<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 6

Module 2

Woorde om die korrekte betekenis oor te dra

Aktwiteit 1:

Om woorde te gebruik om betekenis korrek oor te dra

[lu 4.4.1]

Bostaande leenwoorde verryk ons taal, maar Anglisismes besoedel ons taal. Skryf die volgende sinne in korrekte Afrikaans oor:

  • Die goeie besigheidsman maak baie geld.
  • Die olietenkskip het om die lighuis gevaar.
  • Sit die lig af, want die krag kos duur.
  • My nuwe brille maak my ore seer.
  • Ek gaan die prokureur sien i.v.m. hierdie saak

Aktiwiteit 2:

Om na voorgelese teks te luister

[lu 1.1

‘n Artikel gaan vir jou voorgelees word. Eers word die artikel in sy geheel vir jou voorgelees sodat jy dit kan geniet en inligting bekom. Daarna gaan paragraaf vir paragraaf vir jou voorgelees word en jy moet dan die hoofgedagte in elke paragraaf bepaal.

Die Kweekhuiseffek

Meer as ‘n dekade gelede het daar reeds stemme opgegaan wat waarsku dat die wêreld geen hoop het as die natuurlike hulpbronne nie oordeelkundig benut en bewaar word nie. Van die groot terugslae wat die aarde die afgelope jare beleef het, is die wêreldwye toename in besoedeling, ‘n verskerpte kweekhuiseffek en die toenemende osoonuitputting. In hierdie teks gaan ons aandag gee aan die kweekhuiseffek. Enigiemand wat al binne ‘n kweekhuis was, sal weet dat dit baie warm binne is vanweë die feit dat die glaspanele die sonlig binnelaat en terselfdertyd keer dat die hitte weer na buite ontsnap. Sodoende word die ideale klimaatstoestand binne die kweekhuis geskep wat bevorderlik is vir die kweek van plante. So ook verseker die atmosfeer wat die aarde omring dat alle lewende wesens op aarde floreer. Sonder die atmosfeer kan die mensdom nie bestaan nie. Die aarde sal koud en leweloos wees, soos die oppervlak van die maan. Die atmosfeer vervul dieselfde funksie as die glaspanele van ‘n kweekhuis. Dit laat die sonlig binne en dit hou die hitte binne.

Nou is dit egter so dat die atmosfeer van die aarde besig is om ‘n verandering te ondergaan as gevolg van besoedeling deur chemikalieë in die vorm van gasse. Die oormatige vrystelling van gasse op aarde veroorsaak dat daar te veel hitte vasgevang word binne die atmosfeer. Een van die grootste sondebokke is koolstofdioksied wat deur mense vrygestel word elke keer as hulle uitasem. Die hoofbron van besoedeling deur koolstofdioksied is egter die verbranding van steenkool, olie, petrol en hout. Waterstofdioksied is nog ‘n gas wat vrygestel word deur die uitlaatgasse van motors wat petrol verbrand en kragsentrales wat steenkool verbruik. Metaangas, weer, word deur verrottende plante vrygestel.

Namate die wêreldbevolking toeneem (ons praat van ‘n bevolkingsontploffing), word groter hoeveelhede van al hierdie gasse vrygestel. Die gasse bou in die atmosfeer op en verhinder dat genoegsame hoeveelhede van die son se hitte in die ruimte ontsnap. Hierdie verskynsel van oorverhitting staan bekend as “globale verhitting”. Indien die aarde se temperatuur met slegs ‘n paar grade styg, kan die ys rondom die Noord- en Suidpool begin smelt en gevolglik sal die seevlak styg. Ook die weerpatrone sal verander.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask