<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Wiskunde in die wêreld rondom ons

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

  • Integrasie van Temas:
  • Inklusiwiteit: Wie mag aan sport deelneem? Net spanspelers? Moet almal ‘n kans gegun word? Maak jou eie grafiek om vas te stel watter leerders aan sport deelneem.
  • Sosiale Geregtighede: Vriende moet tyd saam deurbring bv. Hulle speel saam. Bespreek in klein groepies wat jou houding en gedrag moet wees as jy saam met jou maats speel.
  • ‘n Gesonde Omgewing: Waarom is sport belangrik? Bespreek veiligheid by die skool as sport beoefen word.
  • Getalbegrip word uitgebrei tot 50.
  • Tel in 2’e, 3’e, 4’e, 5’e en 10’e
  • Aktiwiteite met die kalender/almanak help die leerders om die maande in die regte volgorde te rangskik en ranggetalle te hersien.
  • Grafiek – ‘n weergrafiek kan voltooi word.
  • Samestellings van 10 word bekend gestel, en baie aktiwiteite word gegee om dit te versterk.
  • Meetaktiwiteite, insluitend vergelykings van hoogte, lengte en breedte, met die relevante woordeskat.
  • Inhoud – liter.
  • Geld - die identifisering van muntstukke en vorms is ingesluit.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: massa, verdubbeling, halvering [lu 1.1, lu 1.3, lu 1.9, lu 1.10, lu 2.2, lu 4.6]

  • Werk in vier groepe:

Jy benodig ‘n houtblok, ‘n groot klip, ‘n skoen, ‘n boek en ‘n kosblik.

Groep 1:

Vergelyk die massa van die vyf voorwerpe deur te skat.

Rangskik hulle van die ligste tot die swaarste.

Groep 2:

Vergelyk hulle massa. Gebruik ‘n balans.

Rangskik hulle van die ligste tot die swaarste.

Groep 3:

Vergelyk hulle massa deur te skat.

Rangskik hulle van die swaarste tot die ligste.

Groep 4:

Vergelyk hulle massa. Gebruik ‘n balans.

Rangskik hulle van die swaarste tot die ligste.

LU 4.6
  • Dink aan drie verskillende maniere om 6 te verdubbel.
  • Ek het besluit dat _____ die beste manier is.
  • Verdubbel 7 op drie verskillende maniere:
  • Verdubbel 8 op enige manier.
  • Verdubbel 9 op enige manier
  • Verdubbel hierdie getalle:

4 ____ ; 7 ____ ; 9 ____ ; 8 ____ ; 6 ____

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask