<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Lewe en lewenswyse

Module 11

Die nut van plante

Aktiwiteit:

Om oor die nut van plante te gesels, dit te ondersoek en te beskryf

[lo 1.1, 1.2, 1.3, 2.1]

Plante beteken baie meer vir die mens as net iets om te eet. Plante stel deur fotosintese die suurstof vry wat ons nodig het om in te asem. As plante doodgaan, vorm dit weer kompos wat die grond vrugbaar maak sodat nuwe plantjies kan groei. Diere lewe ook van plante. Sommige diere skuil onder plante, want dis ‘n woonplek vir voëls, reptiele en sommige soogdiere. Sonder plante sou ons ook nie vleis, melk en eiers hê nie, want die diere wat hierdie produkte lewer, lewe ook van plante.

Gebruik die volgende leidrade om uit te vind waarvan daar gepraat word:

LEIDRADE

  1. kom van gom (latex) wat van snye in die bas van rubberbome versamel word
  2. kom van die vesels in die blare van die sisalplant
  3. word in salwe gebruik en smaak baie sleg
  4. word gebruik vir medisyne, geurmiddels in kos, reukwater, skoonheidsmiddels, toiletbenodigdhede en insekteweerders.
  5. kom van die watte van die katoenplant.
  6. kom van die bas van eikebome om wynbottels te verseël
  7. hou verkoues weg en word in kos as geurmiddel gebruik
  8. Aspirien kom van die bas van die wilgerboom
  9. word van verskeie soorte bome verkry.
  10. kom van die kamilleplant om jou te help om te ontspan

Opdrag:

Maak ‘n collage uit ou tydskrifte om die nut van plante aan te dui.

LU 1

Assessering

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op  weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1   ondersoek beplan;

1.2   ondersoek uitvoer en data versamel;

1.3       data evalueer en bevindings kommunikeer.

 

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

 

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1   betekenisvolle inligting onthou;

2.2       inligting kategoriseer.

 

Memorandum

Leidrade:

  1. rubber
  2. tou
  3. kasterolie
  4. kruie
  5. katoen
  6. kurk
  7. knoffel
  8. medisyne
  9. hout
  10. tee

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask