<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Lewe en lewenswyse

Module 14

Mielies

Mielies

Mielies is ‘n belangrike deel van ‘n gebalanseerde dieet vir Suid-Afrikaners. Dit is een van ons land se belangrikste graansoorte en verskaf werk aan duisende boere en plaaswerkers. Dit is ook ‘n belangrike dierevoedsel en dien ook as grondstof vir die vervaardiging van papier, verf, tekstielware, medisyne en voedselprodukte. Dit is ook ‘n belangrike bron van energie.

Opdrag:

Plant ‘n paar mieliesade ongeveer 2 cm diep in grond wat jy met kompos voorberei het. Die sade moet ongeveer 30 cm van mekaar af wees. Onthou om dit elke dag nat te maak.

Luister mooi na die les wat jou onderwyser vir jou gee en voltooi dan die taakkaart oor mielies.

Wees ‘n kok: ontwerp jou eie sjokoladekoekies. Gebruik gesmelte sjokolade, ‘n bietjie klapper, groen en rooi kersies, neute en ontbytpap wat van mielies gemaak is, bv. Corn Flakes. Maak seker dat ‘n volwassene jou help om die sjokolade te smelt.

Memorandum

MIELIES

Mielies groei goed

  • sonnige weer
  • geen ryp
  • goeie reënval

Mielieboere se probleme

  • onkruid
  • haelstorms
  • droogte

Gebruike van mielies

  • mielierys
  • mieliemeel
  • lekkers
  • ontbytkosse
  • veevoer
  • stysel
  • papier

Groei van die mielieplant

  • lente: plant
  • somer: groei
  • herfs: word ryp
  • winter: oes

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask