<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Getalbegrip, optelling en aftrekking

Getalbegrip

Opvoeders afdeling

Memorandum

2.1 Priemgetalle: 11; 13; 17; 19

2.2 Ewe Getalle: 8; 10; 12; 14

2.3 Veelvoude van 6: 6; 12; 18; 24; 30; 36

2.4 Telgetalle: 0; 1; 2; 3; 4; 5; 6

2.5 Faktore van 24: 1; 2; 3; 4; 6; 8; 12; 24

3.1 * 44

3.2 12

3.3 10

3.4 5

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om getalle te herken en voor te stel ten einde hulle te beskryf en te vergelyk [lu 1.3.6, lu 1.3.7]

1. Aan die begin van Graad 5 (Module 1) het jy deeglik gekyk na veelvoude, faktore en priemgetalle. Onthou jy nog wat elkeen is? Kom ons hersien!

Verduidelik aan ’n maat die verskil tussen ’n VEELVOUD, ’n FAKTOR en ’n PRIEMGETAL.

Let op!

Veelvoude van 5 = 5 ; 10 ; 15 ; 20 ; ens.

Ons tel dus in vywe

Faktore kan presies in ’n getal indeel.

Die faktore van 12 = 1 ; 2 ; 3 ; 4 ; 6 ; 12

’n Priemgetal het slegs 2 verskillende faktore,

bv. 2 se faktore : 2 en 13 se faktore : 3 en 15 se faktore : 5 en 1

Onthou jy nog?

Jy kan die konstante funksie op jou sakrekenaar gebruik om die veelvoude van ’n getal te bereken! Bv., vir die veelvoude van 4, sleutel soos volg in:

4 + + = = = = = =

  • Gebruik jou sakrekenaar om die veelvoude van 13, 15 en 24 te bepaal.

2. Trek lyne sodat elke beskrywing in kolom A pas by die getalle in kolom B:

Kolom A Kolom B
2.1 Priemgetalle 8 ; 10 ; 12 ; 14
2.2 Ewe getalle 1 ; 2 ; 3 ; 4 ; 6 ; 8 ; 12 ; 24
2.3 Veelvoude van 6 0 ; 1 ; 2 ; 3 ; 4 ; 5 ; 6
2.4 Telgetalle 11 ; 13 ; 17 ; 19
2.5 Faktore van 24 6 ; 12 ; 18 ; 24 ; 30 ; 36

3. Werk saam met ’n maat en los die volgende raaisels op:

Watter getal is ek?

3.1

3.2

3.3

3.4

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en hul verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel. Hulle kan ook met bekwaamheid en vertroue tel, skat, bereken en kontroleer tydens die oplos van probleme.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende ware getalle herken, klassifiseer en voorstel om hulle te beskryf en te vergelyk

1.3.6: veelvoude en faktore van minstens enige 2- en 3-syferheelgetal;

1.3.7: priemgetalle tot minstens 100.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask