<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Getalbegrip, optelling en aftrekking

Getalbegrip

Opvoeders afdeling

Memorandum

1. Kyk na die tiene-syfer. Indien 5 of meer, maak honderde-syfer een meer. Indien 4 of minder, bly honderde-syfer dieselfde. Vervang tiene en ene-syfers met nulle

2. honderde

duisende word een meer

honderde, tiene en ene

3.1 8 000 8 000

3.2 47 200 47 000

3.3 150 500 151 000

3.4 3 409 200 3 409 000

3.5 5 631 000 5 631 000

3.1 8 000 8 000

3.2 47 200 47 000

3.3 150 500 151 000

3.4 3 409 200 3 409 000

3.5 5 631 000 5 631 000

Kopkrapper

i) R90 000

ii) R14 000

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om te bereken deur bewerkings te kies wat geskik is om probleme op te los[lu 1.8.1]

1. In Graad 5 het ons herhaalde kere gesien hoe noodsaaklik dit is om korrek te kan afrond. Dit kan ons onder andere help om benaderde antwoorde vinnig, sonder potlood-en-papier-bewerkings, te kry.

Afronding

  • Kom ons hersien
  • Verduidelik aan jou maat hoe rond ons af tot die naaste 100.

2. Kyk of jy die volgende op jou eie kan voltooi:

As jy dit nie self kon regkry nie, vra ’n maat om jou te help.

3. Voltooi die volgende tabel:

getal afgerond tot die naaste 100 afgerond tot die naaste 1 000
3.1 7 995
3.2 47 216
3.3 150 505
3.4 3 409 235
3.5 5 630 981

Kopkrapper!

  • Kan jy die volgende afrond tot die naaste 10 000?

i) __________________________________________________________________

Prys R89 895

ii) __________________________________________________________________

Prys R13 995

TYD VIR SELFASSESSERING

Hoe goed verstaan jy die voorafgaande werk? Assesseer jouself op ‘n skaal van 1 tot 4. Omkring die toepaslike kode.

1 = benodig aandag

2 = redelik goed

3 = baie goed

4 = uitstaande

Kriteria: Kode
Ek kan 7-syfergetalle korrek uitspreek. (LU 1.3) 1 2 3 4
Ek kan 7-syfergetalle korrek in woorde neerskryf. (LU 1.3) 1 2 3 4
Ek kan die waarde van syfers in ’n getal korrek bepaal. (LU 1.4) 1 2 3 4
Ek verstaan hoe die magte van 10 werk en kan dit korrek toepas. (LU 1.10) 1 2 3 4
Ek kan korrek afrond tot die naaste 100. (LU 1.8) 1 2 3 4
Ek kan korrek afrond tot die naaste 1 000. (LU 1.8) 1 2 3 4
Ek kan korrek afrond tot die naaste 10 000.(LU 1.8) 1 2 3 4

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en hul verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel. Hulle kan ook met bekwaamheid en vertroue tel, skat, bereken en kontroleer tydens die oplos van probleme.

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder skat en bereken deur geskikte bewerkings vir die oplossing van probleme in verband met die volgende te kies en te gebruik:

1.8.1: afronding tot die naaste 5, 10, 100 of 1 000.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask