<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 7

Module 2

Uitstaande gebeurtenisse gedurende die middeleeue

Hoe sou jy daarvan gehou het om in ‘n tyd te lewe waarin skole soos wat ons dit ken, nie bestaan het nie? Jy sou nie skool moes bywoon nie! Klink lekker nê. Ons gaan ‘n bietjie meer van hierdie tyd te wete kom. Kyk mooi na die volgende tydlyn. Wat is ‘n tydlyn?

Slaan die woord tydlyn na en skryf die betekenis neer:

‘n Tydlyn is:

LU 3.8.2
MIDDELEEUE
Ongeveer 800 n.C. Begin van Middeleeue 1066 Engeland binnegeval deur die Normandiërs onder leiding van "Willem die Veroweraar” 1096 – 1270 Die Kruistogte 1440 Gutenberg ontwerp die drukpers 1492 Christopher Columbus ontdek Amerika Ongeveer 1500 n.C. Middeleeue kom tot einde

Hierdie tydlyn het miskien nie nou enige betekenis vir julle nie, maar dis tog belangrik om te weet wanneer die Middeleeue begin en geëindig het.

Beantwoord die volgende vrae sommer mondelings in julle groepe:

  1. Wanneer het die Middeleeue begin?
  2. Wanneer het die Middeleeue geëindig?
  3. Oor hoeveel eeue het die Middeleeue gestrek?
  4. Watter twee gebeurtenisse is baie belangrik en het die wêreld se geskiedenis beïnvloed?

Maak nou jou eie tydlyn. Begin met die jaartal waarin jy gebore is en eindig met die huidige jaartal. Bring dan 4 jaartalle op jou tydlyn aan: die onderskeie jaartalle waarin jy ses, agt, tien en twaalf jaar oud geword het. By daardie jaartalle moet jy gebeurtenisse aanbring wat ‘n hoogtepunt in daardie jaar was.

Hier is ‘n voorbeeld:

Glenda Taylor
Gebore in 19__ 19__ Wissel eerste tand 19__ Speel eerste netbalwedstryd 19__ Reis eerste maal per vliegtuig ____ Sien "Westlife" optree Huidige jaartal Laaste laerskooljaar

Gebruik ‘n A4 grootte vel vir jou tydlyn. Draai dit dwars en trek die tydlyn in die middel van die vel papier.

LU 5.1.1

1. DIE HOOGTEPUNTE IN SARAH SMITH SE LEWE

Hier is ‘n paar van die hoogtepunte in Sarah Smith se lewe tot dusver. Al hierdie dinge het reeds gebeur en moet dus in die verlede tyd oorgeskryf word.

(a) Ek word in 1988 gebore.

(b) Op my sesde verjaardag kry ek my eerste fiets.

(c) Gedurende my agste jaar wen ek ‘n prys vir goeie werk.

(d) Ek is baie siek in 1998.

(e) My ma laat my toe om aan te trek wat ek wil nadat ek twaalf geword het.

LU 6.3.8

2. KINDERS UIT DIE MIDDELEEUE

Wat het kinders in die Middeleeue gedoen en geleer? Lees die onderstaande leesstuk hardop vir jou maat. Ruil dan weer om sodat jou maat dit vir jou lees.

Gedurende die Middeleeue het die ryk mense en adelikes in kastele gewoon. Tristan was die seun van ‘n ryk edelman en het in ‘n baie groot kasteel gewoon. Hoewel daar nie skole was nie, het Tristan elke dag vir ‘n paar ure lank onderrig ontvang. Sy pa het ‘n leermeester gehuur wat elke dag na hulle kasteel toe gekom het. Hy het Tristan in die volgende vakke onderrig: Latyn, Leesvaardighede, Skryfvaardighede en Rekenkunde. Hy moes ook sport beoefen. Hy moes leer hoe om met ‘n pyl en boog te skiet, om perd te ry en hoe om valke af te rig. Seuns het ook geleer om te skerm, maar slegs met hout swaarde. Hulle skilde was ook van hout.

As ‘n reël is dogters nie deur leermeesters onderrig nie. Dogters van die ryk families is vanaf die ouderdom van sewe jaar geleer om te weef en naaldwerk te doen. Nadat hulle tien jaar oud geword het, is hulle geleer hoe om die huishouding waar te neem. Die seuns en dogters van ryk edelmanne het op ‘n baie jong ouderdom getrou. Die seuns kon vanaf veertien jaar en die dogters vanaf twaalf jaar trou.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask