<< Chapter < Page Chapter >> Page >
Figuur 1 Drade van broodskimmel
Figuur 2 Sampioen met sporeplaatjies onder die “hoed”
Figuur 3 Die Botelus , nog ‘n eetbare swam

Wanneer ‘n mens swamme onder ‘n mikroskoop beskou, sien jy die klomp drade wat in alle rigtings groei. Dit lyk amper soos ‘n deurmekaar spinnerak. Elke draad het takke net soos ‘n boom. Elke tak het weer ‘n hele reeks nuwe takke. Aan die punte van sommige takke sit klein ronde balletjies. Hierdie balletjies is eintlik houers wat binnekant hol is en elkeen is propvol baie klein saadjies. Hulle word spore genoem en is so klein dat ongeveer ‘n duisend van hulle op ‘n speldekop sal pas.

Anders as groen plante het swamme nie lig nodig om voort te plant nie, maar wel lug, kos en water. ‘n Mens hoef nie swamsaadjies te plant nie; waar daar kos, lug en klammigheid is, sal die swamspore begin groei, bv. op ‘n klam handdoek. Daar is bv. altyd swamspore op ‘n vrug se skil, maar solank die vrug droog bly, kan die spore nie groei nie.

Swamme onder die mikroskoop

Opdrag 16

Kweek Van Broodskimmel

Jy gaan nou self swamme kweek. Neem twee snye witbrood en breek dit in die helfte deur. Vee met elke stukkie oor die vloer of oor die vensterbank om ‘n paar swamspore op te tel. Besprinkel die brood met water en wees versigtig om die brood nie te nat te maak nie, want dan sal dit breek. Plaas elke stukkie brood in ‘n digte houer en skroef die deksel op. Plaas die houers in ‘n warm, donker kas. Nou het die spore alles wat nodig is, naamlik kos (die brood), water en lug wat in die houer vasgevang is. Die warmte is nie noodsaaklik nie, maar dit sal die spore vinniger laat groei. Haal die houers na drie dae uit en beantwoord die volgende vrae:

KONTROLELYS JA NEE
Ek het die opdrag noukeurig uitgevoer? ______ ______
Was my opdrag suksesvol? ______ ______
Was daar ‘n donserige, wit groeisel op die brood? ______ ______
Was daar swart spore soos peperkorreltjies tussen die broodskimmel? ______ ______
Verskaf ‘n moontlike rede as jou eksperiment onsuksesvol was: ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________

(ii) Nut vir die mens

Benewens die feit dat sommige swamme as voedsel vir die mens dien, word dit ook as geneesmiddels gebruik. Die swam, Penisilline, maak skadelike bakterieë in die mens se liggaam dood en het ‘n wonderlike vriend van die mens geword.

Van al die swamme wat die mens gebruik, is die gisswam die bekendste. Hierdie swam help die mens om wyn te maak.

Opdrag 17

Gaan doen navorsing en vind uit hoe die gisswam daarin slaag om wyn te maak. Skryf twee paragrawe oor die werking en die ander nuttige gebruike van hierdie swam.

_____________________________________________________________________

‘n Voedselketting is ‘n nimmereindigende proses.

Kos is die medium waardeur materiaal verkry word om liggaamsweefsel op te bou. So word lewensenergie deur middel van die ketting oorgedra!

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel.

Leeruitkomste 2: Die leerders ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask