<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Memorandum

Aktiwiteit 1:

  1. Bou ‘n model.

Die onderwyser moet sorg vir twee ewe dik houtplanke en 7 - 9 boublokke wat uit karton gemaak word. Volg die aanwysings soos uiteengesit in Leereenheid 4, bladsy 5, om die eksperiment uit te voer.

  1. Sodra die planke weg van mekaar af, in teenoorgestelde rigtings, getrek word, begin die boublokke ook skuif. As die beweging van die planke verder aanhou, tuimel die boublokke inmekaar.
  2. Die twee houtplanke verteenwoordig twee verskillende aardkorsplate, waaruit die aardkors opgebou is.

4. Sien uitknipsel oor aardbewings en ontwerp van geboue en voeg hier in as die memo asseblief. Leerders kan ook hul eie opinie gee. (Sien saamgestuurde nota vir antwoord.)

Aktiwiteit 2:

Laat leerders die wêreldkaart afteken. Die onderwyser kan ook ‘n buitelynkaart van die wêreld aan leerders voorsien. Leerders dui in rooi aan waar aardbewingsareas in die wêreld voorkom.

Aktiwiteit 3:

  1. a) Die mens:
  • Baie mense sterf of word ernstig beseer.
  • Miljoene rande se skade word aangerig.
  • Geboue stort ineen of groot skade word aangerig.
  • Teerstrate “buig” en skeur oop.
  • Spoorlyne buig en ruk uitmekaar.
  • Brûe stort ineen.
  • Damwalle breek.
  • Brande breek uit omdat elektriese kabels en gaspype afgebreek word.
  • Kragonderbrekings dompel die area in duisternis.
  • Water stroom uit gebarste pype en veroorsaak oorstromings en ‘n tekort aan vars water.
  • Rioolpype breek af en veroorsaak besoedeling wat weer gesondheidsgevare inhou.
  • Telefoonverbindings word verbreek.
  • Bergpasse word versper as gevolg van rotsstortings.
  • Die land se ekonomie kry ‘n groot terugslag. Internasionale hulp word benodig vir heropbou.
  1. b) Die natuur:
  • Rivierlope se vloeipatroon verander as gevolg van die verskuiwing. Die natuurlike omgewing word dus ook sodoende verander.
  • Bogrond teen berghange skud los en skuif teen helling af. Mense en geboue word hierdeur verswelg.
  • Die natuurlike plantegroei word sodoende vernietig en kan baie jare neem om te herstel. Intussen veroorsaak die afwesigheid van plante teen die kaal hellings weer erosie.
  • Oorstromings rig verwoesting aan in laagliggende gebiede, indien ‘n aardbewing onder die see voorkom en ‘n tsoenami veroorsaak.
  • Leerders bring foto’s, prentjies en uitknipsels oor aardbewings na die klaskamer. Bespreek dit en vul aantekeninge aan.

3. Tsoenami’s Die Suid-Asië tsoenami van 26 Desember 2004.

Studente versamel inligting hieroor

Sien webblad http:/iri.Ideo.columbia.edu-lareef/tsunami

Aktiwiteit 4:

1. Hoekom bly mense in dié areas?

  • Aardbewings is nie ‘n alledaagse verskynsel nie. ‘n Sekere area word dalk een keer in ‘n leeftyd deur ‘n aardbewing getref en mense vat dus die kans en hoop dat dit nie met hulle sal gebeur nie;
  • Baie van die “gevaarlike areas “is ook die tuiste van groot industriële en finansiële sentrums. Daar is baie werk en moontlike welvaart vir mense daar. Finansiële implikasies speel dus ‘n belangrike rol;
  • Tradisioneel woon geslagte al lank daar (veral in ontwikkelende lande ) en hulle verskuif nie maklik nie.

2. Wat om te doen tydens ‘n aardbewing.

Daar is baie raad en wyshede hieroor:

  • Beweeg so gou as moontlik uit die gebou.
  • As jy in ‘n hoë gebou bly, beweeg so gou as moontlik na die boonste vlak, sodat die gebou nie op jou insak nie.
  • Bly weg uit die hysers van hoë geboue. Jy kan daarin vasgekeer word.
  • Skuil onder ‘n sterk betonbalk, indien beskikbaar of onder sterk, stewige meubels soos tafels.
  • Beweeg so vinnig moontlik na ‘n oop stuk veld waar vallende voorwerpe minimaal is.

Aktiwiteit 5:

1. Noodmaatreëls voor ‘n aardbewing

  • Luister daagliks na die radio en televisie. Indien trillings in die aardkors voorkom, sal daar onmiddellik waarskuwings uitgesaai word.
  • Sorg altyd vir ‘n gepakte rugsak met skoon klere, ‘n kombers of warm kledingstuk.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11020/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask