte op mark vir verbruikersgoedere

  1. Duursame produkte, bv. motors, meubels, toerusting, ens. (langtermyn gebruik.)
  2. Semi-duursame produkte, bv. 'n pen, potlood, ens.
  3. Nie-duursame produkte, bv. voedsel, brandstof, ens. (slegs eenmalige gebruik.)
  4. Dienste, bv. mediese dienste, ens.

AKTIWITEIT 4: Ekonomiese siklus wat staat insluit

SELF:

Diagram van ekonomiese siklus, insluitend die Staat .

Mark virVERBRUIKERSGOEDERE VERBRUIKERS Mark virPRODUKSIEFAKTORE
STAAT
SAKEONDERNEMINGS

AKTIWITEIT 5: Dienste deur staat gelewer

GROEP:

Indeling van dienste deur Staat gelewer

Versekering van veiligheid SAPD, SANW, Korrektiewe Dienste.
Versekering van maatskaplike welsyn Hospitale, Pensioene, Skole, Lae-koste behuising.
Regulering van verhoudings in sakewêreld Wetgewing t.o.v. arbeid, besoedeling, ens.
Finansiële ordenning d.m.v. Landbank, SARB, ens.
Navorsing d.m.v. WNNR, SABS, ens.
Voorsien ekonomiese infrastruktuur Elektrisiteit, Paaie, Verkeersregulering, ens.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask