<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
5. a) 108
b) 9
c) 13
d) 68
e) 14
f) 4
g) 48
h 72
i) 200
j) 18 000
k) 20
l) 9
m) R238
n) R6 080
o) 54
1. Het jy geweet dat sakrekenaars ook kan “praat”? Sleutel die volgende op jou sakrekenaar in: 0,65 + 0,1234 =
Draai nou jou sakrekenaar onderstebo. Wat lees jy?
___________________________________________________________
In hierdie module gaan ons leer hoe om die sakrekenaar effektief te gebruik om berekeninge maklik te doen.
2. HET JY GEWEET?
5 000 jaar gelede het die Babiloniërs ’n optelmasjien ontwerp wat hulle ’n abakus genoem het. Die Chinese gebruik vandag steeds ’n variasie hiervan. Hulle abakus bestaan uit krale wat jy op ’n telraam op en af moet skuif.
In 1642 het Blaise Pascal van Frankryk ’n optelmasjien ontwerp wat met draaiknoppe gewerk het. Dit was egter te duur om te bou.
’n Britse wiskundige, Charles Babbage, het in 1830 begin werk aan ’n analitiese enjin wat deur stoom aangedryf is. Hy het vir 37 jaar probeer om hierdie enjin , wat verskillende berekeninge kon doen, te bou, maar is oorlede voordat hy dit kon voltooi.
3. KOM ONS HERSIEN
Werk saam met ’n maat en soek die volgende sleutels op jou sakrekenaar:
AC | = | wis alles, insluitende die geheue, uit |
C | = | maak die vertoonvenster skoon |
CE / CM | = | maak die geheue skoon |
Min / M / M+ | ____________________________________ | |
STO | = | bêre in die geheue / tel op |
M- | = | trek van die geheue af |
RCL / x M | ____________________________________ | |
MR / RM | = | roep die geheue op |
O m / O m | = | jy het nie die geheue skoongemaak nie |
Het jou sakrekenaar ’n ander sleutel wat jy moet druk om bogenoemde te doen? Skryf dit hieronder neer:
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
4. ONTHOU JY NOG?
Ons kry ’n gewone sakrekenaar en ’n wetenskaplike sakrekenaar. Laasgenoemde kan meer ingewikkelde berekeninge doen. Vergelyk jou sakrekenaar met dié van jou klasmaats en kyk hoe hul ooreenstem / verskil.
5. Voordat ons verder met die sakrekenaar gaan werk, moet jy eers jou eie breinkrag inspan. Voltooi die volgende hoofrekentoets so vinnig en akkuraat moontlik.
a) 12 × 9 = __________
b) __________ × 7 = 63
c) 48 + __________ = 61
d) __________ - 18 = 50
e) 63 - __________ = 49
f) (12 × 8) + __________ = 100
g) 8 × 3 × 3 = __________
h) __________ ÷ 8 = 9
i) 80 × 40 = __________
j) 300 × 60 __________
k) 500 ÷ 25 = __________
l) one third of 27 = __________
m) R2,38 × 100 = __________
n) R6,08 × 1 000 = __________
o) __________ ÷ 6 = 9
15
Voltooi deur die toepaslike blokkie in te kleur:
Ek het | GOED | GEMIDDELD | SWAK | Gevaar. |
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n verskeidenheid tegnieke gebruik om berekeninge te doen, insluitend:
1.9.2: die gebruik van ‘n sakrekenaar.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 7' conversation and receive update notifications?