<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 4

Kaartwerk

Module 2

Ware noord

Ware noord

  • Die noordekant van ‘n kaart word WARE NOORD genoem. Dit wys altyd na die Noordpool. Gebruik julle aardbol en kyk of julle die Noordpool kan vind.
  • Op enige goeie kaart moet daar rigting aangedui word. Dit word gedoen deur ‘n pyl wat noord wys op die kaart te teken.

WN = Ware Noord

  • Maak jou atlas oop by ‘n kaart van Suid-Afrika. Kyk waarheen die kaart se ware noordpool wys. Draai nou weer almal julle banke so dat julle in die rigting van Noord kyk.
  • Nou is jou kaart GEORIËNTEER Wat beteken dié groot woord?
  • Dit beteken maar net dat die werklike rigting dieselfde is as die rigting op die kaart.

Aktiwiteit 1

Om die ligging van ‘n plek op ‘n kaart te bepaal [lu 1.4]

Soek die ligging van Johannesburg op die kaart van Suid-Afrika voor jou en beantwoord die volgende vrae:

1. In watter rigting lê die volgende stede vanaf Johannesburg?

a) Pretoria

b) Bloemfontein ...........................................................................................

Probleem:

Party van julle sukkel om die plekke op die kaart te kry en die opvoeder kan nie almal gelyktydig help nie.

Maar daar is ‘n makliker manier!

Jou opvoeder gaan ‘n MUURKAART teen die muur ophang wat net soos joune in die atlas lyk.

Op hierdie muurkaart word ware noord ook aangedui. Nou kan jou opvoeder op die muurkaart wys waar die plekke geleë is en jy kan dan op jou atlaskaart kyk en die plekke makliker vind.

Omdat die muurkaart teen die muur hang (vertikaal), lyk dit asof Noord nou na "bo" wys.

Dit is egter nie waar nie.

Onthou hoe julle die hoofrigtings in julle klaskamer gemerk het. As jy so draai dat jy NOORD kyk, is

- Suid agter jou,

- Oos is regs (waar die son opkom), en

- Wes is links (waar die son ondergaan).

Gebruik ALTYD die regte rigtingname !

Assessering

Leeruitkoms 1: aardrykskundige ondersoek

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

1.4 plekke se ligging vind deur ‘n eenvoudige ruitenetverwysingstelsel en rigting te gebruik.

Memorandum

Om die ligging van ‘n plek op ‘n kaart te bepaal

a) NO

b) SW

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11083/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask